13.02.2013 Views

Geestelike voedsel

Geestelike voedsel

Geestelike voedsel

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Algemene Pitkos

Karretjie-mense van die Karoo

Kaapstad – Die verhaal van die karretjie-mense van die Karoo, wat al die

jare verkeerd as bruin geklassifiseer is, is nou danksy die genetika vertel.

Die karretjie-mense is aan moederskant 100% afkomstig van die Khoe en

San, ‘n feit waarvan hulle bewus was, hoewel hulle nie amptelik as

sodanig erken word nie.

Dié werk is gedoen onder leiding van Suid-Afrika se voorste

bevolkingsgenetikus, Himla Soodyall, direkteur van die eenheid vir

menslike genomiese diversiteit en siektenavorsing aan die Universiteit

van die Witwatersrand, asook deur Mike de Jongh, Unisa-antropoloog, en

Carina Schlebusch van die Uppsala-universiteit in Swede.

De Jongh het gesê die karretjie-mense verwys nog altyd na hulself as ―die

geel mense‖ en beskou hulself as ―anders‖.

Dit is nou bewys deur die genetiese toetse wat merkers van oerherkoms

in bevolkingsgroepe toon. Aan vaderskant (Y-chromosome) is hul

herkoms meer uiteenlopend, wat ooreenstem met die geskiedenis, sê

Schlebusch.

Dit wys ‘n mengsel van Y-chromosome, wat eie is aan verdrukte of

misplaaste groepe. Die invloed van vaderskant is Xhosa (63%), wit

setlaars (26%) en die res is van die San.

Wat in die verlede met hulle gebeur het – die vroue wat op koloniale plase

gedwing is en die latere betrokkenheid van die Xhosa – het dus ‘n

onuitwisbare rekord gelaat van hoeveel die mans tot hul eie nasate

bygedra het.

Maar selfs ná 1994 word die karretjie-mense, weens die vooroordele van

die vorige stelsel, as bruin geklassifiseer, luidens die navorsing in die

Journal of Human Genetics.

De Jongh het gesê die resultate kan nie aan die karretjie-mense hul

eertydse identiteit of erfenis teruggee nie. ―Hulle moet self besluit wat om

daarmee te maak. Hulle is nie polities georganiseerd nie. Die paar

honderd wat oor is, kom wyd verspreid en sonder ‘n leierskorps voor.

Selfs met verskeie geletterdheidsprojekte waarby ek betrokke is, bly die

meeste ongeletterd,‖ het hy gesê.

Hulle is nog met elke sensus ―misgetel‖ en bly vir die regering ―onsigbaar‖.

Karretjie people is nou in die Oxford-woordeboek opgeneem.

Gatiep en Maraai staan wag vir die bus. „n Trok kom verby, gelaai

met rolle gras.

Maraai: Sie djy – dis hoe ryk mêse lief!

Gatiep: Hoe lief halli?

Maraai: Halli stie halli lawns weg om gasny te word!

The wishbone will never replace the backbone.

FEITE WAT MIN MENSE WEET

Hierdie is net ‗n versameling van besondere feite.

• Kaas is een van die belangrikste kossoorte wat daar is. Dit bevat

proteïn wat natuurlik belangrik is vir liggaamsbou. Dit bevat ook

baie vitamien B2 wat die oog en velweefsels gesond hou. Die

kalsuim in die kaas is natuurlik belangrik vir die bou van

beenweefsel. Een stukkie kaas van 2.5 kubieke cm is

gelykstaande aan een glas melk.

• Roomys kom al ‗n lang pad saam met die mensdom. Die

geskiedenis van roomys reik al sover terug na die tyd van Karel

die Grote. Roomys was baie gewild onder die adelstand en hulle

het hul geld en mag gebruik om die resep van roomys geheim te

hou.

• Jogurt kan gebruik word om suurroom te vervang in resepte.

Jogurt is nie so ryk soos room nie. Gebruik liewers die ongegeurde

jogurt.

• Het jy al suurroom in ‗n gereg gebruik en dit het geflop? Voeg die

suurroom by wanneer die sous of gereg reeds gaar is. Roer een

lepel suurroom by, roer deeglik en voeg die volgende lepel

suurroom by. Moet ook nie die gereg of sous laat kook sodra die

room in is nie.

• Gooi ‗n lepel asyn in die water waarin die eiers kook. As die eier

kraak sal die asyn in die water verhoed dat die eierwit uitloop.

• Bombay Duck is een of ander eendgereg. Nee Bombay Duck is

gedroogde vis wat aaklig ruik, maar as dit gekook word verdwyn

die reuk. Die vis kan ook in die oond gerooster word totdat dit bros

is. Die bros vis kan dan gekrummel word en oor kerrie gegooi

word.

• ‗n Baie innoverende manier om botter of margarien mee af te

meet is om as die resep ‗n ¼ koppie botter vra, maak die

maatkoppie vol tot op ¾. Skep dan die botter of margarien in die

koppie tot die koppie vol is. Gooi die water uit en siedaar het jy ‗n

¼ koppie margarien.

• As daar nie suurroom beskikbaar is nie, maar wel room, voeg

een lepel asyn by vir elke 250 ml room. Roer deeglik en siedaar ,jy

suurroom.

• Bloukaas is nie vir almal ewe lekker nie. Waar kom die kaas

vandaan? Bloukaas word gevorm deur spore van Penicillium

roqueforti. In vroeë tye is kaas in grotte geberg. In die grotte was

daar van die penisillin teenwoordig. Dit het dan die kaas se smaak

verander. Deesdae word die penisillinspore sommer by die kaas

gevoeg.

• Granadillas, of te wel "Passion fruit", ruik nie net lekker nie, maar

is net so heerlik om te eet. Granadillas is ‗n goeie bron van

vitamiene A en C en dit bevat slegs 16 kalorieë. Die pitte is ook ‗n

baie goeie bron van vesel. Hoekom dit in die Engelse taal as

"Passion Fruit" bekend staan sal ek nie weet nie. (Frik)

Life is like an onion: You

peel it off one layer at a

3

time and sometimes you

weep.

3

3

3

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!