01.05.2013 Views

Inhoud

Inhoud

Inhoud

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Verseker dat minstens 60% van alle landbou-grondhervormingsprojekte in die Provinsie oor die volgende 5

jaar suksesvol is

Die Subprogram: Boerenedersetting het 62 plaasassesserings vir grondhervorming voltooi, wat ‘n wye reeks

tegniese, finansiële, bemarkings- en ander aspekte van plase dek wat met haalbaarheid verband hou. ’n Totaal

van 38 omvattende grondgebruikplanne is as bydrae tot die volhoubaarheid van grondhervormings ondernemings

ontwikkel, met veel sterker klem op die gehalte van beplanning. Hierdie werk hou verband met die verwesenliking

van Uitkomste 1 van ons Nasionale Uitkomste 7, en maak ook ʼn bydrae tot Provinsiale Strategiese Doelstelling 11.

Samewerking met die DLOGH was minder as ideaal, weens veranderings in hul beleidsfokus, d.w.s. die moratorium

wat op Billikheidsaandeelskemas binne die GHLO-program geplaas is, en klem op die PGVS. Skakeling is beplan

om die samewerkingstrukture met hierdie departement te versterk.

Hierdie Departement het egter die ETB gevestig met die doel om omvattende assessering en beplanning van

landbou-ondernemings ter wille van volhoubare grondhervorming te verseker. ETB benut departementele en

eksterne deskundiges om insette oor die bogenoemde prosesse te lewer. Daarbenewens het die Program: ETB die

vordering van grondhervormingsplase gemoniteer en 156 prestasieverslae opgestel oor projekte wat ondersteun is.

Werk met boere en nywerhede saam om die sektor te ondersteun ten einde landbouproduksie (primêre

provinsiale kommoditeite) met minstens 10% oor die volgende 10 jaar te verhoog

Die Program: BOO het baie van sy tyd bestee om die kommoditeitsbenadering tot boere-ondersteuningsdienste in die

Provinsie te versterk. Dit het die vaartbelyning van institusionele reëlings behels ten einde sewe kommoditeitstrukture

in die waterkultuur-, suiwel-, vrugte-, graan- diereproduksie- (rooivleis, varke, en skape/wol-), wyn- en groente-

bedrywe te vestig waarmee die Departement kan saamwerk aan die assessering, prioritisering, implementering,

ondersteuning en evaluering van boerderyondernemings. Hierdie benadering is aangeneem om beplanning,

ekonomiese volhoubaarheid van regering-ondersteunde plase, en langtermyn-integrasie in die sektor te verbeter. Dit

het ook tot gevolg gehad dat 390 werkgeleenthede wat die Provinsiale Strategiese Doelstellings 1en 11 en Nasionale

Uitkomste 7 ondersteun, geskep is.

Uiteindelik het die Program: BOO sy pogings daarop gefokus om produksie vir plaaslike en uitvoerdoeleindes te

verhoog. Dit het derhalwe die vestiging van die wyn-, tafeldruif- en vrugtekommoditeitstrukture ondersteun wat

fondse bewillig het om 64 hektaar tafel- en wyndruiwestokke en 110 hektaar vrugteboorde te vestig.

Beskerm, verbeter en bevorder die gebruik van ons natuurlike hulpbronne op ‘n volhoubare wyse (binne die

beperkings van klimaatverandering) ten einde voedselsekerheid te verseker.

Die Subprogram: Boerenedersetting was kernbelangrik in die vestiging van die ETB in ‘n poging om plaasassesserings

en omvattende ondernemingsbeplanning te verseker wat sensitief jeens klimaatverandering en verantwoordelike

grondgebruik is. Dit sluit inagneming van natuurlike hulpbronne in, bv beskikbaarheid en gehalte van water,

biodiversiteitsinventarisse, klimaat, en bewaringgerigte landboupraktyke.

44

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN LANDBOU

BEGROTINGSPOS 11

INLIGTING OOR VOORAFBEPAALDE DOELSTELLINGS

vir die jaar geëindig 31 Maart 2011

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!