02.05.2013 Views

Gepubliseer op - AH Bogaards

Gepubliseer op - AH Bogaards

Gepubliseer op - AH Bogaards

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hebreërs 7

Sonderlinge aanduiding

Melgisedek was al vir baie gelowiges 'n probleem en vir teoloë 'n kopseer. Gegewens is

skraal, maar saamgelees met wat die Skrif verder bied, behoort die beeld nie so onduidelik

te wees nie.

• Hy was koning van Salem (Gn. 14:18) — stellig Jerusalem, nie ver van Sodom of die

Soutsee nie. Let op Adoni-Sedek (van Jerusalem — Jos. 10: 1, met herhaling van

Sedek) en melding naas Sion (Ps. 76:3).

• Priester van God — dus met kennis (uit Noag se tyd?) van die ware God en in sy diens

(soos Job ook God geken, maar nié van Israel was nie).

• Abraham erken in hom, wat koning én priester was (by Israel altyd geskei), 'n dienskneg

van God en gee aan Melgisedek tiendes van die boonste of beste van die buit (7:2). Dit

was vóór die wet iets van tiendes bepaal het.

• Volgens uitleg koning van geregtigheid (7:2) sê dat dit in sy naam opgesluit lê (want

melgi = koning en sedek = geregtigheid).

• En salem word gesien as verwant aan sjalom ( = vrede), terwyl vrede die nagevolg van

geregtigheid is (kyk Jes. 32:17).

• Geen mens kan sonder vader, moeder of geslagsregister wees nie (7:3). Daarom is

Melgisedek al as 'n hemelse gestalte beskryf of as 'n Godsverskyning gesien. Die laaste

kán nie (kyk gelykgestel aan Seun, terwyl die Seun die Engel van die Here is — Gn.

18:1, 22; 19:1, 24). Daarom kan ons die bedoeling van die skrywer só verstaan dat

Melgisedek se priesterskap nie deur sy geboorte of afkoms bepaal is nie. So was dit by

Aaron en die priesterskap in Israel (kyk Esra 2:62 v.).

• Dieselfde verklaring geld vir sonder begin van dae of lewenseinde: sy herkoms het nie

sy optrede as priester bepaal nie en die Skrif meld niks van die dood of 'n opvolger in

priesterdiens vir Melgisedek nie. Só was hy 'n tipe wat heenwys na die Christus wat

geregtigheid en vrede bring (Rm. 5:1), en sy priesterdiens doen, al is hy nié uit Levi

(soos Johannes die Doper) nie.

Les uit geskiedenis

Die gegewens oor Melgisedek is min. Tog was hy so belangrik dat Christus se priesterskap

na hom genoem is. Die Hebreërskrywer wil sy lesers bykom om tog nie na die Judaïsme

terug te val nie. Daarom haak hy hier in by Abraham en die priesterskap van Levi (volgens

die wet).

Abraham was hulle aartsvader en is 'n vriend van God genoem (2 Kron. 21:7). Tog het juis

hy aan Melgisedek 'n offergawe of deel van die buit gebring en het van hom seën verkry.

Beide handelinge toon dat hy Melgisedek as die meerdere beskou (7:4, 7).

Dan gaan die saak vir eers oor die priesterskap (nie hoëpriester nie — 6:20; 7:26 e.v.).

Hebreërs dink vanself aan die priesterdiens van Israel. Daardie sake is in die wet van God

deur Moses gereël. Leviete het tiendes ontvang — as afgesonderdes in die diens van die

Here (Nm. 18:21). Hulle is gelyk aan die volk en geneem daaruit (7:5, 8), al is hulle ook

sterflik. Dit wil nie sê dat Melgisedek nie gesterf het nie. Maar daaroor swyg die Skrif. Sy

priesterskap het hy nie bekom toe 'n ander een gesterf het en ons weet niks van iemand wat

hom opgevolg het nie. Hy staan uit, want hy seën Abraham, draer van God se belofte, en sy

priesterskap dien as voorbeeld vir dié van Christus.

26

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!