04.05.2013 Views

Jacobus Pieter Steyn.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

Jacobus Pieter Steyn.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

Jacobus Pieter Steyn.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

National Congress (ANC) lede en twee lede van die Vryheidsfront (VF) bestaan.

Alhoewel daar verskillende sienings van die verskillende partye was oor hoe die

oorgang moes geskied, was daar egter aanvanklik eenstemmigheid dat, wat ook

al gebeur, Despatch sy identiteit moet behou. 153

Die eerste salvo‟s in die stryd om Despatch se voortbestaan as munisipaliteit is

afgevuur toe die destydse Permanente Sekretaris van die Oos-Kaapse

departement van Behuising en Plaaslike Regering die Rade van Port Elizabeth,

Uitenhage en Despatch gevra het om elk ʼn verteenwoordiger op ʼn Tegniese

taakspan aan te wys. Die Raad van Despatch het die Uitvoerende Hoof en

stadsklerk, mnr. A. H. Pretorius, benoem as sy verteenwoordiger op die

Taakspan. Dit was egter van die staanspoor af duidelik dat die amalgamasie van

Port Elizabeth, Uitenhage en Despatch die gewensde uitkoms vir die regering

was en dit sou baie moeilik wees om hierdie proses in ʼn wesenlik ander rigting te

stuur, naamlik die voortbestaan van Despatch as munisipale gebied. 154

Die rol wat Despatch in die aanvanklike onderhandelinge gespeel het, word

beklemtoon deur die feit dat die heel eerste hoëvlak samesprekings op Despatch

gehou is. Tydens dié vergadering op Donderdag 24 Oktober 1996 in die

Raadsaal, was die Oos-Kaapse Lid van die Uitvoerende Raad (LUR) vir

Behuising en Plaaslike Regering, mnr. Max Mamase, sowel as die

burgemeesters van Port Elizabeth en Uitenhage teenwoordig. Die burgemeester

van Despatch, raadslid T. W. Lawu, het as Voorsitter opgetree. 155

Tydens sy toespraak het die LUR aangedui dat daar twee opsies is wat deur

rolspelers oorweeg kon word. Eerstens die daarstelling van ʼn megastad. In

153 Skriftelike mededeling van mnr. A. H. Pretorius, Die proses wat gelei het tot die

metropolitanisering van Port Elizabeth, Uitenhage en Despatch, 5 November 2009.

154 Skriftelike mededeling van mnr. A. H. Pretorius, Die proses wat gelei het tot die

metropolitanisering van Port Elizabeth, Uitenhage en Despatch, 5 November 2009.

155 Skriftelike mededeling van mnr. A. H. Pretorius, Die proses wat gelei het tot die

metropolitanisering van Port Elizabeth, Uitenhage en Despatch, 5 November 2009.

79

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!