04.05.2013 Views

Jacobus Pieter Steyn.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

Jacobus Pieter Steyn.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

Jacobus Pieter Steyn.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

2.3.2.2 Verkeer

Die dorp was naby ʼn spoorwegaansluiting geleë en dus was die hoof

vervoermiddel van die destydse inwoners die trein na Port Elizabeth gewees.

Die meerderheid van die inwoners van Despatch het in Uitenhage of Port

Elizabeth gewerk, en het die trein na die onderskeie dorpe geneem. Daar het

ook ʼn privaat busdiens bestaan, die Excelsior Busdiens bedryf deur mnr. G. F.

Schoultz. Die Raad het ʼn handelslisensie aan die busdiens uitgereik, omdat die

busdiens ʼn daaglikse roete en skedule gehad het om inwoners van Despatch na

Uitenhage te vervoer. Dit was veral van nut vir die inwoners wat ver van die

treinstasie af gebly het of vir huisvrouens wat inkopies op Uitenhage wou gaan

doen het. 136 Daar was ook ʼn hoofpad wat Port Elizabeth met Uitenhage verbind

het. Parallel met die spoorlyn was ʼn gruispad wat meer en meer deur die

inwoners gebruik was en mettertyd die hoofstraat van Despatch sou word. 137

Teen 1949 was daar geen verkeerspolisie in Despatch nie. Inwoners het ook

hulle motors op Uitenhage geregistreer. Die enigste spoedbeheermeganismes

wat in plek was, was die spoedbeperkers op die ingangspaaie tot die dorp. Dit

het egter nie ʼn daadwerklike probleem vir die Raad ingehou nie, aangesien daar

tot en met die einde van 1949 geen sterftes as gevolg van motorongelukke op

Despatch was nie. 138

136 B. Olckers, Despatch: 1949. Ongepubliseerde manuskrip, p. 2.

137 S. Coetzer, “Stigting en Ontwikkeling van Despatch”, Looking Back, Maart 1992, p. 30.

138 B. Olckers, Despatch: 1949. Ongepubliseerde manuskrip, p. 21.

69

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!