02.05.2013 Views

View/Open

View/Open

View/Open

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

10

vermeng om uitdrukking te vind op die fasade na Pretoriusstraat. Die

uitgangspunt is hoofstedelik en daar is talle vewysings na die Paryse

voorbeelde. Die suidelike vleuel is 'n latere aanbouing, hoewel

gepoog is om 'n homogene geheel te skep deur kopiëring van detail.

Om die huidige funksie te akkommodeer word talle kenmerke van

die interieur versteek (van die kaggels is toegebou), maar die

grootste deel van die gebou is in 'n redelike toestand en is as geheel

herstelbaar. Daar is reeds sprake van restourasie.

Die gebou is 'n landmerk, 'n argitektoniese sowel as 'n kulturele

meesterstuk, is naasliggend aan die gebied beskerm deur die

Kerkpleinwet en behoort ten alle koste bewaar en in die

toekomsbeplanning verweef te word. Bron: Kuijers & Smit (1985); Le

Roux en Holm (1989); Meiring (1980); Picton-Seymour (1977).

Pretoriusstraat teen c1904. Regs is die Volkstem- en Compolgebou; die oorspronklike

Savelkoulgebou op die hoek met Paul Krugerstraat (vroeër Markstraat) is net regs van die straat

sigbaar

ADRES Pretoriusstraat 159, h/v Volkstemlaan

ERFNOMMER 456 – Blok 5

HUIDIGE GEBRUIK Werkswinkel: Polisiemuseum (Die Volkstemgebou)

Enkelverdieping gebou op erfgrense, L-vormig om die hoek van

Volkstemlaan en Pretoriusstraat. Borsweringmure op straatkante,

platdak met oorhang na binneplaas. Die oorspronklike ingang (nou

toegebou) het 'n gewel en pendentief op toskaanse kolomme skuins

op die straathoek met die inskripsie “De Volkstem 1873”. Mure van

geverfde, gepleisterde baksteen, aan straatkante wye boë met

sluitstene en pilasters as tussenstukke. Vensterrame tans van staal,

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!