13.02.2013 Views

Geestelike voedsel

Geestelike voedsel

Geestelike voedsel

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

De Beers targeting 5,000 nonmining

jobs in South Africa's

Namaqualand

De Beers is aiming to create 5,000 non-mining jobs in the Namaqualand diamond

mines area of South Africa in the next five years, while it passes the Namaqua

diamond-mining baton on mining companyTrans Hex. De Beers said that 14

million rand ($1.83 million) has been granted in low-interest loans to non-mining

enterprises that have already created 400 jobs. The company is also planning to

train 500 craftsmen in the next 10 years, adding to the 2,300 it has trained in

Kimberley in the past decade, along with moves to convert the famous Kimberley

mine into a university. In other moves, De Beers has awarded land to three

independent power producers to build wind turbines which is expected to employ

about 1,500 people during the building stage. De Beers is also spending 100

million rand ($1.3 million) on a joint venture with AngloGold Ashanti to explore for

gold and other minerals and metals on the seabed which will also create jobs.

Veldgidz

prof .Rudi Verhoeven ( Bloemfontein)

MESEMBRYANTHEMACEAE

(“ice plant”, mesems, vygie)

Daar is reeds vir baie jare meningsverskil of die

Mesembryanthemaceae in die familie Aizoaceae ingesluit

moet word en of dit as ‗n aparte familie beskou moet word. Twee alternatiewe

familiekonsepte bestaan : mesems word as subfamilies

Mesembryanthemoideae en Ruschioideae in die Aizoaceae ingesluit of dit het

familiestatus, Mesembryanthemaceae. Die Angiosperm Filogenie Groep sluit die

mesems in die Aizoaceae in op grond van bewyse dat die mesems uit die

Aizoaceae ontwikkel het, maar in die boeke ―Seed plants of southern Africa:

families and genera‖ en ―Plants of souther Africa: an annotated checklist‖ word

Mesembryanthemaceae en Aizoaceae as twee families beskou. Hoewel

mesems heel dikwels in die Aizoaceae geklassifiseer word, verkies baie

taksonome van Suid-Afrikaanse herbaria om die twee groepe as aparte families

te hanteer.

Mesembryanthemaceae, algemeen bekend as ―ice plants‖, mesems of vygies, is

die grootste sukkulente plantfamilie in die wêreld. Die mesems maak ongeveer

63% van suidelike Afrika se sukkulente flora uit en ongeveer 10% van Suid-

Afrika se flora. Meeste is endemies tot suidelike Afrika en is gekonsentreer in

die ariede en semi-ariede westelike dele van die subkontinent waar hulle die

plantegroei in dele van die Sukkulente Karoo Bioom, veral Namakwaland,

domineer. Die familie bestaan uit ±123 genera met ongeveer 1680 spesies

waarvan die meeste in die suidwestelike dele van Afrika voorkom, 16° N in

Angola tot in die Weskaap. Verder kom dit ook ooswaarts in Suid-Afrika voor en

bereik Zimbabwe en Botswana. In suidelike Afrika kom 122 van die 123 genera

en ongeveer 1662 van die 1680 spesies voor. Slegs een genus en ongeveer 18

spesies kom buite suidelike Afrika voor.

Die sukses van die plante kan toegeskryf word aan ‗n kombinasie van

morfologiese kenmerke wat hulle in staat stel om in ariede toestande te oorleef.

Die blare is sukkulent en verder het die plante innoverende

wateropbergingsmeganismes wat hulle in staat stel om droogtes te oorleef. Die

vrug wat ‗n oopspringende kapsule is wat slegs open wanneer hulle nat is, is ook

‗n belangrike skakel in die oorlewingsproses. Die kapsules word ook gebruik om

groepe binne die Ruschioideae te identifiseer. Die kapsule is basies rond met

die basale gedeelte verdeel in vier, vyf of meer hokke (kompartemente) waarin

die sade voorkom. Die boonste gedeelte bestaan ook uit segmente wat

oopmaak wanneer hulle nat is. Die sade kan uitgewas word en word dan naby

die moederplant gedeponeer. Dit is ‗n verspreidingsmetode wat by die miniatuur

vorms soos Conophytum, Dinteranthus en Oophytum voorkom. Die sade kan

ook deur ‗n springplankmeganisme (membraan wat kan rek) vrygestel word

(Drosanthemum). ‗n Ander voorbeeld is kapsules wat meer houtagtig is en

langer behoue bly en sade oor lang tydperke uitskiet. Verder is daar ook

Carpobrotus (suurvye) met vlesige kapsules. Behalwe die kapsules is die vorm

van nektarkliere in die blom ook belangrik vir die onderskeid tussen die twee

subfamilies.

VIGSKAMPVEGTER MET GOUE HART

EN BLINK FIETS BY NAMA KHOI

20

Iewers op die land se paaie het baie motoriste seker al „n

man met die blink fiets en goue hart waar- geneem of

raak geloop.

Hy is niemand anders nie as die 62-jarige Andre van Zijl van

George wat die land en wêreld al deurkruis het om geld in te

samel vir die bekamping van Vigs.

Volgens hom is hy al 28 jaar besig om geld in te amal vir veral

weeskinders, wat ouers verloor het as gevolg van Vigs. Van

Zijl is ‗n voormalige onderwyser, wat die klaskamer in 1984

verruil het vir sy blink fiets en die lang pad.

Van Zijl het al miljoene ingesamel tydens sy reise na dorpe in

die Suid-Afriak en oorsese besoeke. Hy doen ook gereeld

motiveringspraatjies en is nie skaam om sy positiewe status

bekend te maak nie.Onlangs het hy Springbok aangedoen

vanaf Pofadder.

Hy het ook ‗n draai in Port Nolloth gemaak.Hy was al in 136

lande en binnekort gaan hy na Namibië en Botswana om sy

goeie werk voort te sit.Die dapper fietsryer het ook geen bang

haar op sy kop nie, want, volgens hom is God saam met hom

op sy uitputtende reise.

Baie samaritane help die kampvegter om met sy goeie werk

voort te gaan, want ‗n bekende busmaatskappy borg Van Zjil

se vervoer terwyl ‗n groot en welbeknede hotelgroep sy

akkomodasie borg.

Hy het onlangs vining ‗n draai gemaak by die Nama Khoi

munisipaliteit op Springbok om sy gesig én fiets te wys.

Ander donateurs kan hom skakel by:078 0254143 of

0722066355. (Isaac Cloete)

20

André van Zyl en Nama Khoi burgemeester,

Tommy Cloete

Nothing will ever be attempted, if all possible

objections must first be overcome. 20

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!