02.05.2013 Views

Gepubliseer op - AH Bogaards

Gepubliseer op - AH Bogaards

Gepubliseer op - AH Bogaards

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hy is 'n borg (7:22) en hier nie aangedui as middelaar nie. 'n Borg is nie net een wat

instaan nie, maar hy bied sekerheid — want hy aanvaar die verpligtings of obligasies wat

daaraan verbind is. Hy staan in: vir die mense by God en vir God by die mense. Die woord

testament kom later (9:15v.) vollediger ter sprake — maar nou is reeds van belang die

sekerheid wat daarmee verbind is.

Die priesters was net tydelik in diens, omdat hulle sterflik was en daarom was daar 'n hele

ry opeenvolgendes. Daarteenoor is Jesus se priesterskap durend of blywend, sonder dat

iemand Hom ooit opvolg of sy taak moet oorneem (7:24). Dit gee ook vastigheid.

Die redding in Christus Jesus is dus nooit tydelik of gebrekkig nie — Hy bied volkome

saligheid omdat Hy volkome (áltyd) bly leef om vir hulle in te tree (7:25; 1 Jh. 2: 1).

Groot kontras

Dan kom die skrywer weer terug op die feit dat Jesus hoëpriester is (7:26). Sekere trekke

van/oor Hom word verder toegelig (7:26v.).

Heilig — wat sy plig teenoor God getrou doen, met persoonlike toewyding.

Onskuldig en onbesmet — Hy doen nie kwaad en so iets kleef nie aan Hom nie.

Afgeskeie van sondaars — wat wys op sy koms in die vlees waarby Hy egter nie sonde

gehad of gedoen het nie (Jh. 8:46).

Hoër as die hemele geword — verwys weer na sy hemelvaart en sit by die Vader (1:3;

4:14).

Die Here Jesus beklee dus 'n baie hoë posisie, onvergelykbaar met enige priester by Israel.

Dit word nog verder uitgewerk.

Die hoëpriester moes tog voordat hy vir die volk kon intree, eers 'n offer bring (7:27) om sy

eie sondes te bedek (Lv. 4:3; 8:16). Daarom moes dit minstens elke jaar gebeur. Hulle is dus

mense met swakhede (7:28), in hulle persoon en in hulle werk.

Die Here Jesus moes net eenkeer 'n offer bring, en dit was sy eie bloed of lewe. Omdat Hy

geen sonde of skuld gehad het nie (Mt. 27:24; Jh. 18:38), was 'n versoening van eie sonde

deur 'n offer onnodig. En omdat Hy en sy offer volmaak was, was dit genoeg dat Hy dit net

een keer doen. (Let hierby op die dwaling van die Roomse mis wat praat van 'n herhalende

offer.)

Daar is ietwat van 'n verklaringsprobleem by die sprake van elke dag nodig om te offer (7:

27). Moontlik moet dit só gesien word dat Jesus nou sy werk onafgebroke doen en nie

daarby vir Homself hoef te offer nie.

Vir verdere verduideliking saai die skrywer weer twee saadjies:

dat Jesus net eenmaal geoffer het

en dat Hy daarby Homself gegee het (Hebr. 9).

28

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!