01.05.2013 Views

Inhoud

Inhoud

Inhoud

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN LANDBOU

BEGROTINGSPOS 11

VERSLAG VAN DIE REKENINGPLIGTE BEAMPTE

vir die jaar geëindig 31 Maart 2011

sy navorsings pogings in die landbousektor vervul, word in die jongste LWTA-verslag (LWTA: Landbouwetenskap-

en Tegnologieaanwysers)(Desember 2010) erken. Die verslag stel dit duidelik dat die navorsingsprogram van die

Departement wat betref navorsingsvermoë en produktiwiteit die sterkste is as dit met die ander 8 provinsies en hul

navorsingspogings vergelyk word.

Die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid se Basislynbekendstelling is in Augustus 2010 vir die eerste keer

in die Wes-Kaap gehou. By die byeenkoms was ook betrokke verteenwoordigers van die Voedsel- en

Landboubeleidsnavorsingsinstituut (VLBNI) in die Verenigde State van Amerika en die Voedsel- en Landbou-organisasie

(VLO) in Rome en ook Agribenchmark in Duitsland. Hierdie geleentheid het meer as 150 afgevaardigdes uit die landbou-

en landboubesigheidsektor in die Wes-Kaap gelok. Die byeenkoms is ’n jaarlikse inligtingsdisseminasiesessie waar

ontledings van toekomsbeleid en markscenario’s, met inbegrip van die impak op plaas- en firmawinsgewendheid,

aangebied word. Die ontleding fokus op die groot nywerhede in die Wes-Kaap, met inbegrip van koring, gars,

aartappels, suiwelprodukte, vleis, wyn, tafeldruiwe, appels en pere.

Die Agropark-seminaar was ’n geleentheid wat in Augustus 2010 in samewerking met Wesgro en die Nederlandse

ambassade georganiseer is. Die seminaar het gehandel oor die uitpak van die agropark-konsep as een van die

verwagte haalbare uitsette van die Omvattende Landelike-ontwikkelingsprogram. Die kundiges van Wageningenuniversiteit,

sleutelbelanghebbendes in die landbou en die landboubesigheidsektor op sowel nasionale as provinsiale

vlak, en sleutelspelers in landelike ontwikkeling was onder die afgevaardigdes. Die geleentheid het meer as 100

afgevaardigdes gelok en begrip verskaf van die konsep vir moontlike implementering in die Wes-Kaap.

Die konferensie van die Afrika-vereniging vir Landbou-ekonomie is in September 2010 in samewerking met die

Landbou-ekonomie-vereniging van Suid-Afrika in die Wes-Kaap gehou. Die konferensie is deur nagenoeg 407

mense uit 34 lande bygewoon. Omtrent 114 referate is aangebied en 18 werksessies het plaasgevind. Daar is

besin oor kwessies waarvoor die vasteland van Afrika, met inbegrip van Suid-Afrika en die Wes-Kaap, te staan kom.

Die hooftema van die konferensie was die Voedsel- en Finansiële Krisis: die Pad Vorentoe, en is beïnvloed deur die

realiteite waarvoor die vasteland te staan kom.

Die Wes-Kaap-Boergondië-wynuitruilprogram het sy 10de bestaansjaar in Boergondië gevier toe ’n

hoëvlakafvaardiging van die Wes-Kaap Boergondië in Oktober 2010 besoek het. Deur hierdie program het 30 studente

en voorligtingspersoneellede in 2010 opleiding in Boergondië ontvang. Onder hulle was 7 studente in Wingerdbou

en die maak van wyn, 8 studente in vatbestuur en -instandhouding, 4 studente in wyn- en voedselparing, 4 studente

in die maak van kaas, en 7 landbouvoorligtingsbeamptes. Omdat hierdie program op wisselwerking gebaseer is, het

die Departement van Landbou: Wes-Kaap 22 rugbyspelers van die CFPPA in Boergondië, asook 8 Franse studente

in Wingerdbou en die maak van wyn vir 2 weke gehuisves. Hierdie program is in 2010 ook deur die Boergondiëstreekraad

geëvalueer, met ’n besonder gunstige en positiewe uitkoms vir die landbou-uitruilprogram.

Die seleksie van die 15 landelike ontwikkelingsnodes in die Wes-Kaap is in 2010 in ’n gesamentlike proses tussen

die Wes-Kaapse Departement van Landbou, DLOGH en munisipaliteite in al die landelike distrikte gefinaliseer.

Implementering het in 6 van die landelike ontwikkelingsnodes, te wete Oudtshoorn-munisipaliteit (Wyke 10 en 12),

Witzenberg-munisipaliteit (Wyke 1 en 6), Matsikamma-munisipaliteit (Wyk 2), Stad Kaapstad-munisipaliteit (Wyk 29),

Beaufort-Wes-munisipaliteit (Wyk 1) en Bitou-munisipaliteit (Wyk 4), in aanvang geneem.

’n Aanvoorprojek is van stapel gestuur om aan 45 deelnemende wingerdboere inligting oor die grondvoginhoud

van sekere wingerdblokke vir die huidige week te verskaf, asook ’n aanbeveling van die besproeiing wat nodig is

tydens die besproeiingseisoen van 2010/11. Die inligting is aangebied deur middel van ’n intydse webtuiste (www.

grapelook.co.za) wat op ons departementele bediener loop.

Die Program: OOB het ’n Eenheid vir Tegniese Bystand (ETB) tot stand gebring wat put uit die vermoëns van

eksterne en interne (binne die Departement) kundiges om omvattende assessering en beplanning van landbouondernemings

te verseker en aanbevelings te maak oor befondsingsversoeke wat aan die Departement voorgelê

word, gebaseer op die tegniese, omgewings-, finansiële, institusionele, maatskaplike en markinligting wat verskaf

word. Daar word voorsien dat hierdie eenheid sal bydra tot die sukses van hierdie Departement se pogings om

grondhervormingsplase in die Provinsie te ondersteun.

Die Subprogram: Voedselsekerheid binne die Program: OOB het sy doelwit oor die totstandbrenging van huistuine

(met inbegrip van huishoudingsverifiëring) en gemeenskapstuine, d.w.s. 784 huishoudings en 45 gemeenskapstuine

onderskeidelik, gedurende die verslagjaar oortref.

71

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!