02.05.2013 Views

Gepubliseer op - AH Bogaards

Gepubliseer op - AH Bogaards

Gepubliseer op - AH Bogaards

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hebreërs 1

God besorg openbaring

'n Goeie preek laat ons sommer in die eerste paar sinne weet waaroor dit gaan handel. So is

dit met die skrywer van Hebreërs wat as 't ware met die deur in die huis val. Sy inleidende

woorde dui aan waaroor hy hulle tot duidelikheid wil bring, om op grond daarvan praktiese

riglyne te bied. Dis jammer dat ons huidige vertaling (1:1) nie so sterk soos die Grieks begin

nie: Baie keer en op baie maniere ... of Menigmaal en menigvoudig ...

Daarmee kyk die skrywer terug op die rykdom en krag van God se openbaring in die Ou

Bedeling en/of Ou Testament. Dit sê wel dat dit afgesluit is. Hiermee word nie gepraat oor

verskillende kere en maniere wat dit tot profete gekom het nie (bv. drome, visioene,

inspraak, bevele) maar deur die profete tot die vaders. Daar was immers troos, vermaning,

lering (deur woorde en dade — 2 Kon. 2; Jer. 13; 19; 27; Eseg. 4; 12) en die hele opset van

die offerdiens. Dink ook aan Christus se onderrig aan die Emmausgangers (Lk. 24:27).

Die band wat skrywer en leser bind, is duidelik. Hulle het saam deel aan dieselfde vaders

(kyk Rm. 9:4) en openbaringe. Maar die verskil moet ook gesien word: tot ons is deur die

Seun gepraat — dié Jodechristene wat nie by die oue bly vassteek het nie (Hd 3; 13:16 —

46).

Die openbaring in die Ou Bedeling was nie van minderwaardige gehalte of minder waar nie.

Daarom het en gebruik ons vandag nog die Ou Testament. Tog was daar 'n ontwikkeling en

ontplooiing in God se openbaringswerk — sodat die tekening van die komende Messias

steeds duideliker word. Wel was die koms van die Seun 'n andersoortige en volle

openbaring — waarheen die vorige gewys het. Die eenheid van openbaring kom ook uit die

één God wat praat.

Volheid en hoogtepunt

Die profete het in hulle tyd en omstandighede waardevolle en nodige dinge gesê. Dit het

egter na die volheid van die tyd heengewys en heengelei (Gal. 4:4). Hier word nou (1:1)

gestel dat God in hier die laaste dae deur sy Seun gepraat het. Die uitdrukking is al bekend

in die Ou Testament (Gn. 49:1; Nm. 24:4; Dt. 4:30). Dis die tyd van vervulling van beloftes,

veral oor die Messias, voor die einde. Daarmee dui die Nuwe Testament aan dat die dae ten

einde loop, met geen verdere ingrype deur God behalwe met die einde nie (Hd. 2:17).

Die openbaring van God kom in die Seun tot 'n absolute hoogtepunt (1:1). Sommige

verklaarders lees hierin dat ná die openbaring in Christus geen nuwe openbaring meer sal

volg nie — soos Grosheide wat praat van 'n afgelope spreke (op grond van die

werkwoordvorm). Dis wel lering van die Skrif, maar word nie direk hiér gesê nie. Dit gaan om

dié teenstellings:

— deur profete/Seun

— tot die vaders/ons

— vorige spreke/nou tot ons.

In die Seun is volle openbaring deur God teenoor die stuksgewyse en herhalende met die

profete.

Sewevoudig

Hoe uitsonderlik God se spreke in/deur die Seun is, blyk oor wat alles daarby nog van die

Seun gesê word (1:2 e.v.)- Bruce sien daarin 'n sewevoudige beskrywing:

• Erfgenaam van alles (kyk Ps. 2:8) wat die heelal en die komende wêreld omvat. 'n

8

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!