02.05.2013 Views

View/Open

View/Open

View/Open

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

verwydering van mense wat eens bepalend vir die plekgees was, die verwydering van hulle geboue of die

redes vir geboue in die gebied, en die sigbaar onbeplande hernuwing en heropbouing van die stedelike

weefsel. Groot oop plekke, dikwels in onbruik of tydelike gebruik, wissel in teenstelling en sonder rede met

skielik hoë, groot en belangrike strukture af. Hier kom geboue uit alle eras van die stad se geskiedenis voor,

maar nêrens word 'n koherente beeld van enige van hierdie tydperke geskep nie. Die stedelike, historiese,

argitektoniese, en sosiale kontekste is uittand gelaat met die gevolg dat die oorheersende indruk een van

stedelike laisez faue is. Al hierdie beteken nie dat die deel van die stad dood en in onbruik lê nie. Veral

informele handel is besig om die verbinding tussen Boomstraat an Kerkstraat te herknoop, dit ten spyte van

die werklik swak toestande van sypaadjies en die gebrek aan beskerming teen die elemente in die gebied.

In die noordwestelike kwadrant meng voorstedelike elemente met die eg stedelike en manifestasies van die

burokratiese met die kommersiële. Geboue uit alle fases van die stad se groei kom voor, en is 'n aanduiding

van potensiaal én kompleksiteit, maar word ondergrawe deur die grootste konsentrasie van oop erwe in die

middestad. Hierdie leemtes ontneem die kwadrant van 'n stewige struktuur en saambindende elemente.

Groot ontwikkelings en waardevolle geboue word begrens deur onverbeterde erwe, wat nie net visueel

afbreek doen nie, maar ook die stad funksioneel en ekonomies benadeel. Die langtermyninvloed van hierdie

vervangingsvertraging is leesbaar in die geboue, waar onderhoud en opknapping dikwels agterweë gelaat is.

Die handel en verkeer van Marabastad is 'n bate vir die gebied en stimuleer veral die noorde van die

kwadrant. Hierdie kontak is essensieel vir die voortbestaan van die waardevolle elemente hierlangs. Meer

belangrik is dat dit 'n sinvolle aansluiting met die sentrale middestad moet vind,'n proses wat die onderbroke

groei van die kwadrant weer momentum kan gee.

Die sterkste enkele faktore in die noordelike gedeelte van die middestad bly die natuurlike. Mens bly

deurentyd bewus van die heuwelrif en die topografie met die resulterende sluiting van vistas en die skepping

van stedelike plek, en dit ten spyte daarvan dat die stad se eenrigtingstrate dikwels hulle rûe soontoe keer.

Mens bly heeltyd bewus van die belang van twee van die stad se mees afgeskeepte, maar potensieel

waardevolste elemente: die Apiesrivier maak hier 'n wye boog, arm die stad daarin en draai wes weg deur

die dieretuin en verby; die Steenovenspruit loop noord om naby Belle Ombrestasie by die Apiesrivier aan te

sluit. Moontlik is hierdie natuurlike kenmerke duidelike rigtingwysers vir die toekoms. As hulle na al die jare

en al die miskenning nog die sterkste karakterelemente bly, moet ook die toekomstige kwaliteit van die stad

dalk in, om of deur hulle gesoek word.

Eienskappe van die suidwestelike kwadrant is die onsekere pogings tot stadmaak en onstuitbare verval.

Toegange uit die suide en weste ontmoet die middestad op plekke waar dit wil voorkom asof paaie gemaak

word totdat besluite geneem kan word. Die eerste indrukke word nêrens gewysig nie.

Oop ruimtes is selfs rneer onaanvaarbaar as in die kwadrant noord van Kerkstraat omdat daar nie eens

politieke redes vir hulle voorkoms bestaan nie. Groot dele is onbereikbaar afgekamp vanaf strate, strate wat

nie stedelike ruimtes is nie, maar verbindings tussen punte buite die gebied. Veral Visagiestraat en die

kleiner tussenstrate gaan mank aan wandlewe. Paul Krugerstraat, 'n deel van Bosmanstraat en die stadsaal

op Pretoriusplein skaar hulle by die ooste; hiernaas vervaag die belang van die gebied en sy skakeling met

Pretoria as geheel. Tog beskik hierdie kwadrant oor vele plekke wat gemaklik en ekonomies sinvol herbenut

kan word.

Elemente

Plekke en geboue wat as goeie voorbeelde uit die verlede en rigtingwysers vir die toekoms beskou word,

word op Figuur 5.2 aangedui. Die belangrikste groeperings kom op en om Kerkplein en in die suidelike helfte

tussen Pretoriusplein, Burgerspark en die stasie voor. Ander is redelik reëlmatig deur die hele stad versprei.

Op die oog af is daar min plekke of groepe geboue wat van internasionale argitektoniese waarde is – dit het

uit die studie duidelik geword. Hierdie opmerking is egter nie van deurslaggewende belang in die bepaling

van die kwaliteit van die stad nie. Van groter betekenis is die enigheid daarvan, 'n enigheid bepaal deur 'n

argitektoniese en stedelike stelling gebaseer op 'n eie stel waardes – kultureel en geografies – wat 'n ryk en

artikuleerde vesel tot gevolg gehad het.

Pretoria had 'n goeie verlede en verdien 'n ewe goeie toekoms. 'n Dwingende raamwerk bestaan steeds.

ldentifiseer en aanvaar, bied dit al die riglyne vir die betekenisvolle invulling daarvan tot stad en hoofstad.

47

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!