02.05.2013 Views

Gepubliseer op - AH Bogaards

Gepubliseer op - AH Bogaards

Gepubliseer op - AH Bogaards

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

vernuut word (Lv. 19:2; Ef. 5:2).

Niemand hou juis van vermaning nie en nog minder van 'n pak slae. Daaroor is daar dus op

die oomblik nie blydskap nie (12:11). Wie as mens hom egter laat leer

— of dit nou kind by sy ouers of mensekind voor God is

— kom later tot die besef hoe nodig dit was. Hy kry oefening — soos een wat gimnastiek

doen (sê die Griekse woord). Die vrug daarvan word in vrede geniet. Goeie gewoontes

besorg meesal 'n gesonde lewe, te meer as dit gaan om die geregtigheid by God deur 'n

lewe in die geloof.

Aanwys en afwys

Vermaning en toeligting daarby wissel mekaar af, Nou kom weer aansporing, ingelui met:

Daarom (kyk 12:1, 12). Waar God met sy tugtiging aan die mens werk (12:5 — 11), moet die

mens volle voordeel daaruit trek deur sy eie traagheid te oorwin (kyk Jes. 31:18, 19).

Verslapping is sonde wat oorwin moet word (12:3) en tog kan dit so maklik in die

Christenlewe insluip. Die slap hande en verlamde knieë is van mense wat hulle nie meer wil

inspan nie. Nie net vir hulleself nie maar ook vir andere moet die paaie reggemaak word

(Spr. 4:26). Veral as 'n gebreklike op 'n pad met hindernisse loop, kan verdere verkranking

volg (12:13).

God se doen met die mens moet net tot gevolge in menseverhoudinge lei. Wie God ontmoet

het én dieselfde bly, het waarlik nog nie tot die geloof gekom nie. Vrede moet nagejaag word

— met medegelowiges en sover as moontlik uitkringend (12:14; 1 Pt. 3:11; Rm. 12:18).

Najaag is selfs sterker as soek. God werk deur sy Gees die heiligmaking (1 Kor. 6:11) en sit

die mens heiligend in sy eie lewe aan die werk. Om voor God te kan verskyn, is die heiliging

noodsaaklik (kyk 10:19 — 22).

Daarby kom dan dinge wat vermy moet word (12:15, 16).

Dis moontlik om nié volle gebruik van God se genade te maak nie (4:16; Mt. 6:30 —

kleingelowiges; 2 Kor. 6:1; Gal. 5:4, 7) en 'n gelowige moet dus nie gebrekkig van die

genade gebruik maak nie.

Die idee van die wortel is dat dit kan groei en dat verkeerde dinge so al meer posvat.

Die waarskuwende voorbeeld van Esau mag nie navolging vind nie (12:16). Direkte

gegewens oor hoerery by hom het die Skrif nie — buiten ontrou aan God ook met sy twee

vroue (Gn. 26:34). Wel sy onheilige optrede: om God se seën en beloftes te minag. Daar

was later by Esau wel spyt (oor die gewin wat hy laat vaar het), maar geen berou nie — en

by God is daar beslis 'n te-laat (Mt. 7:23; 25: 12).

Hierdie sake geld in die onderlinge toesig van gelowiges onder mekaar — die pas op geld vir

almal (12:15).

Nog genadetyd

Die dringendheid van die regte keuse deur die Hebreërs word beklemtoon deur in Israel se

geskiedenis terug te kyk en deur 'n vergelykende kontras tussen twee bedelings.

• Die eerste het te doen met die wetgewing. Sinai word nie by naam genoem nie. Wel

word sewe dinge genoem (12: 18 — 19). Ons lees nie (Ex. 19, 20, 24; Dt. 4) hoe Moses

verskrik was nie (12:21), behalwe dalk as deel van die volk. Die feit dat die volk nie direk

na God wou luister nie en dat hulle bevrees was omdat selfs 'n redelose dier gestraf

moes word, word later (12:25) met 'n draai anders toegepas.

• Wat van die Nuwe Bedeling gesê word, oortref ook al weer die gewoon aardse (12:22

— 24; Gal. 4:24e.v.). Daar is dinge uit Jesus Christus se lewe: berg Sion (deel van

Jerusalem) en sy bloedstorting. Dit word egter getransendeer met die noem van die

45

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!