02.05.2013 Views

Gepubliseer op - AH Bogaards

Gepubliseer op - AH Bogaards

Gepubliseer op - AH Bogaards

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

— Net al die weglaat of verswyg van sy naam lewer probleme op, waar hy tog gewoonlik

gesê het dat hy skryf, al is dit deur 'n sekretaris (Rm. 16:22).

— Uit die inhoud kom ook dié probleem dat die skrywer stel (2:3) dat hy nie hierdie dinge

direk van die Here gehoor het nie, maar van/deur 'n ander een wat dit onmiddellik

gehoor het. En Paulus het dit van die Here self gekry (Gal. 1:12; 1 Kor. 9:1). Daarom

sien Calvyn geen rede waarom dit Paulus moet wees nie.

Verder is as moontlike skrywer genoem Barnabas (Hd. 4:36; 11:22; 13:1). Hy was

afkomstig uit Siprus, maar was in Noord-Afrika (Aleksandrië) goed bekend en as Leviet sou

hy ook die Joodse wet goed geken het. Hy kon ook met Timotheüs saamgewerk het, al was

dit na Paulus se dood.

Apollos is deur Luther as waarskynlike skrywer vermeld. Sy Joodse agtergrond (Hd.

18:24) en verband met Efese (waar Timotheüs gewerk het, 1 Tm. 1:3) maak hom wel 'n

kandidaat vir die skrywerspos.

Redelik jonk is die mening dat dit Aquila en Prisca (of Priscilla, 'n verkleinwoord soos ons

maak: Maria/Marietjie) kon gewees het (Hd. 18:2, 18v., 26; 2 Tm. 4:19). Hulle het bande met

Paulus, Rome, Efese en Timotheüs . Dan sou 'n vrou 'n (mede-) skryfster van 'n Bybelboek

kon wees (kyk hierby Rigt. 5; Spr. 31).

Origines het al gesê: Net God weet wie die skrywer is. En ons kan dit nog beaam. Maar al

ken ons nie die skrywer nie, bly dit 'n geldige Bybelboek — soos daar andere ook is waarvan

ons nie met sekerheid weet wie dit geskryf het nie (bv. Evangelies).

Was beslis in Grieks

Die mense aan wie hierdie skrywe in die eerste plek gerig was, is ook nog steeds 'n

onsekere faktor. By die ontbreek van die skrywersnaam in die begin, is ook die

geadresseerdes of toegespreektes onvermeld. Tog kan sekere gegewens aan die inhoud

van hierdie geskrif, ander Bybelboeke en gegewens uit die tradisie of omstandighede van

toe ontleen word.

Een van die jongste voorstelle is dat hierdie geskrif eintlik teen sekere beskouings van die

sogenaamde Esseners ingaan. Dit kom uit meerdere kennis van hierdie Joodse

splintergroep of sekte soos wat dit uit die Dooie-seerolle sou geblyk het. Dis egter nie so

seker as wat voorgegee word nie. Daar is bepaalde raakvlakke tussen Hebreërs en dele van

die Qumran-groep se leer, maar dit geld ook vir ander Joodse geskrifte. Lojaliteit aan die

Wet (sterk by dié sekte) ontbreek egter heeltemal by Hebreërs.

Die naam Hebreërs kom uit die tradisie. Daarmee sou dan aangedui word dat die geskrif

aan Jode gerig is. Die bedoeling sou wees Hebreeus/Arameessprekende Christene wat uit

die Joodse geloof na die kerk oorgegaan het (kyk Hd. 6:1; 2 Kor. 11:22; Filp. 3:5) — soos

met Paulus en baie van sy tydgenote gebeur het.

Allerlei gegewens in hierdie Bybelboek laat dink dat dit aan Jodechristene (teenoor

Heiden-christene) gerig is. Die tabernakeldiens (bekend uit Ou Testament), priesters en

offers kry 'n breë plek (Hb. 5 — 9). Van Israel se voorgeslag is sprake as van vaders (1:1;

3:9) — al kan Christene uit die heidene ook roem in Abraham (Rm. 4:12; Gal. 3:7), maar die

hele verband is duidelik.

Daarby sou dan gedink word aan 'n "Joodse" groep Christene wat iewers 'n soort van

gemeenskap of gemeenteverband het en wat aan bepaalde gevare blootstaan. Dat aan

hulle in Grieks geskryf word, is nie vreemd of onmoontlik nie, veral as dit buite Kanaän sou

wees en gelet op die algemene gebruik van die Griekse taal in die Romeinse wêreld (Joh.

19:20; Hd. 21:37).

Dit kan hierby genoem word dat daar 'n teorie bestaan dat Paulus hierdie geskrif in

Aramees geskryf het, en dat Lukas dit in Grieks vertaal het. Baie sterk gegewens getuig

6

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!