02.05.2013 Views

View/Open

View/Open

View/Open

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

deurskemer, lees die resultaat oorwegend Renaissance en eklekties.

28

Naas die argitektoniese waarde daarvan is die sterkste kenmerk van

Baker se stasie die gerigte ligging aan die bo-punt van Paul Krugerstraat;

dit sluit die vista en soek aksiale verband met Kerkplein om

een van die min voltooide straatbeelde in Pretoria te skep. Die krag

hiervan word ondermyn deur die insnyding tussen Railway- en

Scheidingstraat wat die stasieplein as formele aanloop tot die gebou

ontken en die oop ruimte vewater tot 'n verkeersgebied waarbinne

oorblyfsels van die eertydse stasieplein wegdryf. Bron: De Jong, Van

der Waal & Heydenrych (1988); Fransen (1981); Hartdegen (1988);

Musgrove (1987).

'n Deel van Pretoria-stasie teen 1893; die NAZM-stasie het bestaan uit vyf geboue wes van die

bestaande gebou van Baker. Op die foto is die perroningang na die dienstegebou heel links, met

daaragter die dameswagkamer, wagkamer en verversingsgebou

ADRES Scheidingstraat 200, h/v Paul Kruger

ERFNOMMER 982 – Blok 24

HUIDIGE GEBRUIK Hotel: Victoria

'n Dubbelverdieping gebou op die erfgrens met 'n spitstoring wat op

die hoek uitstaan. 'n Hoë stoep op kolomme strek die lengte van die

sypaadjies en om die hoek; daarbo is 'n deurlopende balkon onder 'n

leunsinkdak, ook op kolomme. 'n Geverfde borsweringmuur met

korbelende kroonlys versteek die geute van 'n sinksaaldak wat

ingehou word tussen eenvoudige spitsgewels en gekroon is met 'n

nokrandlys tussen nokentruiters. Letters wat die hotel se naam spel

is aan Scheidingstraat op dié nokrant. Twee gewels na die suide en

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!