01.05.2013 Views

Inhoud

Inhoud

Inhoud

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

ook ʼn senior beampte in een van die areas met kritieke en skaars vaardighede verloor. Daar was probleme met die vul van

hierdie pos aangesien geen gepaste kandidaat gevind kon word nie. Dit is die situasie wat deur Resolusie 3 van 2009

vererger is, waardeur laer salarisvlakke vir sommige van die nie-BSB-poste in die regering afgedwing is. Die onvermoë

om Landbou-ekonomie onder die BSB te inkorporeer, het ook ʼn bykomstige las meegebring, aangesien dit in die vooruitsig

gestel was om ʼn loopbaanspoor te bied aan mense wat in die regering werk of wil werk. Daarom sal dit onder die huidige

omstandighede moeilik wees om gekwalifiseerde en ervare ekonome teen die huidige salarisvlakke te lok.

Die nuwe struktuur van die DLBV was vir nuwe uitdagings m.b.t. die inlynbring verantwoordelik, terwyl dit terselfdertyd

nuwe areas wat aandag nodig het tot gevolg gehad het. Saam met nasionale uitkomste en provinsiale strategiese

doelstellings het dit ʼn nuwe manier van sake doen nodig gemaak, en dus ook ʼn nuwe kyk op bestaande strukture,

onder meer op die vlak van lynfunksies.

Vir die Program: GLO bly dit ʼn uitdaging om vaardige personeel te werf en te behou, veral in die areas van skaars en kritieke

vaardighede. Groot klem word geplaas op die professionele en persoonlike ontwikkeling van huidige personeellede.

Die vul van lektorsposte bly ’n probleem aangesien die meeste van die applikante wat om ’n spesifieke lektors pos

aansoek doen, nie aan die minimumvereistes vir aanstelling voldoen nie. Vir elke advertensie wat geplaas word, is

daar hoogstens drie persone wat aan die vereistes voldoen en met wie onderhoude gevoer kan word.

Twee lektore is ter wille van beter loopbaanvooruitsigte binne die Departement verplaas. Hierdie poste is geadverteer

en onderhoude is gevoer, en die poste sal vroeg in die 2011/12 finansiële jaar gevul word.

Die kelderbestuurder het bedank omdat haar gesin na ‘n ander provinsie getrek het. Hierdie pos is met ‘n

kontrakaanstelling gevul sodat die onderrigprogram nie ontwrig sou word nie. ‘n Voltydse gekwalifiseerde wynmaker

is gedurende die jaar aangestel, wat groter stabiliteit na onderrig in hierdie vlagskipprogram gebring het.

Een personeellid is tydelik geskors, hangende die uitkoms van die ondersoek.

Tydens die oorsigtydperk het die Subprogram: VOO ‘n Streeksopleidingbestuurder aangestel om met opleidingsprosesse

binne die Subprogram te help en dit te koördineer. Die departementele herstruktureringsproses is

onderneem, wat dit vir die subprogram nodig gemaak het om sy eie aktiwiteite in oënskou te neem en insette vir ‘n

voorgestelde organisatoriese model te maak.

Die pos van Leerlingskap-koördineerder is met ‘n personeellid van binne die Departement gevul. Die Subprogram:

VOO het ook een personeelbedanking en een personeeloorplasing onderskeidelik gehad. Die vakatures met

betrekking tot hierdie poste is geadverteer en sal teen die eerste kwartaal van 2011/12 gevul wees. Die pos van

Hoof Administrasieklerk is ook geadverteer en dit word in die vooruitsig gestel dat hierdie pos gedurende die eerste

kwartaal van 2011/12 gevul sal wees.

Die taalvaardigheid van studente en doseerpersoneel bly steeds ‘n uitdaging. Die moontlikheid om ‘n vertaaldiens in

te stel, is ondersoek. ‘n Loodsprojek sal in die nuwe finansiële jaar geïmplementeer word.

Die beheer van die Kollege is met die aanstelling van ‘n nuwe Kollegeraad versterk. Daar word nie slegs van die Raad

verwag om die strategiese koers van die Kollege aan te dui nie, maar ook om die betrokkenheid van deelhebbers en

skakels met die besigheid van die Kollege te verbeter.

Die Provinsiale Forum vir Landbouonderrig- en Opleiding (PLOO) wat in 2009/10 gevestig is, is verder versterk deur

sy lidmaatskapbasis uit te brei om verteenwoordiging deur die burgerlike samelewing, georganiseerde landbou,

kommoditeitsgroepe en tersiêre opleidingsinstansies in te sluit. Die forum vergader op ‘n kwartaallikse basis en

bevorder verhoogde sinergie en samewerking in mensekapitaalontwikkeling en landbou in die Provinsie.

2.7 Sleutel-beleidsontwikkelings en wetgewende veranderings

Die volgende is sleutelontwikkelinge wat die aksies van die Departement beïnvloed:

• Die werklikheid dat water bespaar en doeltreffend deur die landbousektor gebruik moet word

• Doeltreffende watergebruik kan een van die strategieë wees om die moontlike uitwerkings van klimaatverandering

die hoof te bied

• Die beskerming van ons biodiversiteit en die bewaring van ons landbouhulpbronne.

28

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN LANDBOU

BEGROTINGSPOS 11

INLIGTING OOR VOORAFBEPAALDE DOELSTELLINGS

vir die jaar geëindig 31 Maart 2011

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!