02.05.2013 Views

View/Open

View/Open

View/Open

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die geboue was vroeër deel van die Andries Pretoriusskool

(dokumentasie verlore, oprigtingsdatum onbekend) en later Pretoria

Central Technical High School. Die laboratoriumgebou was

waarskynlik eers 'n woonhuis waarby later aangebou is (kyk foto

hiernaas). Dit is ouer as die skoolgebou en ook in die swakste

toestand, hoewel dit aan min onderhoud te wyte is. In die suide is

die (voorafvervaardigde) werkswinkels reeds gesloop, sodat die

terrein swak daar uitsien. Die geboue wat oorbly is redelik

ongeskonde en die hele kompleks het, naas die kultuurhistoriese,

ook ekonomiese waarde. Hergebruik behoort ondersoek te word om

dié waardevolle plek in die toekoms te integreer by die stedelike

vesel, en om aan te sluit by die ewe-historiese store regoor

Schoemanstraat (Schoeman-straat 84 en 86, erf 2687).

Dokurnenteer volledig.

ADRES Schoemanstraat 84 an 86

ERFNOMMER 2597 – Blok 7

HUIDIGE GEBRUIK Store

Schoemanstraat 84 teen die sypaadjie met eenvoudige sinksaaldak

oor dubbelverdieping en gewelmure van siersteen in Engelse

verband, geverf op plekke. 'n Losstaande houttrap noord van die

gebou gee toegang aan die boonste vloer. Staalraamvensters,

gepleisterde lateie op grondvloer, sigbeton ringbalk onder dakoorhang.

Noord op die smal erf 'n stoor (Schoemanstraat 86) van drie

verdiepings, gepleister en geverf. Effens geboogde houtraamvensters

agter staalstaafdiefwering. 'n Kelder, houtplankvloere,

industriële deure waarvan een op staalprofiel skuif en die sentrale

deur onder boog en ronde hortjiesventilatoropening. Sinksaaldak

met dakventilators en noord 'n verdiepinghoë bybouing van

siersteen.

Beide geboue maak 'n indruk met hul eenvoud en goeie toestand.

Die store is beslis ouer as vyftig jaar. Ooglopend is min verander en

die integriteit van die geheel is ongeskonde. Die meerverdiepingindeling

en groot vloerruimte bied 'n goeie geleentheid vir

herbenutting en argitektoniese ingryping. Ondersoek, dokumenteer

en fotografeer.

16

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!