02.05.2013 Views

Gepubliseer op - AH Bogaards

Gepubliseer op - AH Bogaards

Gepubliseer op - AH Bogaards

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hebreërs 3

Moses en Jesus

Die uitstaande en allesoortreffende karakter van die werk van die Here Jesus móét aan die

lig kom. Dis die bedoeling van die skrywer van Hebreërs. Die opset is dus om daardeur te

waarsku en te bemoedig. Eers is die Seun met die engele vergelyk (Hb. 1 en 2). Nou kom

Moses aan die beurt — terwyl, volgens Joodse beskouings, hulle leerlinge van Moses was

(Jh. 9:28) en die rabbyne gereken het dat Moses die engele oortref (kyk Nm. 12:7, 8). Word

die Hebreërs oortuig dat Christus méér as Moses is, dan sal hulle nie so maklik na die

Joodse geloof of Judaïsme teruggeval nie.

Nou vir die eerste keer word die lesers aangespreek, soos in 'n brief — of 'n preek (3:1).

Heiliges en broeders kom meer voor (1 Kor. 1:2; Gal. 1:11), nie so direk verbind nie (kyk Kol.

1:2). Die heiligheid is deur die werk van Christus (1 Kor. 1:30; 6:11), en was pas tevore ter

sprake (Hb. 2:11). Daarom is dit gepas om van hemelse roeping te praat, waaroor die vorige

uiteensetting vol was: dat God met sy volk te doen het (kyk Filp. 3:14; 2 Tess. 2:14). Nuut is

die woord dat Christus apostel is, maar die gedagte is bekend, want dit sê: uitgestuur (Jh.

3:34; 17:18). Sy werk as Hoëpriester is bekend (2:17). Dit kan ook só gelees word: Apostel

kom van God na mense; hoëpriester gaan namens mense na God. So spreek hulle dit uit of

bely dit — nie as mening nie, maar van wat werklik is.

Die een gedagte lei na die volgende — en meteen word duidelik dat godsdiens nie net

gevoel is nie, omdat die regte insig of verstand 'n groot rol speel. Die sprake van roeping en

apostel laat vanself dink aan die Vader wat sy Seun gestuur het (3:2). Byna vanself

sprekend betrek die skrywer dan Moses — ook genoem die middelaar van die Ou Verbond

(Gal. 3:19). God het aan hom baie toevertrou en vermeld sy getrouheid (Nm. 12:7; 1 Sm.

12:6e.v.); hy was 'n groot profeet (Dt. 34:10), dog het ook gepraat van dié Profeet wat kom

(Dt. 18). In God se huis het Moses diens gelewer, ook daarin dat hy homself wou prysgee

(Ex. 32:32) — en dit kón hy nie doen nie, maar het Jesus Christus wel tot verlossing gedoen

(2:9).

Gebou en bouer

Oplettendheid en dinkwerk is noodsaaklik om Hebreërs te verstaan — veral vanweë die

vervlegtheid en opeenvolging van gedagtes. Daar is teruggegryp op Moses, met 'n

aanhaling oor hoe hy in die huis gedien het. Sy knegskap, as dienaar, ontvang dan

beklemtoning (kyk Ex. 14:31) en God het direk met Moses gepraat, sonder tussengangers.

Die voortreflikheid van die Middelaar Jesus word dan voortgaande toegelig:

• Moses was in die huis werksaam, terwyl die Here Jesus oor die huis (3:5, 6) getrou was.

• Verder oortref hy Moses in dié mate wat die bouer mag het oor en dus groter is as die

huis wat deur hom opgerig word (3:3).

• Dan gaan dit nie net oor die gebou van die Godsvolk nie (Israel en kerk), maar oor God

wat alles geskep het. Hier word die Seun of Christus ook weer as God beskou (1:8).

• Moses was wel profeet om te spreek oor nog komende openbaringe (3:5; Dt. 18:18, 19).

Daarin lê moontlik 'n verwysing na die tent van samekoms of van getuienis (kyk Nm.

12:4 e.v.; Hd. 7:44). Alles van die Ou Verbond spreek al van/na die volheid toe (1:1; 3:3)

en daarin was die Seun werksaam. Tog het sy verskyning die volheid van God se

openbaring gebring en bewerk.

Die huis dui dalk meerdere dinge aan, maar die hoofsaak is tog maar die bouer en eienaar

daarvan: God deur die Seun. Dit is die Christene: huis of woonplek van God (3:6; 1 Kor.

3:16). En dis gemaak of gebou deur God se genadewerk in Christus. Daarom sê die as ( ...

ons vashou) nie dat dit 'n voorwaarde is nie — so van: alleen as julle dit doen, is julle huis.

14

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!