13.02.2013 Views

Geestelike voedsel

Geestelike voedsel

Geestelike voedsel

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

YOUNG STARS MAAK PORT NOLLOTH

TROTS

Die Young Stars Rugbyklub van Port Nolloth is ‗n klub met ‗n trotse

tradisie oor baie jare.

Die klub se spelers is almal plaaslik en die bestuur onder leiding van

Charlie Stuurman, is oudspelers wie sonder enige vergoeding die

trotse tradisie van die klub wil voortsit.Daarvan getuig die feit ,dat

die klub vir die afgelope drie jaar onoorwonne is en die

Namakwalandse liga oorheers en weer in 2011 gewen het.

Die spelers is hoofsaaklik jong manne, met enkele ouer ervare

manne. Die uitstaande eienskappe van die klub is hulle

entoesiasistiese bestuur wie disspline, spantrots, selfgeloof en

passie by die span gekweek het, wat vir almal sigbaar is en bydra

tot hulle sukses op die veld.

Die spelers, veral die jongeres, is rolmodelle vir die jeug van Port

Nolloth en hulle plaaslike wedstryde word deur oud en jonk

bygewoon en geesdriftig ondersteun. Die nuwe Sportstadion van

Port Nolloth met ‗n grasveld, dra ook by tot die mooi en goeie rugby

wat die Young Stars vir die plaaslike toeskouers opdis.

Die Young Stars het ‗n toer na Velddrif vanaf 27 Oktober en gaan

deelneem aan die jaarlikse Rugbynaweek van 28 Oktober 2011 van

die Weskus Visserye.Namakwaland se beste wense vergesel hulle

en ons weet dat hulle sal voortgaan om Port Nolloth trots te maak.

Veilig reis en hard speel en wees verseker van die hele dorp se

ondersteuning al kan ons nie daar wees nie!

GO YOUNG STARS!

( Young Stars Ondersteuner PORT NOLLOTH)

Alexkor Trust maak parlement wéér

kwaad

Oeps, ons het vergeet om die hoof- finansiële beampte saam te

bring. En o ja, ons dokumente wat moes bewys waar die vermiste

R18-miljoen is, is ongelukkig na die verkeerde sekretaris

aangestuur.

Dit was die verweer van ses trusteelede van die beleerde Alexkorontwikkelingstigting

(AOS) die afgelope Woensdag aan die

parlementêree portefeuljekomitee oor minerale en energie.

Die trusteelede is in September gedagvaar om stap vir stap te

verduidelik waarheen R18 miljoen se ontwikkelingsgeld "verdwyn"

het.

Me. Faith Bikane, die waarnemende voorsitter van die komitee, het

die sitting na 18 November uitgestel.

Me. Beverley Vries, n trusteelid, het aan die komitee gesê die

dokumente wat hul voorlegging ondersteun is op 19 Oktober per

koerier na die sekretaris van die parlement gestuur.

Bikane en die komiteelede was aanvanklik erg omgekrap hieroor.

Dit moes aan die sekretaris van die portefeuljekomitee gestuur

gewees het. Die komitee het nou die dokumente ontvang.

Vries sal by die volgende ontmoeting die trust se voorlegging doen.

(Julian Jansen/Rapport)

Do more for job creation

The Democratic Alliance in the Northern Cape is concerned that not only is

the Northern Cape being sidelined by national projects intended 15 to promote

job creation but also that the provincial government remains apathetic

towards addressing our high unemployment rate.

It recently came to light during a national portfolio committee meeting on

Labour that the National Training Layoff Scheme, which is supposed to find

new employment opportunities for workers who lose their jobs, spent only

R40.2 million of its multibillion rand budget in the past financial year,

providing only 6000 workers with new jobs. This boils down to the Scheme

only having spent 1.6% of its fund to create new opportunities, even though

902 000 South Africans have become unemployed since the economic

downturn. On top of this, the Northern Cape was one of three provinces

where the Scheme failed to provide any new opportunities at all. It makes

one wonder just how much the Northern Cape has benefited, if at all, from

the Industrial Development Corporation‘s R10 million jobs fund.

This above is particularly disturbing, considering that President Jacob Zuma

promised that 2011 would be the ―Year of the Job‖. Not to mention that,

according to the latest Quarterly Labour Survey, there has been a loss of

jobs in the agriculture, mining and manufacturing industries. These industries

play a key role in the Northern Cape and there can be no denying that the

people of this province are suffering as a result.

The DA is of the view that if provincial government was serious, they could

do much more towards improving job creation. For starters, provincial

government could do more in the way of convincing the national government

that the Northern Cape needs special attention. We are after all the province

with the greatest land mass and the least amount of people, which presents

its own unique set of challenges.

Secondly, provincial government needs to do more to cut waste and create

jobs. We cannot just focus on state investments in infrastructure, education

and health, nor simply rely on events such as Maloof Money Cup and the

upcoming Bloodhound project, to serve as an economic strategy. Instead we

need programmes by government that help the private sector to employ

more people. The long proposed youth wage subsidy, which would cost R5

billion over three years, could help create up to 438 000 jobs, if

implemented. So what may I ask is government waiting for?

Andrew Louw MPL NC

Skryfkompetisie vir Laerskoolkinders

Die Primêre Skool Springbok het in samewerking met die bekende

Afrikaanse skryfster, Marianna Brandt (LAPA-boekuitgewers en SANLAM) ‗n

skryfkompetisie geloods vir laerskoolleerders. Dit is ‗n uitvloeisel van ‗n

skryfkompetisie, wat dieselfde skyfster in 2010 plaaslik aangebied het vir 15

kinders.

Die kompetisie was egter oop vir enige laerskoolleerder in die omgewing wat

die kreatiewe skrywerskriewel het en is ook in die een van die plaaslike

koerant geadverteer. Die inskrywings is ge-epos na Marianna se skryfkring

(Die Fynbosskrywers in Bellville), wat dit geëvalueer het o.g.v. ‗n lys kriteria

waarop Marianna en ‗n laerskoolonderwyser ooreengekom het. Hierna het

Marianna dit uiteindelik geëvalueer. Daar was twee kategorieë. Die junior

kategorie was die gr.4‘s en 5‘s en die senior kategorie was die gr.6‘e en 7‘s.

Die vyf leerders in elke kategorie wat die hoogste persentasie gekry het, het

geld- of boekpryse ontvang Hier is die wenners :

Junior kategorie

Wenner : Riani Maass

2de : Jané Nelson

3de : Jolize Koegelenberg

4de : Elzandri van Wyk

5de : Luchell Hanekom

Senior kategorie

Wenner : Anchen Neethling

2de : Dawid Sadie

3de : Juan Botes en Andri Smith (gesamentlik)

4de : Hilda Ellis

FOTO: Die skrywertjies saam met Marianna Brandt. Ongelukkig was Jané

Nelson en Hilda Ellis weens ongesteldheid nie beskikbaar vir die foto nie.

(Karen Sadie)

We often take for granted the very

things that most deserve our gratitude. 15

15

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!