02.05.2013 Views

Gepubliseer op - AH Bogaards

Gepubliseer op - AH Bogaards

Gepubliseer op - AH Bogaards

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hebreërs 12

Die oog reg gerig

Mense wat alleen moet stry, raak dikwels ontmoedig. Weet hulle egter van andere wat ook

so worstel, help dit dikwels. Dis die agtergrond van hierdie Skrifgedeelte (12:1), waarby ten

nouste by die voorafgaande aangesluit word. Dit gaan oor vasbyt in die geloof (10:38, 39),

wat toegelig is deur te wys op die gelowiges wat ten spyte van lyding en ontbering aan God

en sy beloftes vasgehou het (Hb. 11).

Die groot wolk sê maar net dis 'n hele aantal. Die gedagte kan wees dat hulle op die

gelowiges let — soos toeskouers by 'n wedloop doen. Dis egter beter om dit andersom te

sien: dié wat nou in die wedstryd besig is, moet ag gee op hulle wat voorgeloop het. Hulle is

getuies — nie soseer dat God aan hulle getuienis gegee het nie (11:2), maar met iets van

die gedagte van 'n martelaar (Hd. 22:20; Opb. 2:13), wat met sy lewe én dood vir Christus

bestaan. Alle laste moet af — soos 'n atleet onnodige klere of ekstra massa prysgee, so

moet 'n Christenstryder alle sondehindernisse kwytraak.

Die belangrikste is daarby om nie soseer te let op die baan waarop die atleet moet

deelneem nie. Die oog moet eerder na die groot oorwinnaar, Jesus Christus gaan (12:2). Hy

is Leidsman (2:10), met die gedagte van: Pionier of Baanbreker, en Voleinder (kyk Mt.

27:43, 54), by wie die geloof of oorgawe aan God sy hoogste punt bereik het. Die doel wat

Hy kon bereik het en wat Hy vir sy volk voor oë gehad het, was vreugde — en om dit alles te

verkry, het Hy hier die grootste diepte en ergste smaad deurgegaan.

Menslike helde het altyd een of meer swak plekke. Maar Christus kan van enige en alle

kante bekyk word (12:3). Mense het Hom in alles teengegaan (1 Pt. 2:23), maar Hy het

oorwin. Daarom kan mense nou tot redding na Hom kyk en in die stryd nooit moeg word nie.

Aanhou en aanhou

Die Christenlewe is 'n gawe van genade en God skenk so rus (Mt. 11:28). Aan die ander

kant verg dit voortdurende inspanning en volgehoue stryd (12:4). Dan kan mens dié tydstip

bereik dat jy reken jy het ver en moeilik genoeg geworstel. Daarom kom die vermaning dat

dit ten bloede toe moet gaan. Dit kan dui op: tot die uiterste van menslike krag, of selfs: al

kos dit jou lewe. Natuurlik is dit stryd in die krag van genade, maar dan wel so dat jy jouself

daarin moet gee. Want die sonde bly 'n mag wat jy moet weerstaan.

Nog 'n keer (12:5, 6) kom die Hebreërskrywer met 'n aanhaling uit die Ou Testament (Spr.

3:11, 12). Veelseggend is hierby die volgende elemente:

• Die Here is met sy kinders besig en wie dit ervaar, moet God se liefde daarin bemerk.

• Die woord tugtiging het die klank van ons pedagogiek of opvoeding, en wil sê dat dit op

'n goeie, opbouende doel gemik is.

• By die Grieke is hierdie opvoeding dikwels deur 'n slaaf oor 'n kind van sy heer gedoen,

sodat iets van harde slae in die tugtiging verskuil kan wees.

• Die Skrif sê nie God bewerk die kwaad nie, maar die gedagte is wel dat Hy sulke

omstandighede (stryd, teenslae) tot sy doel inskakel (kyk 5:8).

Die volgende uitspraak (12:7) word soms as voorskrif gelees: Verdra tugtiging... In elk geval

gaan dit oor die optrede van 'n vader teenoor sy egte kinders: hy laat hulle nie maar begaan

nie. Dis ook die onderskeid tussen ware en baster (onegte) kinders — die laastes kan maar

aangaan, sonder sorg deur die een wat hulle verwek het. Maar 'n vader sorg dat sy kinders

in die regte spoor loop (12:8). Vir aardse vaders en die lat is daar al ontsag. Dan tog veel

meer voor God (12:9) wat nie volgens feilbare insig (beste wete — 12:10) handel nie. Hy

weet wat Hy wil en daarheen lei Hy ons. Die heerlike vrug is dat ons na die beeld van God

44

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!