02.05.2013 Views

View/Open

View/Open

View/Open

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

is soliede mure oor die nege verdiepings waarin geverfde betonbalke

en die struktuur op straatvlak wys. Suid word die ingevulde

struktuur ook rigied ingedeel met ononderbroke horisontale staalraamvensters

net onder die blad en smal vertikale vensterbane.

'n Eertydse hotel wat omskep is vir die huidige gebruik. Die gebou

spreek nog die straathoek, nog die sypaadjie aan, maar staan

ongeerg daarvan terug. Die vryheid van die laat Modernisme is

sigbaar in die struktuur op die dak, maar word tot funksionele

verantwoording geroep in die res van die gebou. Die uitstaande

kenmerk daarvan is dat dit 'n hoë wand na die Stadsaal draai en so

die oop ruimte daarom inperk.

ADRES Visagiestraat 139, h/v Bosman

ERFNOMMER Deel van 900-905, 909-912 – Blok 19

HUIDIGE GEBRUIK Ongebruik: Munthuis

Woonhuis in groot (eertyds formele) tuin, enkelverdieping en van

siersteen in Engelse verband en met leiklip skilddak. 'n Sentrale

stoep op voorafvervaardigde kolomme aan die noordekant, houtraamvensters

met hortjies en houtdeure na buite. Die huis lê om 'n

binnehof, die gevolg van aanbouings aan die suidekant, waar staalraamvensters

gebruik is. Binne is houtvloere en kaggels. Buitegeboue

(motorhuis en kamers) suidwes van die huis.

Die huis is vroeër bewoon deur die direkteur van die Munt. Dit is in 'n

redelike toestand, maar benodig aandag. Die waarde is

kultuurhistories en argitektonies; saam met die tuin is dit 'n

aangename plek wat verdien om gebruik en geniet te word.

ADRES Visagiestraat 105, h/v Schubart

ERFNOMMER Deel van 900-905, 909-912 - Blok 19

HUIDIGE GEBRUIK Ou Suid-Afrikaanse Munt

22

'n Strak gebou van die straat teruggesit en daarvan geskei deur 'n

heining. Die grondvlak tree terug agter kolomme wat die basis vorm

en die fasades eweredig indeel, met 'n deurlopend geponsde band

daarbo – alles afgewerk in glasuurde teëls. Die noordelike vleuels

huisves kantoorvlakke langs 'n sentrale volume om die ingang; in die

suide is produksie- en bergruimtes.

Die gebou is in 1968 ontwerp daur Interplan, argitekte, en is in twee

fases voltooi waarvan die laaste in 1976. Dit dateer uit die tydperk

van laat Modernisme en plaaslike optimisme; hier word die

funksionele gerig deur 'n formalisties formele benadering wat kan dui

op die bedoelde gebruik en status daarvan. Hierdie gebou het die ou

Royal Mint vervang wat op dieselfde terrein was en waarvan twee

woonhuise behoue gebly het (kyk Minnaarstraat 130 en Visagiestraat

139). Sedert 1991 word die Suid-Afrikaanse Muntmaatskappy

in Midrand gehuisves wat die gebou beskikbaar laat vir hergebruik.

Toekomstige gebruike sal moet rekening hou met die afstand wat die

gebou fisies en visueel van die straat handhaaf. Bron: Interplan,

argitekte; KWP Argitekte.

ADRES Visagiestraat 81-95, tussen Schubart en

Potgieter

ERFNOMMERS 897-899, 906-908, 1104-1106, 1125-1127 –

Blok 20

HUIDIGE GEBRUIK Staatsgarage, Pretoria

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!