04.05.2013 Views

Jacobus Pieter Steyn.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

Jacobus Pieter Steyn.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

Jacobus Pieter Steyn.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die middag is afgesluit met sport en ʼn potjiekoskompetisie terwyl die

Klipspatchers Boere-orkes musiek verskaf het. Die fees is Sondag, 10 Oktober,

afgesluit met ʼn erediens in die Moedergemeente Uitenhage. 432

7.2 Politiek

Despatch was van die begin af ʼn Afrikanerdorp. Met die stigting van die

Skakelkomitee in 1942, wat alle kultuurbedrywighede op Despatch gekoördineer

het, was die Herstigte Nasionale Party (HNP), onder W. J. Olckers, en die

Ossewa-Brandwag (OB), onder R. J. Fourie, van die stigterslede. 433 Die HNP en

die OB was onderskeidelik die verkose politieke party en die kultuurorganisasie

van die nasionaalgesinde Afrikaner. Die Ossewa-Brandwag was sterk gekant

teen Suid-Afrika se deelname aan die Tweede Wêreldoorlog.

Op 1 Augustus 1940 is John Vorster amptelik as OB–hoofgeneraal aangestel.

Sy taak was om die Ossewa-Brandwag in Oos-Kaapland uit te bou. Met die oog

daarop het Vorster verskeie OB–generaals in dorpe regoor die Oos-Kaap

aangestel en takke op die dorpies gestig. In Despatch is mnr. R. J. (oom Dolf)

Fourie as OB–generaal aangestel. 434

Vorster maak spesifiek melding van Fourie as een van die generaals met wie hy

“wonderlike samewerking” gehad het. 435 Dit is ook noemenswaardig dat Fourie

die eerste burgemeester van Despatch was. Die Ossewa-Brandwag het reeds

met die stigting van die dorp funksies gehou. Op 6 en 7 Augustus 1942 het die

432 Die Burger, 2 Oktober 1999; Despatch/Uitenhage Komitee vir die herdenking van die Anglo-

Boereoorlog notule, 8 Maart 1999.

433 Skakelkomitee stigtingsvergadering notule, 28 November 1942.

434 H. O. Terblanche, John Vorster: OB–Generaal en Afrikanervegter, pp. 80 – 81.

435 H. O. Terblanche, John Vorster: OB–Generaal en Afrikanervegter, p. 88.

187

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!