02.05.2013 Views

View/Open

View/Open

View/Open

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

6 ESSAYS

6.1 PRETORIA: SUIDWESTELIKE KWADRANT - GERRIT JORDAAN

Gerrit Jordaan verwerf grade in Boukunde en Argitektuur aan UPE en 'n Meestersgraad in

Stadsontwerp aan Wits. Hy is verbonde aan die firma Holm + Jordaan + Holm, argitekte en

stadsontwerpers, wat nou betrokke is by bewaring en die stadsomgewing.

Stadskonteks en historiese agtergrond

Die suidwestelike kwadrant word gekenmerk as oorwegend staatsinstansies, stadsraadsdienste en diensnywerhede.

Met die nabyheid van die stasie en die goederewerf skep dit 'n baie sterk nywerheidsgerigte

atmosfeer en karakter. Die staatsgerigte karakter van hierdie kwadrant begin selfs by Kerkplein waar die

suidwestelike hoek uitsluitlik staats- en provinsiale instellings bevat. Min behuising kom in hierdie kwadrant

voor en die naglewe is beperk tot 'n paar nagklubs en restaurante. Die plasing van die stadsaal met

Pretoriusplein en die staats- en semi-staatsgeboue daarom verskaf aan hierdie kwadrant saam met die

stasie 'n mate van statigheid langs Paul Krugerstraat. Hierdie karakter verander baie vinnig na industrieel en

diensnywerhede. Met die “skoonmaak” vir die Skinnerstraatpadskema is dit duidelik dat die suidelike

gedeelte van hierdie kwadrant in die toekoms permanent vanaf die sentrale gedeelte afgesny sal wees.

Plekstruktuur

Die plekstruktuur word deur Paul Krugerstraat, Kerkstraat, Steenovenspruit en die spoorwerf langs Salvokop

begrens. Spoorwegeiendomme modifiseer die ruit in 'n mindere mate maar die rand wat daardeur geskep

word en die beperkte interfase het 'n groter invloed op die perseptuele aspek as op die stadsorde.

Steenovenspruit as natuurlike grens van hierdie kwadrant is totaal en al verswelg deur ontwikkelings van

Prinsepark en die Elektrisiteitsafdeling se werkswinkels.

Hierdie kwadrant se domain bestaan soos die res van Pretoria Sentraal uit 'n reghoekige ruitpatroon. Die

ruitpatroon is egter onvoltooid gelaat waar dit die spoorwegeiendomme bereik. Teen die suide van hierdie

kwadrant was daar, behalwe vir die spoorwegreserwes, baie min topografiese vereistes wat die ruit kon

modifiseer.

Weens die beperkte toeganklikheid in hierdie domein veral vanaf die suide is die stadsruit baie verwring om

toeganklikheid te verhoog langs Potgieter- en Schubartstraat. Met die ontwikkeling van Skinnerstraat is dit

baie duidelik dat die stadsorde met die growwer greinpaaie versnipper word.

Wat die breë karakter van hierdie domein betref word dit oorwegend ervaar as 'n plek vir aankoms of dienste

wat gelewer word hetsy industrieel of deur staatsinstellings. Die Pretoriusplein en Stadsaal verskaf egter 'n

groot mate van statigheid. Dit skep ook 'n suksesvolle skakel met die suidoostelike kwadrant deur middel

van die aksiale verwantskap tussen die Stadsaal en die Transvaal Museum.

Wat sentrums betref is die meeste staatsgerig. Die Landdroskantore, RGN sowel as die Ou Munt (wat nou

die Nuwe Kultuurhistoriese Museum gaan word) is daar nie groot sentrums wat duidelik uitstaan in die

kwadrant nie. Meeste van die sentrums is plaaslik van aard en staats- of semi-staats gebonde. Sentrums

soos die Dairy Mall het slegs plaaslike invloed omdat dit oorwegend staat maak op pendelaarbeweging.

Wat landmerk betref is die Stadsaal, Landroskantoor on RGN seker die mees uitstaande. Met die Provinsiale

Administrasiegebou word mens meer bewus gemaak van die pleinomgewing as van die kwadrant self. Ander

landmerke soos Verdedigingshoofkwartier en die Nuwe Tronk word slegs in die verbygaan ervaar. Die

verwantskap met die straat is egter totaal vernietig in die geval van die Verdedigingshoofkwartier. Die

aksialiteit en toeganklikheid na hierdie gebou is vir alle praktiese doeleindes vernietig.

Die Stadsaal as landmerk kom baie goed tot sy reg op Pretoriusplein.

63

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!