02.05.2013 Views

View/Open

View/Open

View/Open

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die toegange is bates en behoort as sodanig beskou en gemaak te word sodat die visuele drama van

betreding tot in die stad geneem word. Op die oomblik verloor beide die toegange deur die Fonteinevallei

feitlik alle belang waar hulle by die stad aansluit – op punte wat deur “funksionele” padbeplanning

fragmenteer is.

Die swakste toegange is vanaf die weste. Hulle toestand is veral te wyte aan die verwydering van die stadsweefsel.

Alle toegange het hulle potensiaal behou. Toekomstige ontwerp en stadmaak moet hulle in ag

neem.

Dieselfde kan van die riviere en hulle oewers gesê word. Hulle is meer afgeskeep as die heuwels en die

toegange, maar bly steeds werklike stedelike elemente wat met min koste en ongemak tot groot voordeel

van die stad en sy inwoners ontwikkel kan word. Hierdie voorstel is so oud soos die heuwels en onnodig om

hier te herhaal, behalwe om daarop te wys dat die moontlikheid nog nie ondersoek en uitgevoer is nie.

Oop ruimte

Die staduitleg is direk en eenvoudig 'n intellektuele en traditiewe voetspoor afgedruk oor die natuurlike. Die

ruit volg die rigtings van die twee hoofstrate wat in die middel kruis en waar 'n plek of plein gemaak is. Die

stadsrand volg die patroon van die natuurlike elemente soos die heuwels en riviere.

Geskepte oop plekke komplementeer die natuurlike. Hiervan is die belangrikste Kerkplein en Burgerspark

wat hulle argitektonies-stedelike kwaliteit bly behou het. Pretorius- plein, die Stasieplein, Sammy Marksplein

en die Staatsteaterplein beskik verder oor die potensiaal om vername stedelike ruimtes te word – meestal

deur eenvoudig riglyne vir die ontwikkeling daarom neer te lê, eerder as om groot onkostes aan te gaan om

dit te bereik. Moontlik het stadige groei-tot-stad vandag die uitgangspunt geword, in plaas van die Moderne

ontwerp-tot-stad. Aandag is veral nodig om die Stasieplein tot sy reg – as plek en toegang – te laat kom.

Onverwagse stedelike ruimtes van betekenis is die suidelke strek van Paul Krugerstraat tussen stewige

gebouwande asook Minnaarstraat (tussen Van der Walt- en Prinsloostraat) en Boomstraat (tussen Paul

Kruger- en Du Toitstraat) wat deur boomwande ingesluit word. Hierby kan die oop ruimtes om godsdienstige

geboue gereken word: Krugerkerk, Grootekerk, Du Toitstraatkerk, St Alban's Katedraal, Katedraal van die

Sacred Heart, die ou Sinagoge. In teenstelling hiermee is die oop ruimtes om die Reserwebank en die

Poskantoorgebou in Vermeulenstraat. Hulle verduidelik nie die stadskonsep nie, maar trag hulleself te

verwyder daarvan.

Kwadrante

Kerkplein, wat om praktiese, redes as geheel beskou is as deal van die suidoostelike kwadrant, bly

argitektonies en stedelik die hart van Pretoria, en dit ten spyte van die doelgerigte (?) kommersiële

ontwikkeling na die ooste wat baie van die bedrywighede weglok. As 'n enkele plek is die plein en sy wandgeboue

van groot waarde. Dit word ook grafies duidelik wanneer hierdie geboue aan die kriteria getoets

word.

Die suidoostelike kwadrant is 'n digbeboude gebied wat gevoed word met die lewe van Sunnyside. Die

werklike en potensiële kwaliteit van Pretoria word hier die duidelikste gestel, veral in die verskeidenheid van

geboutipes – skole, kerke, besighede, woonplekke – wat saam met skerp omlynde oop ruimtes, kragtige

toegange en natuurlike rande 'n betekenisvolle geheel weef. Dit is die deel van die stad wat die beste

bewaar en onderhou is, waar ouer plekke eerder herbruik as vervang word.

Afgesien van die geboue uit die ZAR-era word die internasionale strewes van die twintigste eeu

verteenwoordig in plekke wat die Brasilië-skool, die tuisgemaakte Deco en die Moderne najaag. Die gebied

word gekenmerk deur 'n wisselwerkende en samehangende beeld.

Die noordoostelike kwadrant bevat elemente wat 'n stewige en onmiskenbare bydrae tot die bekende en die

projekteerde omgewing maak – of hulle nou van besondere historiese of argitektoniese belang is of nie. Dit

is juis binne die plaaslike realiteit en droom waar die sleutel tot die kwaliteit van enige omgewing te vinde is,

en nie slegs in die modeboeke van wêreldetrewes en -style, of ouderdom nie.

Die gebied is opmerklik minder dig en minder doelgerig bebou as die deel van die middestad net suid

daarvan oorkant Kerkstraat. Dit is die gevolg van die natuurlike of gedwonge groei suidoos, die metodiese

46

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!