02.05.2013 Views

View/Open

View/Open

View/Open

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

van die jare dertig en hom op die funksioneel verantwoordbare

argitektuur toegelê. Die benadering sluit sonder moeite by die reeds

ontwikkelde konsepte van Burg & Lodge aan. Hierdie was óf 'n

gelukkige assosiasie, óf Burg had moontlik die grootste sê met die

finale produk. Die streng sekerheid van die geheel is nuut.

38

Landmerk en uitsonderlike voorbeeld van 'n staatsgebou uit die jare

vyftig, alvorens die invloed van die Brasiliaanse skool in Pretoria die

oorhand gekry het. Bron: Burg Doherty Bryant en Vennote, argitekte.

ADRES Bosmanstraat 320, h/v Schoeman

ERFNOMMER 551 – Blok 9

HUIDIGE GEBRUIK Kantore vir Raad op Plaaslik Bestuursaangeleenthede:

HB Philipsgebou

'n U-vormige gebou met oop, beplante binnehof na Bosmanstraat

waar twee loopbrûe op piloti die eerste- en tweedevloere van die

suidelike en noordelike vleuels verbind. Trapskag teruggesit van

binnehof; suid nege verdiepings en noord agt verdiepings met 'n

verdiepinghoë projeksie na die sypaadjie. Geverfde betonwande,

horisontaal onderbreek vir staalraamvensters en balkonne. Hol

betonblokke gebruik voor diensopeninge, brise-soleil voor van die

westelike vensters.

Die gebou is deur CB Swanepoel van C Straus Brink Argitekte

ontwerp en is in 1957 voltooi. Nog 'n ondubbelsinnig Moderne gebou

met impliseerde verwysing na die Brasilië-styl. Hoewel ekspressief

van struktuur en funksie is die ontwerp meer pragmaties en daarom

meer Pretoriaans as die Vleisraad of Provinsiale Administrasiegebou.

Die gebou beset die straathoek volledig en beplanting dra by

tot die sypaadjie in Bosmanstraat.

ADRES Skinnerstraat 149, h/v Bosman

ERFNOMMER 2960 – Blok 14

HUIDIGE GEBRUIK Kerk: Cathedral of the Sacred Heart

Kyk Skinnerstraat

ADRES Visagiestraat 152, h/v Bosman

ERFNOMMER 689 – Blok 13

HUIDIGE GEBRUIK Kantore en die Nywerheidshof: Continentalgebou,

Kyk Visagiestraat

ADRES Visagiestraat 139, h/v Bosman

ERFNOMMER Deel van 900-905, 909-912 – Blok 19

HUIDIGE GEBRUIK Ongebruik: Munthuis, Kyk Visagiestraat

ADRES Bosmanstraat 449, h/v Minnaar

ERFNOMMERS 913-914 – Blok 19

HUIDIGE GEBRUIK Ambulansdienste

'n Kompleks in 'n U-vorm teen die straat, met 'n binneplein oop na

die weste. Teen Bosmanstraat is 'n dubbelverdiepingvleuel:

simmetries om die middel, waar die noodvoertuig-uitgange in 'n

profileerde argitraafraam, 'n skaapboudgewel en 'n lanternspits op

die nok. Wes van dié gebou loop twee eenderse vleuels aan die

noorde- en suidekant om die binneplein. Die siersteenmure is nou

geverf en balkonne is teruggesit van die dakoorhang. Houtskuifraamvensters,

hout- en granolietvloere, houtplafonne regdeur.

Die gebou is as brandweerstasie in 1912 (hoeksteen) opgerig en is

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!