02.05.2013 Views

View/Open

View/Open

View/Open

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

goedgekeur en vir £76 000 deur die Gereformeerde Kerk Pretoria op

die terrein van die ou pastorie opgerig. Daar is tydens konstruksie in

1951 besluit om 'n die boonste verdieping by te voeg. Dit behoort

nou aan die staat. In ordening en aanwending van dekorasie is dit 'n

pragmatiese Art Deco-gebou, hoewel dit tydens die bloeitydperk van

Modernisme in Pretoria opgerig is. Die kontekstuele bydrae is tot die

straatwand, waar dit ongelukkig in isolasie staan. Die gebou se

ekonomiese waarde lê in die grootte en goeie toestand daarvan.

Bron: A Erasmus, Gereformeerde Kerk Pretoria; Planafdeling

Stadsraad van Pretoria.

ADRES Kerktstraat 69

ERFNOMMER 3220 – Blok 2

HUIDIGE GEBRUIK Kerk: Gereformeerde Kerk Pretoria

'n Losstaande kerkgebou van siersteen op 'n kliplmt, met horisontale

bande en insette en getande hoeke van sandsteen. Die gebou is

sentraal om die kerkruim beplan, met die vierkantige toring, lantern

en spitsdak aan die noordekant, die konsistorie en moederskamer

suid en portale oos en wes. Ronde trapportale onder platdakke

projekteer uit die noordoostelike en noordwestelike hoeke.

Gekroonde platspitsgewels met sierbella en geartikuleerde

siersteen; sinkdak met dakventilators. Romaanse boogvensters en

reghoekige, teruggesette houtraamvensters met loodglas. Die

toringhorlosie is sonder wysers.

Die Paul Krugersaal, direk suid van die kerk, is van siersteen.

Soldaatlae in die steenwerk vorm horisontale bande en kroonlyste.

Deure en vensters van hout, en 'n reflekterende glasfasade word na

die kerkgebou gekeer.

Die kerkgebou is in 1979 tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar

en is in 'n goeie toestand na etlike restourasies. Dit is van

kultuurhistoriese belang vanweë die verband met Paul Kruger en

van argitektoniese waarde as een van die kerkgeboue wat deur

Kruger se Hollanders gebou is. Volgens die hoeksteen is dit tussen

1896 en 1897 na die ontwerp van K van Rijsse deur Daanen &

Dorlas Aannemers opgerig. Die styl is, soos dié van die

Bosmanstraat- en Du Toitstraatkerke, 'n vereenvoudigde en

aangepaste “Vlaamsche Renaissance”, met invloede van Art

Nouveau en die Laat Victoriaanse style veral sigbaar in die

toringspits. Pretensie tot Gotiese vertikaliteit en Neo-Klassisistiese

formaliteit kom voor.

Die Paul Krugersaal wat in 1955 op die terrein suidwes van die kerk

opgerig is, is in 1983 vervang deur 'n nuwe kerksaal agter die kerk.

Die argitekte Moerdyk, Holzapfel en Slabbert (nou Indusplan) slaag

daarin om die gebou visueel te skakel met die ouer gebou en om

laasgenoemde te beklemtoon. Dit vorm 'n eenheid met die

kerkgebou, is onbeskaamd eietyds en vermy die slaggate van

pastiche-bou en niksseggende kontekstualisme. Die waarde van die

saal is argitektonies en akademies. Die buiteruimtes tussen die

geboue en teen Kerkstraat dra veel by tot die formaliteit van die

kompleks. Dit is 'n landmerk in Kerkstraat. Bron: Indusplan,

argitekte; Meiring (1980); Picton-Seymour (1989); UP

Dokumentasie.

ADRES Kerkstraat 37 – 43

ERFNOMMER Deel van 3321 – Blok 3

HUIDIGE GEBRUIK Kommersieel

6

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!