02.05.2013 Views

View/Open

View/Open

View/Open

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

4.2 PRETORIUSSTRAAT

Pretoriustraat is een van die drie strate wat dwarsdeur die stad loop

en is ook een van die besigste. Dit voer verkeer na die weste en is in

vele opsigte 'n spieëlbeeld van Schoemanstraat wat verkeer na die

ooste lei.

Die diep vallei van geboue, geskep deur argitektonies-stedelike

beginsels en vasgelê in die destyds modernistiese

stadsbeplanningsregulasies, begin reeds by Prinsloostraat en loop

deur tot by Bosmanstraat. Wes hiervan breek die streng geperkte

straatruim tussen die Magistraatshof en die gebou van die Raad vir

Geesteswetenskaplike Navorsing op en neem plataanbome die

ruimtemakende rol van die geboue oor.

By Prinseparklaan eindig die straat skielik en onverwags.

Die straatnaam gedenk beide generaal Andries Pretorius wat die

Voortrekkers by Bloedrivier gelei het en sy seun Marthinus Wessel

Pretorius, president van die ZAR (1857-1860 & 1864-1871) en die

OVS (1859-1863). Pretoria, wat in 1855 deur MW Pretorius op sy

plaas gestig is, is na sy vader vernoem. Bron: Andrews & Ploeger

(1989); De Kock (1968).

Die kwadrant vanaf die suidwestelike hoek van Kerkplein teen c1891. 'n Deel van Pretoriusstraat

loop tussen die Raadsaal (links) en die ou Magistraatskantoor op die hoek van Bosmanstraat

8

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!