02.05.2013 Views

View/Open

View/Open

View/Open

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

gee. Bo die verandadak word hierdie indeling gestuit onder 'n

dubbele, korbelende kroonlys, net om weer opgeneem te word in

vertikaalgespitsde staalprofiele. Die gebou is helderkleurig geverf en

die plint en dado is met teëls geaksentueer.

'n Klein, nuwe gebou wat hom steur aan die verband tussen straat

en gebou. Dit is 'n eenvoudige konstruksie wat slim afgewerk is en

saam met Dairy Mall kleur terugbring na die middestad en die

kommersiële potensiaal van argitektuur ten goede uitbuit. Ontwerp

deur Frame en Lampropoulos, argitekte.

ADRES Jacob Maréstraat 149, h/v Bosman

ERFNOMMER 2833 – Blok 27

HUIDIGE GEBRUIK Kommersieel en minibustaxi-staanplek:

Dairy Mall

Ou industriële store en fabriek met nuwe geboue saamgevoeg tot

pendelaar- en verkoopsplek. 'n Groot buiteruimte tussen die

noordelike en suidelike dele strek tot teen Bosmanstraat waar

afdakke vir 'n informele straatmark voorsiening maak. Minibustaxis

gebruik hierdie plein tot teen die uitgang in Jacob Maréstraat. Kleur

en uithangborde versoen toebehore van die vorige funksie met die

huidige kommersiële. Die geboue is dubbelverdieping, van

verskillende siersteen en met samevoegings en improvisasies van

sinkdakke.

Die belang van Dairy Mall (vroeër 'n roomysfabriek) is naas die

ooglopende ekonomiese en sosiale waarde ook stedelik, waar dit 'n

plek maak vir stedelike aktiwiteit en as fasiliteerder optree vir 'n

verskeidenheid funksies. Die lewensvatbare hergebruik van

bestaande strukture en die integrasie met die kommersiële tekstuur

daarom maak 'n bydrae tot 'n deel van die stad wat lank geen

deurdagte ontwikkeling geken het nie. Hierdie voorbeeldige houding

bewys dat die mens se plek in die stad nog nie verlore is nie, maar

selfs versoen kan word met dié van die motorkar. Die nuwe geboue

en herbenutting is in 1988 deur die firma Meiring Van der Lecq

Thomas en Ronga gedoen. Bron: Meiring Van der Lecq Thomas en

Ronga, argitekte.

ADRES Bosmanstraat, net suid van Dairy Mall, en

Jacob Maréstraat 9

ERFNOMMERS 2788 en 2891 – Blok 27

HUIDIGE GEBRUIK Parkering en ongebruik

Erf 2788 lê tussen die spoorlyne en die geboue van Dairy Mall. Dit is

'n onontwikkelde grondoppervlak wat oorloopparkering aan huurmotors

en staanplek vir handelaars bied, wat reeds daarop dui dat

dit uitbreiding van die kommersiële aktiwiteite kan akkommodeer.

Vanweë die ligging behoort dit geïnkorporeer te word in die

ontwikkeling wat rondom die stasie beplan word.

26

Erf 2891 huisves 'n groep industriële geboue met saagtanddakke, 'n

kantoorgebou teen Jacob Maréstraat en store. Die aktiwiteite van

Dairy Mall het reeds hierheen uitgebrei sodat nywerhede hier

onwenslik geword het. Die ekonomiese potensiaal van die geboue is

van belang en die dubbelverdieping kantoorgebou met sentrale

ingang tussen geronde teëlhoeke is van mindere argitektoniese

waarde. Die perseel behoort ondersoek te word vir toepaslike

hergebruik.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!