02.05.2013 Views

View/Open

View/Open

View/Open

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

4.5 VISAGIESTRAAT

Wanneer die middestad vanaf die spruit langs Visagiestraat teen die

lang helling na Paul Krugerstraat betree word is die sterkste

kenmerk die twee rye bome aan weerskante.

Geboue, veral aan die suidekant waar ook die spoorlyn loop, is laag

en feitlik onsigbaar agter die lanings. Tot by Schubartstraat word 'n

werklik menssensitiewe sypaadjieruimte tussen die hoë gebouwande

en die oorhangende takke van die jakarandas geskep. Oos

van Schubart verdwyn die intieme kwaliteit en is mens amper

weerloos tussen straatmure of heinings aan die een kant en die

besige verkeer aan die ander. By die stadsaal, waar moontlik meer

beskerming langs die hoër gebouwand by die aansluiting met Paul

Krugerstraat, is die bome groter en skerm weer die straatbedrywighede

van die sykante.

Die straat is vernoem na JH Visage (Visagie) – onder andere die

sekretaris van beide generaal Andries Pretorius en sy seun MW,

asook staatsekretaris en Volksraadslid. Hy was ook as

“bossiedokter” bekend. Bron: De Kock (1972).

ADRES Visagiestraat 192, h/v Paul Kruger

ERFNOMMERS 693/R. 693/1 en deel van 3101 – Blok 13

HUIDIGE GEBRUIK Land- on Landboubank van Suid-Afrika:

Hannes Smitgebou

20

Nege verdiepings hoog, teen die sypaadjie en geskei van die straat

deur die jakarandalaning. Die gebou is simmetries om die middel

waar die ingang onder en dienskamers en opsigterswoonstel bo die

swewende daklyn. Ook om die middellyn is 'n gepunte projeksie na

die noorde en suide. Gordynmure met horisontale vensterbande; die

struktuur daaragter is van buite leesbaar en loop voor die

teruggesette suidelike glaswand van die grondverdieping om die

gebou oënskynlik van die grond te lig. Noord lig soortgelyke piloti die

gebou bo parkeerplekke. 'n Vertikale band holblokke loop deur

stewige sandsteenmure op die ooste- en westekant. Soortgelyke

blokke loop oor die volle lengte van die atriums binne.

'n Gebou wat die strak straatwande van beide Visagie- en Paul

Krugerstraat begrens. Dit keer hom na eersgenoemde en maak 'n

plek op die straathoek waar Hennie Potgieter se bronsfigure “Die

Saaier en die Maaiar” op 'n voetstuk gelig is. Dit is die prominentste

van die geboue in Visagiestraat wat deelneem aan die definisie van

Pretoriusplein. Ontwerp deur Johan de Ridder en voltooi in 1966. Dit

het 'n deel van die ou hoekgebou wat ook die bank gehuisves het

vervang en is verbind met die Pretoria-tak van die bank (kyk Paul

Krugerstraat).

Die gebou dateer uit 'n tydperk van optimisme en vooruitgang toe

amptelike geboue in Pretoria die Moderne nagejaag het. Die

beginsels van funksionaliteit en ekspressie word nagevolg, maar

ding mee met formele simmetrie en plaaslike materiale wat, soos die

sandsteen, herinner aan die bank se band met grond en die

bewerkte landskap. Bron: Johan de Ridder, argitek; Land- en

Landboubank van Suid-Afrika.

ADRES Visagiestraat 180

ERFNOMMER 692 - Blok 13

HUIDIGE GEBRUIK Kantore: Adventiciagebou

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!