02.05.2013 Views

Gepubliseer op - AH Bogaards

Gepubliseer op - AH Bogaards

Gepubliseer op - AH Bogaards

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hebreërs 4:14 - 5:14

Unieke godsdiens

Die skrywer van Hebreërs laat 'n gedagte ontwikkel, maar hanteer dit ook soos iemand wat

'n bal van die een hand na die ander laat beweeg: gryp dit, skiet dit weg en vang dit weer.

So was hy al besig met die saak van die hoëpriester (2:17; 3:1) en toe kom Moses en die rus

daarby ter sprake. Maar nou pak hy weer Christus se hoëpriesterskap (4:lóe.v.), om dit later

verder uit te bou (7:le.v.).

Alle nadruk val nou op die ons het 'n hoëpriester (4:16). Dit hou in dat Hy gegee is (3:2; 5:4),

maar dien ook as wegspringplek om 'n opdrag te ontvang (laat ons — 4:14, 16). Hier is die

enigste plek wat sprake is van 'n groot hoëpriester (kyk ook 10:21 en 13:20) — Hy oortref

Moses en Aaron beslis. Dit blyk uit wat Hy afgehandel het — ná sy werk het Hy deur die

hemele gegaan. Die hemelvaart en magsaanvaarding van Christus (Mk. 16:19; Mt. 28:18)

kom in die gedagte — soos die hoëpriester deur allerlei dele van die tabernakel tot die

binneste heiligdom moes gaan, om daar voor God te offer. Wie is Hy? Jesus die Seun van

God (Lk. 1:31v.), en nou nie Josua, seun van Nun (4:8) nie.

Jesus het bely dat Hy die Seun van God is en gekom het om die wil van die Vader te doen.

Daardeur het ons kinders van God geword, en die verlostes moet die belydenis van

verlossing deur Christus onwrikbaar vashou (4:14; kyk 3:1). Hierby kom die gedagte dat

Jesus nie net die band met God het nie, maar as priester ook by/ saam met mense is (4:15;

2:17). Hy staan dus ook aan óns kant. Daarin dat Hy deur o n s tyd en lewe en dood gegaan

het, is Hy werklik een wat kán help. Dit maak die Christelike beskouing van God heeltemal

anders as dié van ander godsdienste:

— Die Jode het gereken God is heilig, dus anders en vreemd aan alle menslike ervaring.

— Die Grieke het die gode as gevoelloos of afsydig beskou.

— Hier blyk weer: God het mense en die wêreld lief en sy Seun het werklik medelye,

omdat Hy alles intens meegemaak het. Wel is Jesus sonder sonde, maar sy versoeking

was eintlik erger deurdat Hy nie in die proses ingegee het soos wat mense gewoonlik

doen nie. En juis omdat Hy bly staan het, kan Hy verlos.

God help — betyds

Die gedagte kan wees dat die Hoëpriester so hoog is dat toegang na Hom of God bykans

onmoontlik is. Daarom verseker die skrywer dat Hy juis die pad vir die gelowiges

oopgemaak het:

Daar is 'n troon, maar deur die intrede van die Hoëpriester word daar genade gevind en is

daar geen verskrikking nie (kyk 12:19).

Daarom kan die gelowiges met vrymoedigheid nadertree (10:19, 22), want deur Jesus

gaan genade na mense toe uit.

Die gaan na laat dink aan die werk van die priester tot in die binneste van die heiligdom

(Lv. 21:17; Nm. 16:40), wat nou vir elke lid van die gemeente geld (Ex. 16:9; 1 Pt. 2:9).

Hulle verkry barmhartigheid (dat God se toorn gestil is) en genade (aangeneem deur

God).

Die regte tyd dui aan dat God presies wanneer nodig, soos Hy dit doen, sy kinders help

(Ps. 104:27; Lk. 14:12e.v.). Dit kan wees dat hierin die gedagte skuil dat die lesers in sware

versoeking is of kom — en kan weet God kom betyds.

Die Hebreërs word daarop gewys dat hulle hulle toevlug na God in Christus moet neem, nie

20

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!