02.05.2013 Views

View/Open

View/Open

View/Open

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

4.13 POTGIETERSTRAAT

42

Die krag van Potgieterstraat as 'n poort tot die stad vervaag waar dit

onderdeur die treinspoor duik om die middestad in te gaan. Suid van

die spoor bied die ingangsroete blikke oor die stad, waarna dit onder

bome die straat bereik. Die ou tronk is nou ongelukkig funksioneel

gemasker, maar die histories belangrike militêre geboue baken die

ou grens van die stad met sekerte.

Noord van die spoor is daar 'n ongemaklike en onseker aansluiting

langs Schubart- met Jacob Maré en Minnaarstraat waarvan 'n

verlore entjie skielik weer verskyn en verdwyn. Die hoë geboue van

die stad is sigbaar. Van hier loop die straat teen die bult af en tussen

'n versameling geboue en straatmure deur wat faal om die ruimte te

belyn. Die swak wande word verder weggevreet deur teruggesette

motorhawens by vele straathoeke. Die motorhawens en motordienste

breek ook die boomlanings sonder patroon, rede of simpatie.

Onbeplande terugsettings, ooptes, materiale, vorms, groottes, kleure

en tydelike hernuwings wedywer om eie aandag en vernietig die

straat. Sypaadjies is onnet en onversorg. Hierdie wartaal trotseer

stedelike betekenis.

Op die eerste kaarte van Pretoria is die straat naamloos. Dit het

miskien nog nie bestaan nie óf moontlik was daar twyfel of 'n straat

in Pretoria, wat na Andries Pretorius heet, na Hendrik Potgieter met

wie hy nie goed oor die weg gekom het nie, genoem sou kon word.

Potgieter het net deur die gebied van Pretoria na Schoemansdal

getrek. Bron: Andrews & Ploeger (1989); De Kock (1968).

ADRES Pretoriusstraat 52, h/v Potgieter

ERFNOMMER 2982 – Blok 2

HUIDIGE GEBRUIK TOD-Streekkantoor, Noord-Transvaal

Kyk Pretoriusstraat

ADRES Potgieterstraat 313

ERFNOMMER Deel van 538 – Blok 12

HUIDIGE GEBRUIK Stoor

Langwerpige, enkelverdieping gebou teen Potgieterstraat met

geribde plaatmetaal platdak, gepleisterde baksteenmure. Die

simmetriese straataansig toon enkele sierelemente, waaronder 'n

boog oor sentrale deur en kolomme op plinte weerskante van beide

vensteropenige. Die plinte was vroeër, tesame met die boog en kantmure,

tot op deurhoogte siersteen, maar is nou geverf. Die

oorspronklike vensterrame is vervang met staal- en aluminiumrame.

Twee voorvertrekke het persstaalplafonne, die res sonder plafon met

betonvloer in swak toestand.

Die gebou was voorheen 'n saal en het nog 'n verhoog en klein

kelder daaronder. Die gebruik as pakhuis noodsaak 'n groot staaldeur

op die noordemuur en instandhouding strek net sover as wat 'n

stoor vereis. Van die vermengde koloniale styl op straataansig is min

binne sigbaar. Die gebou is met moeite herstelbaar en is slegs van

historiese waarde. Dokumenteer fotografies.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!