02.05.2013 Views

Gepubliseer op - AH Bogaards

Gepubliseer op - AH Bogaards

Gepubliseer op - AH Bogaards

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

graf gekoop — Gn. 23). Daarom het hy, ook Isak en Jakob, geen blywende woonplek op

daardie land gehad nie. Hy was tevrede om te wag op die vastigheid wat God bied — Hy is

argitek en kontrakteur (11:10) van die stad, met fondamente vas en nie tydelik of

afslaanbaar soos 'n tent nie.

... Sara, vrou van Abraham, word bygetrek (11:11, 12). Sy was oud en eers ongelowig, maar

het tog geglo dat God sy beloftes sal hou. So het uit eertyds kinderlose ou mense 'n

ontelbare nageslag gespruit (11:12).

... Die ander aartsvaders word betrek by die almal (11:13) wat gesterwe het sonder om

vervulling van beloftes te sien. Hierdie beloftes verwys nou na die land. Hoewel hulle daarop

gewoon het, was dit nie hulle besitting nie. Tog het hulle nie na die land van Abraham se

herkoms teruggegaan nie (selfs na hy jare weer daar gewoon het, trek Jakob weg — Gn.

31). Deur die geloof het hulle oor al die aardse land heengekyk, na God wat 'n vaderland en

'n tuiste kan bring (Jh. 14).

... Abraham se toets met die offer van Isak word verder na vore gebring (11:17 — 19). Baie

belangrik is dat Isak kind van God se beloftes was (Gn. 17, 18, 21). Isak was 'n unieke kind

en Abraham het tog die offerdaad in oorgegewendheid voltrek — en daarom kan die skrywer

praat asof hierdie vader Isak uit die dood teruggekry het.

... Isak, Jakob en Josef spreek al drie van hulle sterfbed af (11:20 — 22) en het met die

aartsvaderlike seën die toekoms ingekyk, soos Josef wat nie in praal in Egipte begrawe wou

word nie, maar in die geloof deur sy beendere getuig het van die land wat sy volk sal erf.

Sin van volksbestaan

Moses was deur God bestem tot 'n besondere taak onder sy volk. Iets daarvan moes sy

ouers gesien het (11:23) — of hulle moes deur die geloof iets in hom gesien het. Vir net

enkele jare was Moses in sy ouerhuis, maar tog is die geloof stewig in sy lewe gewortel.

Wanneer hy groot is, kies hy téén rykdom en aansien, teen die Egiptenare en vir sy volk

(11:24, 25). Daarby dan dié opmerklike woorde:

Liewer sleg behandel te word met God se volk as sondegenot (wat nie noodwendig op

sinnelike dinge hoef te wys nie, maar wel na afgodsdiens van Egipte) te hê.

Die smaad van Christus daarteenoor as die eintlike rykdom gesien het, omdat daar 'n

beloning van God aan verbind is (11:25, 26). Heel merkwaardig hier die smaad van Christus

wat aandui dat dit in Israel eintlik om die koms van die Verlosser en regte verlossing gaan.

Die verlaat van Egipte (11:27) word gelees as sy vlug na Midian. Dit was wel voor die Pasga

(Ex. 12), maar toe was daar vrees en die presiese historiese opvolging is hier nie ter sake

nie. Met die plae het hy werklik voor Farao sonder vrees gestaan en so het hy sy volk uit

Egipte gelei.

Geloof en krisis

Die wonderlike uittog kom hier weer (soos elders in die Skrif) ter sprake as 'n geloofsdaad

van Moses en Israel (11:28 — 31). Elke jaar ná die uittog is weer Paasfees gevier, soos ook

die nagmaal herhaal word. Dog net een keer is die bloed besprinkel — soos ook Jesus se

bloedstorting eenmalig is. Die bloed in die geloof aangestryk, het behou.

Geen groter krisis denkbaar as die see voor en vyande van agter nie. So blyk die geloof van

Israel in hulle deurtog deur 'n see, wat die dood aan Farao en sy oorlogsmagte bring. En

hoe militêr-belaglik is blote togte om 'n ommuurde stad? Maar as 'n volk dit in die geloof

doen, tuimel vestings in!

Ragab se reputasie is maar swak en dit word selfs in hierdie hoofstuk nie verswyg nie

(11:31). Maar sy kies deur die geloof vir Israel en sy God en word nie net hier vermeld nie

maar ook in Jesus se geslagslys (Mt. 1). Met groot risiko vir haarself het sy haar keuse

42

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!