02.05.2013 Views

View/Open

View/Open

View/Open

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

dieselfde firma) is in aspekte van die beplanning sigbaar. Die

kontekstuele aansluiting met die Pretoriusstraat-vallei word

ondergrawe deur die oopheid van die straatplein en aantrede. Twee

toekennings vir die aanwending van betontegnologie is aan die

ontwerpers gemaak. Bron: Klaus Schütte, Samuel Pauw Argitekte.

ADRES Pretoriusstraat 137, h/v Schubart

ERFNOMMER Deel van 449 – 454 – Blok 6

HUIDIGE GEBRUIK Landroskantoor

12

Drieverdieping gebou met hofsale en gange om binnehowe. Na buite

'n eenvoudige blok onder kroonlys, en met sentrale portiek – 'n

pediment op gegroefde doriese kolomme – na Pretoriusstraat. 'n

Soortgelyke portiek is op die suidwestelike hoek en 'n gewelmuur

van dieselfde proporsies op die noordwestelike. Noord- en

wesfasades met marmer beklee, en buite 'n argitraafraam en

siermotief om 'n venstergroep is die oostekant van siersteen. Op die

gondvloer is geboë vensters en deure met gekerfde boligte; boonste

vloere met vierkantige houtrame waar-binne staalrame. Die gebou is

gelig op 'n plint en teruggeplaas vanaf die straathoek en 'n

staalprofielheining en nuwe sekuriteitsingang is later teen die

sypaadjie opgerig. Sonbeskerming van dieselfde materiaal as die

heining is ongelukkig teen die westelike fenestrasie aangebring.

Die ontwerp word toegesê aan FW Mullins van die DOW en is in

1942 voltooi. Die belang lê by die amptelike status van die gebou.

Bron: Brink Stokes Marais & Moolman, argitekte; Daneel Smit &

Vennote, argitekte; Walker (s.a.).

ADRES Pretoriusstraat 52, h/v Potgieter

ERFNOMMER 2982 – Blok 2

HUIDIGE GEBRUIK TOD-Streekkantoor, Noord-Transvaal

'n Reeks klaskamers, kantore, werkswinkel en saal om binnehowe

uitgelê en effe terug van die hoek geplaas. Klipplinte, siersteenmure

met uitgedrukte voeë, (nou) staalraamvensters en sinkdakke. Die

suidelike, enkelverdieping vleuels met kristallyndak om 'n leunstoep

te akkommodeer; 'n dubbelverdieping vleuel tussen binnehowe en

noord 'n ry werkswinkels.

Die hoeksteen lees “10 Augustus 1910, Departement Publieken

Werken Transvaal”. Die skool was eers bekend as De Westeind

School, later as Langenhoven Skool en Bellevue Spesiale Skool.

Daar was reeds sprake van sloping en onderhandelings is

aangeknoop met die Gereformeerde Kerk wat die terrein vir

parkering sou benut. Dié plan is egter nie tot uitvoer gebring nie. Ten

minste die suidelike en oudste deel behoort bewaar te word vanweë

kultuurhistoriese en argitektoniese belang. Die goeie toestand

daarvan verseker dat die gebou kommersieel herbruikbaar is, selfs

sou die huidige funksie verval. Bron: A Erasmus, Gereformeerde

Kerk; TOD, Noord-Transvaalse Streekkantoor.

ADRES Pretoriusstraat 29

ERFNOMMER 440 – Blok 8

HUIDIGE GEBRUIK Woonhuis

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!