02.05.2013 Views

Gepubliseer op - AH Bogaards

Gepubliseer op - AH Bogaards

Gepubliseer op - AH Bogaards

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

yker as dit.

Met hierdie gedagte opereer die skrywer nou in sy verdere betoog.

'n Testament kan nie meer verander word as die testateur dood is nie (9:16), maar voor

die sterwe is dit wysigbaar (9:17). Tog is hier iets van 'n speling van gedagtes. God maak

immers die verbond/testament, maar dis Jesus wat sterwe. Hy is natuurlik God, dog sy

Middelaarskap staan hier voorop.

Die absolute vastigheid van 'n testament ná dood is die belangrike saak (9:16). God se

plan is seker en Christus se dood bevestig dit. (Kyk by instelling van nagmaal — Lk. 22:20:

nuwe testament in my bloed.)

Alles wat onder die eerste verbond onopgelos en onafgehandel gebly het, vind in Christus

vervulling en voltooiing (9:15). Hierby dan die wonderlike trooswoord: geroep (Mt. 9:13; Lk.

14:7e.v.; Hd. 2:39; 1 Kor. 1:9; Gal. 1:6). Hy het deur sy dood die fondament van verlossing

gelê en mense word op grond daarvan geroep tot die ware diens van God.

Wat werklik werk

Die nuwe is daar, maar nou dreig Christen-Hebreërs om eerder die oue weer te aanvaar.

Daarom is nie net die oortreffende genoem (9: 14 — hoeveel te meer) nie, maar word nog

eens 'n vergelyking met die oue getref.

□ Daar was ook bloed by die eerste verbond. Die wet is deur Moses afgekondig (Ex. 24).

Dáár is sprake van bloed oor altaar en volk (24:7, 8); hier van boek en volk (9:19).

Verder is daar nog byvoegings (wol, hisop). Die wesenlike punte verskil nie. Maar

sekere lesings van die Septuagint en invloed van die nagmaalsinstelling kon 'n rol

gespeel het.

□ Die tabernakel kon ook nie direk besprinkel gewees het nie (9:21), omdat dit eers later

(as Ex. 24) opgerig is. Dit geld dus 'n saamtrek van sake om die betekenis uit te bring.

Die dood wat versoen, was al onder die Ou Verbond bekend, maar die volle heerlikheid

en waarde daarvan blyk in die bloed en dood van Jesus Christus (Mt. 26:28).

□ Die byna álles dui daarop dat uitsondering wel voorgekom het — soos vuur (Nm. 31:23);

water (Ex. 19:10; Lv. 15:5; 16:26). Maar die norm was bloed en dit vind sy vervulling in

die selfprysgawe van Christus tot versoening.

34

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!