01.05.2013 Views

Inhoud

Inhoud

Inhoud

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die enigste hernuwings vir 2009/10 waarvoor die Departement gevra en wat toegestaan is, was:

• R2.645 miljoen vir droogtehulp (ramptoekenning) waarvan alles behalwe R138 000 bestee is.

• R654 000 van onbestede billike deel is aangevra om die kostedruk van kunsmis, brandstof en veevoer te verlig.

2.6 Oorsig van die organisatoriese omgewing vir 2010/11

Die Departement het met ‘n herstruktureringsproses begin ten einde ‘n mate van struktuur heel bo aan ‘n te wye

bestuurspan te besorg waar 14 mense direk aan die Departementshoof gerapporteer het. Die ander groot rede

vir die hersiening van die makrostruktuur was die integrering van funksies binne die onderskeie departementele

programme om die ontwikkelings- en navorsingsmandate van die Departement te weerspieël. Hierdie oefening was

steeds aan die gang aan die einde van die finansiële jaar, en moet in die eerste kwartaal van die nuwe finansiële jaar

gefinaliseer wees.

Daar was geen gevalle van stelseldefekte nie.

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN LANDBOU

BEGROTINGSPOS 11

INLIGTING OOR VOORAFBEPAALDE DOELSTELLINGS

vir die jaar geëindig 31 Maart 2011

Geen groot gevalle van korrupsie is gefinaliseer nie, maar die volgende het aandag gekry:

• Beweerde finansiële wangedrag – duur voort

• Kleinkas-diefstal – ontslag, en aan die SAPD gerapporteer

• Kleinkas-diefstal – duur voort

• Ongereeldheid met verkrygings – duur voort

• Diefstal van bates – ontslag, en aan die SAPD gerapporteer

Die Subprogram: Grondgebruikbestuur is op koers met die aanstelling van ‘n nuwe beampte, wat deur die LandCarepersoneel

ondersteun word om sy optimale funksionering te fasiliteer. Hierdie komponent moet verder deur ‘n

bykomstige beampte ondersteun word om die werklas te verlig en die risiko te vermy dat daar net een persoon vir

hierdie taak beskikbaar sal wees.

Die behoud van personeel met skaars vaardighede (ingenieurs en ingenieurstegnici), en om gepaste kandidate in

dissiplines met skaars vaardighede na die hoofkantoor en die verskillende distriksmunisipaliteitkantore te lok, bly

steeds ‘n enorme uitdaging vir die Program: VHB. Tans word daar slegs vier ingenieurs deur die Departement in

diens geneem.

Ons beperkte aantal tegniese personeel wat met die ondersoek en implementering van OPLO-projekte moet help,

is onder enorme druk, wat dienslewering aan al ons kliënte beïnvloed. Daar moet ook op gelet word dat party van

die tegniese ondersteuning aanvraaggedrewe is, en slegs gelewer kan word indien daar ‘n versoek vir die diens is.

Gedurende hierdie jaar het ons twee van ons senior LandCare-tegnici verloor. Een is oorlede en die ander het

bedank om ‘n pos in Australië te aanvaar, wat ‘n groot verlies aan bestuursvaardighede tot gevolg gehad het, asook

verminderde kapasiteit om projekte te implementeer.

Die diensleweringsomgewing is onder verdere druk weens die gebrek aan jong ingenieurstalent om die belangrike

mandaat uit te voer om ingenieursdienste aan ons kliënte te lewer, en om LandCare-projekte te implementeer.

Twee ingenieursposte en vyf poste vir ingenieurstegnici is vanjaar geadverteer om nuwe talent na die terrein van

volhoubare hulpbronbestuur te lok, maar daar is geen geskikte aansoeke ontvang nie.

Die groot aantal natuurrampe wat in die Provinsie deur die Landbourampbestuurseenheid ervaar is, maak dit nodig

om ons kapasiteit te verhoog om nie slegs rampe die hoof te bied nie, maar ook om rampe te voorkom. Hierdie

eenheid skakel by die Provinsiale Rampbestuurseenheid in.

ʼnBelangrike taak van die program is om kommentaar oor die aansoeke vir die onderverdeling en/of hersonering van

landbougrond te lewer. VHB en die bestaande hulpbronne wat vir die taak toegesê is moet dringend vermeerder

word om ons wetlike verpligtinge na te kom. ʼn Werkstudie word uitgevoer om die samestelling en grootte te bepaal

van die hulpbronne wat nodig is om die toepassing betyds af te handel.

Die huidige mensekapitaal ontwikkelingsinisiatiewe in die Program VHB is op die bogenoemde uitdagings gemik. ʼn

Beursskema is geïmplementeer om nuwe sowel as finalejaar ingenieurstudente te lok, ten einde ʼn vinniger lewering

van toepaslike gekwalifiseerde ingenieurs en ingenieurstegnici aan die Departement moontlik te maak. Tien vorige

beurshouers is vir drie jaar as kandidaat ingenieurstegnici in diens geneem om hulle te help om by die Ingenieursraad

25

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!