02.05.2013 Views

View/Open

View/Open

View/Open

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

4.4 SKINNERSTRAAT

17

Skinnerstraat is vernoem na William Skinner wat hom na 1852 in die

Transvaal gevestig het. Saam met die Devereux-broers het hy onder

andere Andries Pretorius se plaashuis gebou, Kerkplein help uitmeet

met J Visage (kyk Visagiestraat) en die eerste kerk, tronk, skool en

Raadsaal opgerig. Hy was ook Stadsraadslid en landdros vanaf

1867 tot 1878 (Andrews & Ploeger gee ander datums).

Daar heers steeds onsekerheid oor die toekomstige voorkoms van

hierdie straat waarvan die noordewand vanaf Du Toitstraat en die

Apiesrivier weggeskil is om die agterkante van geboue in

Schoemanstraat bloot te lê. 'n Nuwe wand, langs 'n nuwe straat sal

hopelik die wond herstel. Aan die suidekant, wat blykbaar nie deur

die straatverbreding geraak sal word nie, is daar 'n kort stukkie met

belangrike stadsweefsel wat die straat as ruimte begrens, landmerke

geword het en geskiedenis in pag hou. Hier is die Cathedral of the

Sacred Heart en Loreto Convent alles binne een blok.

Aan die westekant draai die straat tussen die bome langs

Steenovenspruit weg na Mitchellstraat in Pretoria-wes. Bron:

Andrews & Ploeger (1989); Beyers (1987).

ADRES Skinnerstraat 149, h/v Bosman

ERFNOMMER 2960 – Blok 14

HUIDIGE GEBRUIK Kerk: Cathedral of the Sacred Heart

Rooms-Katolieke katedraal teruggesit vanaf die straathoeke om 'n

voorplein teen Skinnerstraat en 'n klein ommuurde tuin teen

Bosmanstraat te maak. Buitemure is met terrazzoteëls beklee wat

aan die gebou 'n eenvormige tekstuur en kleur – in nabootsing van

sandsteen – verleen. Die dubbele hoofingang is aan die noordekant

tussen twee stomp torings waarop piramidale spitspunte en onder 'n

verdeelde glasvenster wat die voorgewel oorheers.

Die fasades is geleed deur middel van vertrappende steunbere wat

tot by die daklyn, wat met lyswerk en blinde boë versier is, klim.

Tussen die bere is hoë puntboogvensters waarin twaalf aspekte van

Christus se lewe in loodglas uitgebeeld word. Dit is 'n swaar

introspektiewe gebou wat die buitelewe afsluit.

Die katedraal is in 1932 (argiteksplan) tot 1933 (hoeksteen) opgerig

na die ontwerp van BJ Clinch wat in 1950 ook die kruisbeuk

aangebou het. Die huidige noordaansig dateer vanaf 1965 en is die

werk van G Mark Hussey, Van Rensburg en Assosiate. Hulle het ook

'n galery en bieghokkies in die noordelike gedeelte ingerig – wat 'n

klein ingangsportaal met lae plafon tot gevolg het. Van hier 'n trap na

die galery.

Die binneruimte is hoog en oop, mure is van rooi sandsteen en die

swaar plafon van hout. Ook aan die suidekant is 'n groot glasvenster

waarin die kruisiging uitgebeeld word. Die altaarruimte is verhoog;

hiernaas is die Maria-kapal. Die doopvont staan in die oostelike punt

van die kruisbeuk. Die Katedraal is 'n stedelike landmerk langs

Skinnerstraat. Bron: Planafdeling, Stadsraad van Pretoria.

ADRES Skinnerstraat 105

ERFNOMMER 2923 – Blok 14

HUIDIGE GEBRUIK Skool: Loreto Convent

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!