04.05.2013 Views

Jacobus Pieter Steyn.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

Jacobus Pieter Steyn.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

Jacobus Pieter Steyn.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

die Piet Retief-monument in 1941 was dit duidelik dat hierdie terrein ongeskik is

om aan die behoeftes van die stedelike Afrikaners te voldoen. In 1942 het die

Afrikaners op Kirkwood ʼn eie Dingaansdagfees gehou. Daar was sprake dat die

feeste voortaan in Despatch gehou kon word. Hierdie gedagte het voortgespruit

uit die Sentrale Dingaansdagfees van Port Elizabeth en Uitenhage in 1942.

Hierdie fees is op die plaas van mev. P. B. Botha gehou. 406 Die feesgangers het

die terrein as ideaal beskou aangesien dit reg langs die spoorlyn is en voldoende

parkeerplek vir motors gehad het. Verder het die hoë bloekombome ook

gerieflike koelte vir feesgangers verskaf, daar is pragtige groen gras en ʼn goed

ingerigte verversingslokaal. 407

In 1943 en in 1944 is die Dingaansdagfees vir Port Elizabeth, Uitenhage en

omliggende gebiede weer eens op Despatch gehou. Op 16 Desember 1944 is

die fees ook op Despatch gehou. Gedurende hierdie fees het ds. O. A. Cloete

van die NG Kerk Port Elizabeth-Wes aangekondig dat die skuld op die Piet

Retief-monument gedelg is. Daar was egter nie fondse beskikbaar om die

Coega-terrein te verfraai nie. Gevolglik is die Sentrale Dingaansdagfees tot en

met 1949 op mev. Botha se grond gehou. 408

Despatch het dus hierdie fees, die gesamentlike fees vir Afrikaners van Port

Elizabeth, Uitenhage en Despatch, vir agt jaar op die plaas met die hoë

bloekombome gehou. Die Dingaansdagfees was ʼn baie belangrike fees vir die

Afrikaner. Vanaf 1950 het Port Elizabeth, Uitenhage en Despatch hul eie

afsonderlike feeste gehou.

406 Mnr. Botha het in 1933 gesterf en het die plaas aan sy vrou nagelaat. Dis egter dieselfde

terrein waarop die 1930 Dingaansdagfees gehou is.

407 M. Swart, O. Terblanche en T. Rautenbach, Die Piet Retief-monument en Feesterrein van Port

Elizabeth, 1938 – 1990, pp. 38 – 39.

408 M. Swart, O. Terblanche en T. Rautenbach, Die Piet Retief-monument en Feesterrein van Port

Elizabeth, 1938 – 1990, pp. 38 – 39.

179

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!