Gepubliseer op - AH Bogaards
Gepubliseer op - AH Bogaards
Gepubliseer op - AH Bogaards
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
Hebreërs 9:1-22

Godsdiens se wese

Die Christelike godsdiens is geestelik en hoofsaaklik een van die Woord en die gehoor.

Natuurlik sigbaar in die lewe en dade van gelowiges. Maar werklik tasbare elemente is

skaars — soos die sakramente wat self egter nooit van Woordbediening losgemaak kan

word nie. Daarin verskil die diens van Christus so radikaal van ander godsdienste. En

daarom dwaal mense wat steeds poog om aan die Christendom 'n uitwendige gestalte te

gee — in kruise, klede, kerse of katedrale.

Dit is een van die groot verskille tussen die Ou en Nuwe Bedeling in die Bybel. Die snylyn

tussen hulle lê wesenlik in die koms van Christus Jesus en baie konkreet in die oomblik van

sy sterwe toe ook die voorhangsel in die tempel geskeur is (Mt. 27:51). Van toe af bestaan

God se diens in gees (of Gees) en in waarheid (Joh. 4) en nie meer in altare, seremonies

van offers, en skadu's nie. Omdat die volheid gekom het, kon die voorstellings verdwyn —

soos 'n vrou die portret van haar geliefde eenkant toe stoot as haar man self by haar is.

Die Hebreërs, aan wie hierdie Bybelboek gerig is, het gedreig om na die oue of seremoniële

terug te sak — ten spyte van die volheid van die genade wat in Christus geopenbaar is (Hb.

2:1 — 4). Watter dwaasheid en watter gevaar as óns nou wegdryf van die rykdom in Christus,

selfs net met iets naas of by Hom (soos noodsaak van grootdoop, Saterdag/Sabbat,

priesterwyding, tonge-taal).

God bepaal die plek

God se werk en sy diens is ordelik. So was dit reeds volgens die Ou Testament. Daaroor

praat die skrywer hier eers — en die eerste (9:1) wys stellig op verbond. (Dié woord staan

nie in die Grieks nie en daarom is dit in ons gewone Bybel skuins gedruk.) Daar was 'n

aardse heiligdom. Die beste is om aan die tabernakel of tent (9:2) te dink, juis vanweë die

tydelikheid daarvan. Met bepaalde verordeninge of voorskrifte waaraan noukeurig gehou

moes word (Lv. 17, 23, 24; Nm. 9). Sou ons nie hieruit leer dat ons God moet dien soos wat

Hy e i s en nie volgens wat óns lus het nie?

Kortliks word dan aangedui wat alles in die tabernakel was:

• Die eerste (9:2) dui stellig op die Heilige (Ex. 40:22 — 28). Daarin was 'n kandelaar (by

Salomo was 10 — 1 Kon. 7:49). Verder die tafel en die toonbrode, of tafel vir die

toonbrode (Ex. 25:23 e.v.).

• Die tweede voorhangsel sonder die Allerheiligste af (9:3). Dan is sprake van

wierookbak. Dié Griekse woord word in die Septuagint (Griekse O.T.) nooit vir die

reukaltaar gebruik nie. Verder praat die Skrif nie van die wierookbak as in goud nie. Die

reukaltaar het ook eintlik net vóór die voorhangsel gestaan. Dit moet wel só verstaan

word dat die reukaltaar ten nouste by die ingaan in die Allerheiligste betrek was (Lk. 16:

11 e.v.).

• Die ark van die verbond met die versoendeksel (9:4, 5) — en spesifiek juis dit daarby

oor die versoening deur Christus wat belangrik is. In die woestyn was die Wetstafels

daarin en daarin/by die manna-kruik en Aäron-staf. Oor die laaste twee word niks

gemeld vanaf die tempelbou deur Salomo nie — en 'n vermoede word gelug dat dit met

die episode van die Filistyne (1 Sm. 4 — 6) vervreem kon geraak het. Ná die

ballingskap was die ark ook nie meer in die Allerheiligste nie, maar — volgens ander

bronne — net 'n klip. Esegiël 10 beskryf hoe die heerlikheid van die Here hom as 't ware

aan die tempel en stad onttrek het. Die tempel is herbou, maar 'n verbondsark is nie

weer gemaak nie.

32