01.05.2013 Views

Inhoud

Inhoud

Inhoud

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

VERSLAG VAN DIE OUDITEUR-GENERAAL AAN DIE WES-KAAPSE PROVINSIALE

PARLEMENT OOR BEGROTINGSPOS 11: WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN LANDBOU

VERSLAG OOR DIE FINANSIËLE STATE

Inleiding

1. Ek het die bygaande finansiële state van die Wes-Kaapse Departement van Landbou (departement)

geouditeer; die state bestaan uit die begrotingstaat, die staat van finansiële posisie soos op 31 Maart 2011,

en die staat van finansiële prestasie, die staat van verandering in netto bates en die kontantvloeistaat vir

die jaar wat toe geëindig het, asook ’n opsomming van betekenisvolle rekeningkundige beleid en ander

verduidelikende inligting soos uiteengesit op bladsy 85 tot 137.

Rekeningpligtige Beampte se verantwoordelikheid vir die finansiële state

2. Die Rekeningpligtige Beampte is verantwoordelik vir die opstel van hierdie finansiële state in ooreenstemming

met die Departementele Finansiële Raamwerk vir Verslagdoening soos voorgeskryf deur die Nasionale

Tesourie, asook die vereistes van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur van Suid-Afrika, 1999 (Wet 1 van

1999) (WOFB) en die Wet op die Verdeling van Inkomste van Suid-Afrika, 2010 (Wet 1 van 2010) (WVI), en vir

sodanige interne kontrole as wat die Bestuur bepaal wat nodig is ten einde die opstelling moontlik te maak

van finansiële state wat vry is van wesenlike verkeerde voorstelling, hetsy weens bedrog of foute.

Ouditeur-generaal se verantwoordelikheid

3. Soos vereis deur artikel 188 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (Wet 108 van 1996),

artikel 4 van die Wet op Openbare Oudit van Suid-Afrika, 2004 (Wet 25 van 2004) (WOO) en artikel 40(2) van

die WOFB is dit my verantwoordelikheid om op grond van my oudit ’n mening oor hierdie finansiële state uit

te spreek.

4. Ek het my oudit uitgevoer in ooreenstemming met Internasionale Standaarde oor Ouditering en Algemene

Kennisgewing 1111 van 2010 uitgereik in Staatskoerant 33872 van 15 Desember 2010. Daardie standaarde

vereis dat ek voldoen aan etiese vereistes en die oudit beplan en uitvoer ten einde redelike sekerheid te

verkry of die finansiële state vry van wesenlike verkeerde voorstellings is.

5. ’n Oudit behels die uitvoering van prosedures om ouditbewyse te bekom oor die bedrae en openbarings

in die finansiële state. Die prosedures wat geselekteer is, hang af van die ouditeur se oordeel, asook die

assessering van die risiko’s van wesenlike verkeerde voorstelling van die finansiële state, hetsy vanweë

bedrog of foute. By sodanige assessering van risiko oorweeg die ouditeur interne kontrole wat verband

hou met die entiteit se opstelling en billike weergawe van die finansiële state ten einde ouditprosedures te

ontwerp wat in die omstandighede toepaslik is, maar nie vir die doel van die uitspreek van ’n mening oor die

effektiwiteit van die entiteit se interne kontrole nie. ’n Oudit sluit ook in die evaluering van die toepaslikheid

van rekeningkundige beleid wat aangewend word en die redelikheid van rekeningkundige ramings wat deur

die Bestuur gemaak word, asook evaluering van die algehele aanbieding van die finansiële state.

6. Ek is van oordeel dat die ouditbewyse wat ek bekom het, voldoende en toepaslik is om te dien as basis vir

my ouditmening.

Mening

7. Na my mening bied die finansiële state in alle wesenlike opsigte ’n billike weergawe van die finansiële

posisie van die Departement soos op 31 Maart 2011, asook van sy finansiële prestasie en kontantvloei vir

die jaar wat toe ten einde geloop het, in ooreenstemming met die Departementele Raamwerk vir Finansiële

Verslagdoening voorgeskryf deur die Nasionale Tesourie en die vereistes van die WOFB en die WVI.

Ander sake

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN LANDBOU

BEGROTINGSPOS 11

VERSLAG VAN DIE OUDITEUR-GENERAAL

vir die jaar geëindig 31 Maart 2011

8. Ek vestig graag die aandag op die sake hier onder vermeld. My mening is nie gewysig ten opsigte van hierdie

aangeleenthede nie:

83

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!