01.05.2013 Views

Inhoud

Inhoud

Inhoud

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Voorts is ’n assessering van die Departement se vlootbydrae oor koolstofemissies ontleed. Dit is egter deel van ’n

groter assessering wat die Departement sal help met die vermindering van sy koolstofvoetspoor.

Die Program: Landbou-ekonomie huisves sowat 20 databasisse wat op ’n gereelde basis in stand gehou word.

Een van die hoogtepunte hiervan is ’n opname van swart boere (Swartboeropname) waardeur die opname wat in

2005 uitgevoer is, bygewerk is.

Die ekonomiese modelleringsnavorsing deur samewerking met die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BVLB) en

die Universiteite van Stellenbosch en Pretoria het geblyk ’n waardevolle hulpbron te wees, nie alleen vir die regering

nie maar ook vir landboubesigheid en boere. As gevolg daarvan is ’n jaarlikse inligtingsdisseminasiebyeenkoms

vir die eerste keer in die Wes-Kaap gehou.

’n Webgebaseerde Micro Combud 3-program is nasionaal bekend gestel vir gebruik deur alle landbou-ekonome

in al nege provinsies om ondernemingsbegrotings te ontwikkel en by te werk.

Uit die Marktoegangsprogram sluit van die hoogtepunte in ’n uitvoerkontrak wat met een van die wyninvoerders in

Nederland onderteken is. Daarby is ’n transaksie met ASDA, ’n kleinhandelaar in die Verenigde Koninkryk, beding

met die oog op die verkryging van produkte van swart kleinboere en kommersiële boere. As gevolg hiervan is vyf

boere op die Marktoegangsprogram as uitvoerders geregistreer ten einde hierdie transaksie gestand te doen.

Die Program: Gestruktureerde Landbou-opleiding het op ’n baie besondere manier bygedra tot mensekapitaal-

en vaardigheidsontwikkeling in die landbousektor. In Desember 2010 het vier en vyftig (54) studente vanuit die

B. Agric.-program gegradueer, 34 studente het ’n hoërsertifikaatkwalifikasie behaal, 5 studente het ’n Diploma in

Landbou behaal en 10 studente het die Diploma in Keldertegnologie behaal. Daarbenewens het 81 leerders die

leerderskapopleidingsprogram geslaag.

Die B. Agric.-program is in hierdie tydperk herbelyn ooreenkomstig die Hoëronderwys-kwalifikasieraamwerk. Die

Kollege was een van ’n paar Landbou-opleidingsinrigtings wat betyds die spertyd gehaal het vir die voltooiing

van die aansoek om herakkreditering van hul kurrikulêre aanbiedings vir Hoër Onderwys. ’n Nuwe kort kursus oor

Plantinspeksie is in samewerking met Plant SA aangebied.

Twee van die B. Agric.-gegradueerdes (Z. Msimango en J. Links) het hul Honneursprogram as Jong Professionele

Persone voltooi met doserende personeellede van die Kollege as hul mentors.

Die program “Wurms aan die Werk” is in 2010 bekend gestel. Onderrig in wurmboerdery is nou deel van die

onderrigprogram en word as deel van ’n gemeenskapsuitreikprogram aangewend.

Die Subprogram: Verdere Onderwys & Opleiding het ’n slaagsyfer van 84% aangeteken onder sy leerderskapstudente

wat vir die verslagtydperk ingeskryf het. Voorts het ’n onafhanklike eksterne kwaliteitversekeringsdiensverskaffer

’n moniterings- en evalueringsoorsig oor interne leerderskapprosesse uitgevoer en die subprogram het geblyk

binne al die tersaaklike kriteria aanpasbaar te wees; dit het ook ’n positiewe aanslag vir algehele goeie praktyk

van sy leerderskapimplementeringsraamwerk ontvang.

Met betrekking tot vaardigheidsontwikkeling en die bou van vermoë binne die aangewese nodale sones in die landbou

het altesaam 1 694 begunstigdes opleiding ontvang, waarby ingesluit was begunstigdes van verskillende OPLO/

HGLO-projekte in die Provinsie. Die ontwikkeling en bywerking van interne operasionele direktiewe is ook onderneem.

Verdere noemenswaardige prestasies sluit in die suksesvolle oorplasing van 7 leerders na die tersiêre stroom,

terwyl 5 leerders vir die Hoër Sertifikaat aanvaar is en 2 leerders vir die B. Agric.-program ingeskryf het.

’n Eksterne beurs verskaf deur die beleggingsmaatskappy NOVARE is aan die beste leerderskapstudent toegeken,

terwyl ’n bykomende vier departementele beurse aan sommige studente wat na die Hoëronderwysbaan oorgeplaas

is, toegeken is.

Die Wes-Kaap-Boergondië-wynuitruilprogram het sy 10de bestaansjaar in Boergondië gevier toe ’n

hoëvlakafvaardiging van die Wes-Kaap Boergondië in Oktober 2010 besoek het. Deur hierdie program het 30

studente en voorligtingspersoneellede in 2010 opleiding in Boergondië ontvang. Onder hulle was 7 studente in

wingerdbou en die maak van wyn, 8 studente in vatbestuur en -instandhouding, 4 studente in wyn- en voedselparing,

4 studente in die maak van kaas, en 7 landbouvoorligtingsbeamptes. Die program het ook uitgeloop op die

graduering van 7 wingerdbouleerders in die NKR 2-leerderskapprogram, met ’n spesifieke fokus op Wingerdbou.

10

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!