02.05.2013 Views

Gepubliseer op - AH Bogaards

Gepubliseer op - AH Bogaards

Gepubliseer op - AH Bogaards

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die gemeente moet hulle aan hierdie manne onderwerp (13:17), ook omdat hulle ter wille

van die gelowiges waak — nie oor hulle tydelike belang nie, dog oor hulle ewige lot. Is die

reaksie van die gemeente traag of vol verset, dan bemoeilik dit hierdie manne se werk. Hulle

sug onder die las en kan nie vol vreugde arbei nie — en daardeur ly die gemeente geestelik

skade.

Maak ons genoeg nie net die voete en hande van ons predikant nie, maar ook hulle hart los

tot diens?

Genoeg en vas

Mense kom en gaan, selfs voortreflike voorgangers wat vir ons onmisbaar lyk. Wel omdat

Christus self daaragter staan en bly. Hier volg 'n oorgang van die leraars na die leer en die

lewende Christus wat alles waarborg (13:8). Die voorgangers mag wegval, maar Jesus

Christus is altyd beskikbaar. Hy hoef nooit vervang te word en sy werk hoef nooit aangevul

te word nie. Daarom is die geloof in Hom 'n blywende saak en by dié mens wat ernstig

daarmee besig is, groei dit net aan.

Dit gaan hier om Jesus Christus, in sy historiese verskyning. Wat voorheen van God self

gesê is (Ex. 3; Ps. 102:28) word nou toegepas op Jesus uit Maria gebore (1:6, 12). Hy is die

ewigheid van God deelagtig. Hy het vir die gemeente gely en staan nog vir hulle in, sodat

hulle geen vrees behoort te hê nie.

Daarom is dit onvanpas dat allerlei leerdwalinge, wat verward of bont of saamgeflans en

vreemd is (13:9), hulle van koers af laat gaan (Ef. 4:14). Veral nie deur allerlei leerdwalinge

wat op uiterlike seremonies teruggryp (voedsel) nie. Die eenvoudige maar volledige genade

in Christus is genoeg en hoef nie deur allerlei besondere of vreemde byvoegings opgesmuk

te word nie.

Christus alles oortreffend

Die sprake van die altaar wat ons het (13:10, 11) is een van die moeilikste dele van

Hebreërs om die presiese bedoeling daarvan te bepaal. Daar bestaan verskeie pogings om

dit te verklaar. Die volgende wat dit nié is nie, kan gestel word:

• 'n Altaar waarby nog diens gedoen en diere geoffer word, sou teen die hele

uiteensetting in Hebreërs ingaan.

• 'n Tabernakel het net in die woestyn en tot met die tempelbou bestaan en dié

skadudiens is in elk geval deur Christus se volheidsoffer voltooi.

Meerdere kere is aan hierdie mense geskryf: Ons het (4:14; 8:1; 10: 19) en nou weer. Dit

was alles oor Christus en sy band met die Christengelowiges. Daar is geen rede om dit hier

anders te lees nie. Hierdie uitspraak het beslis ook te doen met die groot Versoendag of Jôm

Kippoer (Lv. 16) — let maar op die want (13:11). Op dié dag is geen deel van die offervleis

deur priesters of volk geëet nie, soos dit wel by ander offers gebeur het (kyk Dt. 12). Dit kan

ook wees dat daar 'n verband met die voedsel bestaan (13:9). Sommige wil hierin 'n

verwysing na die nagmaal sien, maar dié kom nie in hierdie boek ter sprake nie.

Hier moet wel 'n verwysing wees na Christus en sy volheidsoffer en die feit dat Hy altyd daar

is om sy volk te help en vir hulle in te tree. Die Christene het nie iets sigbaars om aan vas te

hou nie, maar het oneindig meer deur hulle geloofsband met die onsigbare Christus.

Die vervolg (13:12) dui dan ook aan hoe Christus vir sy volk ingetree het. Soos die liggaam

van die dier buite die laer verbrand is, het Hy buite die poort gely — hoewel dit nêrens

uitdruklik staan dat Jesus buite die poort gekruisig is nie (kyk Mt. 27:32; Mk. 15:20; Jh.

19:20). Die beeld word ook nie in alle trekke suiwer oorgedra nie — sy bloedstorting bring

versoening, terwyl die bloed in die heiligdom gestort is en die res van die dier buite verbrand

is.

48

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!