01.05.2013 Views

Inhoud

Inhoud

Inhoud

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN LANDBOU

BEGROTINGSPOS 11

VERSLAG VAN DIE REKENINGPLIGTE BEAMPTE

vir die jaar geëindig 31 Maart 2011

VERSLAG VAN DIE REKENINGPLIGTE BEAMPTE

Verslag deur die Rekeningpligtige Beampte aan die Uitvoerende Owerheid en die Provinsiale Wetgewer van die Wes-Kaap.

1. ALGEMENE OORSIG OOR DIE STAND VAN FINANSIËLE SAKE

Samewerking met die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming (DLOGH) was nie ideaal nie.

Die rede hiervoor was veranderinge aan hul beleidsfokus met die moratorium geplaas op Ekwiteitsaandeelskemas

binne die program vir die Herverdeling van Grond vir Landbou-ontwikkeling (HGLO-program) en die klem op die

Proaktiewe Grondverkrygingstrategie (PGVS), saam met hul uitgebreide mandaat wat betekenisvolle veranderings

aan hul organisasiestruktuur vereis. Die PGVS is daarop ingestel om staatsgrond te berg vir verhuring aan potensiële

plaaseienaars. Namate die implementering van die PGVS-beleid ontvou, sal dit ’n impak hê op die wyse waarop

hierdie Departement dienste lewer aan boere wat op sodanige grond boer. Samesprekings is beplan met DLOGH

om die samewerkingstrukture met hierdie Departement te versterk.

Met ingang van 1 April 2011 verskuif die subprogram Plaaswerkerontwikkeling na Program 8: Landelike Ontwikkeling.

Gedurende die vierde kwartaal van 2010/11 was hierdie subprogram baie betrokke by die afhandeling van alle

besigheid binne die Program: Ondersteuning en Ontwikkeling van Boere (OOB), terwyl daar terselfdertyd begin is

met integrering by die Program: Landelike Ontwikkeling (LO).

DLBV het die verantwoordelikheid van uitvoerbeheer wat hulle in hul Kaapstadkantoor gehad het, met ingang van

1 Februarie 2011 aan die Provinsie oorgedra. Die situasie het die Program: Veeartsenykundige Dienste onverhoeds

gevang, aangesien daar vooraf geen amptelike kennisgewing was nie en gevolglik geen redelike tydperk om die nodige

reëlings vir die verhoogde werkdruk te tref nie. Befondsing het nie deel uitgemaak van die oordrag van die funksie nie.

Alhoewel ’n finale besluit oor die mandaat van die Departement ten opsigte van visserye (wat spruit uit die mandaat

van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DLBV)) nog nie geneem is nie, sou hierdie besluit ’n groot

impak kon hê op ons toekomstige vermoë en die gevolglike uitbreiding van ons waterkultuurprogram. Verdere

befondsing sal gevolglik dringende aandag moet geniet.

Die ontwikkeling van ’n plaasregister is een van die strategiese kwessies wat die Departement tans bespreek met die

doel om so spoedig moontlik wetgewing in plek te hê. Gedurende hierdie jaar is ’n opname van swart boere gemaak.

Dit behoort by te dra tot die beoogde Plaasregister, terwyl ’n proses ook aan die gang gesit is om generiese data

oor boere in te samel vir toekomstige gebruik.

Marktoegang is een van die sleutelprioriteitsgebiede onder Provinsiale Strategiese Doelstelling (PSD) 11, aangesien

die Wes-Kaap steeds die belangrikste landbou-uitvoerprovinsie van Suid-Afrika bly. Alhoewel hierdie uitvoerfokus

aansienlik bydra tot winsgewendheid, die verdien van buitelandse valuta en werkskepping in die landbousektor,

beteken dit ook dat Wes-Kaapse boere weerloser staan teenoor veranderinge op uitvoermarkte. Voorlopige

samesprekings met sommige industrieë oor marktoegangskwessies het reeds plaasgevind, maar ’n forum oor

marktoegang sal in die volgende finansiële jaar tot stand gebring en geformaliseer word.

Klimaatsverandering is ook hoog op die regering se agenda, veral in die landbou, aangesien dit beskou word as

die kwesbaarste sektor. Gevolglik is klimaatsverandering die sleutelprioriteit onder PSD 7 en Nasionale Uitkoms

(NU) 10. In reaksie hierop het die Departement gedurende hierdie finansiële jaar ’n aantal navorsingsprojekte oor

klimaatsverandering onderneem.

Op nasionale vlak het die DLBV ’n omvattende stel norme en standaarde vir landbou-opleidingsinrigtings ontwikkel.

In opvolging hiervan het die nasionale departement ’n proses geïnisieer om ’n nasionale Wet op Landbouopleidingsinrigtings

op te stel. Dit mag vir die toekomstige beheer oor en funksionering van die Elsenburg-landbouopleidingsinstituut

verreikende gevolge hê.

In die vervolg sal Landelike Ontwikkeling ’n integrerende deel van die beleidsveranderinge en strategiese rigting

op nasionale- en provinsialeregeringsvlak vorm. Landelike Ontwikkeling is een van die top vyf prioriteite van

die Nasionale Regering en geniet aandag en voorrang in NU 7 en PSD 11. In hierdie opsig het die Wes-Kaapse

Departement van Landbou die afgelope finansiële jaar begin met voorbereidings om Program 8: Landelike

Ontwikkeling tot stand te bring. Die program behoort in die 2011/12- finansiële jaar ten volle operasioneel te wees.

Die Landelikeontwikkelingsprogram sal uit twee subprogramme bestaan, wat Landelike Nodale Ontwikkeling en

69

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!