02.05.2013 Views

View/Open

View/Open

View/Open

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die skakels in hierdie kwadrant is soos in die ander kwadrante deur middel van soomontwikkelings langs

Paul Kruger- en Kerkstraat, poorte teen die suide en minimale skakels oor die Steenovenspruit teen die

weste. Die mees prominente en belangrikste skakel is die Potgieterstraatingang wat aansluit by die Ben

Schoemansnelweg. Weens die padverbredings en brûe wat geskep is, is hierdie skakel visueel prominent.

Die gebrek aan skakels na die suide en weste het uit die aard van die saak die ontwikkelingspotensiaal langs

hierdie twee grense gestrem.

Meeste van die oos-wes roetes is deurlopend, terwyl die noord-suid roetes uiters beperk is. Die gebrek aan

deurlopendheid het 'n direkte invloed op die ontwikkeling van die kwadrant weens die stremming van die

toeganklikheid.

Stadsruimtes

Pleine en oop ruimtes

Die enigste pleine en oop ruimtes wat werklik leesbaar is, is Pretoriusplein, Kerkplein en die Stasieplein. Die

ander oop ruimtes soos by dieRGN-gebou bestaan hoofsaaklik uit 'n gemodifiseerde straatwand. By die

Landroskantoor is die stadsruimtes totaal ingesluit weens die sekuriteit en daarom is die straatwand interfase

met die gebou baie beperkend. Ander stadsruimtes in hierdie kwadrant is oorwegend swak ontwikkel (soos

by Bosmanstraatstasie).

Verder is die straatwand interfase en straatruimtes in hierdie kwadrant baie divers. Vanaf Paul Kruger- tot by

Schubartstraat is die straatwand definisie intens, kanaalvormig en 'n positief. Vanaf Schubartstraat word die

straatwand definisie divers en by plekke selfs totaal gebroke.

Die Skinnerstraat “niemandsland” versnipper die noord- en suidstraatrandkontinuïteit totaal. In die noord-suid

rigting is die straatwand definisie baie duidelik homogeen en positief tot by Skinnerstraat waarna 'n meer

diverse straatdefinisie ontstaan, behalwe by Paul Krugerstraat.

Natuur en oop ruimtes

Die enigste natuurgerigte oop ruimtes in hierdie kwadrant is Steenovenspruit en Pretoriusplein. Pretoriusplein

se natuurkomponent is relatief min terwyl die Prinseparkontwikkeling langs Steenovenspruit vir alle

praktiese doeleindes vernietig is. Alhoewel die Steenovenspruit gedeeltelik boomryk is, is daar geen sprake

van bruikbare oop ruimtes nie.

Die boomstruktuur langs die strate bestaan in sekere strate soos Bosman-, Visagie- en Schubartstraat nog.

Die ander strate kom egter baie hard voor met baie min beplanting. Daar is wel sekere uitsigte vanaf hierdie

kwadrant wat die rante in direkte visuele kontak met die kwadrant plaas.

Gevolgtrekkings

Behalwe vir die Skinnerstraatdeurpadskema en ander padverbredings is daar baie min grootskaalse planne

in hierdie kwadrant. Die moontlike toekomstige stasieprojek sal wel die suidelike rand van hierdie kwadrant

aanspreek. Alle onlangse ontwikkelings in hierdie kwadrant was grotendeels staatingrypings of nuwe stadsinstelings.

Met die ontwikkeling van die museumkomponent bleik dit of hierdie tendens sal voortduur. 'n

Doelgerigte poging sal aangewend moet word om die Westelike kwadrante van Pretoria sentraal sinvol met

Pretoria-Wes te skakel. Alhoewel Pretoria nog steeds in die toekoms na die ooste sal neig, is daar, op

stedelike skaal, min insprirerende aksies wat die westelike kwadrant van Pretoria aanspreek.

Met die groot hoeveelheid spoor- en padverbindings na hierdie kwadrant sal die diens- en nywerheidskomponent

hoog bly. Die grootste enkele gebrek in hierdie kwadrant is die gebrek aan visie om die westelike

gedeelte van Pretoria effektief te probeer ontwikkel. Dit bleik asof slegs deurpaaie geskep word sonder om

die toeganklikheid op plaaslike vlak te verhoog.

15 Februarie 1993

64

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!