01.05.2013 Views

Inhoud

Inhoud

Inhoud

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die visie van die Departement omvat sy verbintenis tot verantwoordelike omgewingsrentmeesterskap (in ewewig

met die natuur). Die toepassing van omgewingsbeheer vorm ’n integrerende deel van die manier waarop die

Departement sy bedrywighede verrig.

Met verwysing na King III en artikels 38 tot 40 van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, Wet 1 van 1999, wend

hierdie Departement ’n ekstra poging aan met die verantwoordelikhede van die Rekeningpligtige Beampte deur

middel van deursigtige stelsels, ’n Rekeningpligtigebeampte-stelsel vir verkryging en voorsiening, die invordering van

skulde met behoorlike beleid in plek, die beveiliging van bates, voldoening aan die voorskrifte van die jaarlikse Wet

op die Verdeling van Inkomste, oordragfondse aan ander entiteite slegs as behoorlike ooreenkomste geteken is en

behoorlike versekerings van hulle verkry is ten opsigte van effektiewe, doeltreffende en deursigtige finansiële stelsels

en bestuur, streng begrotingsbeheer, ’n waarde-vir-geld-beginsel, die hou van behoorlike rekords en verslaggewing

betyds en behoorlik – maandeliks, kwartaalliks en jaarliks.

9. GESTAAKTE AKTIWITEITE / AKTIWITEITE WAT GESTAAK MOET WORD

Geen aktiwiteite is gestaak nie.

10. NUWE/VOORGESTELDE AKTIWITEITE

Die DLOGH het vanselfsprekend besluit om landelike ontwikkeling na die provinsies te “desentraliseer” en het sekere

nodes in hierdie provinsies geïdentifiseer om op ’n geïntegreerde manier ontwikkel te word. Minister Nkwinti van die

DLOGH het al die Premiers van Provinsies besoek om hul samewerking te vra in die koördinering van hierdie poging.

Dit het saamgeval met ’n besluit geneem deur die Wes-Kaapse Provinsiale Kabinet om landelike ontwikkeling by te

voeg by die Provinsiale Minister van Landbou se portefeulje en ’n Hoofdirekteur is aangestel om stukrag aan hierdie

besluit te verleen. Sy hooftaak sou wees die koördinering van die ontwikkeling van geselekteerde nodes deur die

koördinering van die pogings van al drie regeringsfere en die skepping van gunstige toestande vir die private sektor

om geïnteresseerd te raak en te investeer.

Vyftien sulke nodes is tot 2014 in die Wes-Kaap geïdentifiseer. Met ses van hulle is ’n begin gemaak en hulle is

in verskillende stadiums van vordering, met Dysselsdorp naby Oudtshoorn die verste met die lyn af. So te sê al

die befondsing vir hierdie ontwikkelings kom van die DLOGH af. Die Departement stel die mensevermoë aan en

befonds dit en die eenheid se bedryfskoste.

Hierdie ontwikkeling het uitgeloop op die byvoeging van ’n nuwe agtste program in 2011/12 met die subprogram vir

Plaaswerkerontwikkeling wat na hierdie program verskuif is van die Program: OOB af.

11. BATEBESTUUR

Dit was die besluit van hierdie Provinsie om voort te gaan met LOGIS as die bateregister van departemente. Al die

bates van hierdie Departement word op LOGIS aangeteken en rekonsiliasies tussen LOGIS en BRS word maandeliks

deur die jaar uitgevoer.

Daar is ’n batebestuurseenheid afsonderlik van die Aanbodkettingbestuursafdeling wat bestaan uit vier persone onder

die bestuur van ’n adjunkdirekteur, en elke subafdeling het ’n aangestelde batekontroleerder of verantwoordelike

persoon. ’n Bekwame persoon is op kontrak aangestel om die Departement by te staan met die verbetering van sy

batebeheer en bestuur en om die Batebestuurshervormingsprosesse waarmee begin is, te bespoedig.

Na my beste wete voldoen hierdie Departement tans aan die minimumvereistes vir verslaggewing.

12. INVENTARISSE

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN LANDBOU

BEGROTINGSPOS 11

VERSLAG VAN DIE REKENINGPLIGTE BEAMPTE

vir die jaar geëindig 31 Maart 2011

Raadpleeg bylae 6 van die finansiële state vir besonderhede oor inventarisse.

79

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!