13.02.2013 Views

Geestelike voedsel

Geestelike voedsel

Geestelike voedsel

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hou op praat en doen iets

omtrent verkragting

Die voortslepende tragiese verhaal van verkragting in die

Noord-Kaap moet nou daadwerklik in sy spore gestuit

word. Dít is die mening van die Demokratiese Alliansie

nadat talle berigte betreffende verkragting gedurende die

laaste weke in plaaslike nuusblaaie verskyn het.

Gedurende die jongste wetgewersitting het ek ‘n mosie

ter tafel gelê waarvolgens die teen-verkragtingstrategie

voorgestel en gedebatteer behoort te word.Ons wag

egter steeds op die ontwykende strategie. Ons wil graag

weet waar dit is. Hoeveel meer verkragtings moet

plaasvind en hoeveel lewens moet vernietig word voordat

doelgerigte optrede dit in die kiem smoor?

Die DA is bekommerd dat geen geld aan die

implementering van die teen-verkragtingstrategie

toegeken is nie.Ons besef hoewel die voornemende

strategie probeer om bestaande aktiwiteite in

verskillende departemente te koördineer en te integreer,

is dit nie die enigste knelpunt nie. Ons meen een van die

redes waarom die impak op die voorkoms van

verkragting skraps is, is omdat bestaande programme en

projekte in departemente nie gemonitor en geëvalueer

word nie.Vanweë dié rede het die DA verlede jaar die

vestiging van ‘n geweldvoorkomingskern voorgestel. Dié

entiteit sal professionele hulp aan vroue verskaf wat deur

geweld benadeel is, tesame met die integrasie van

bestaande dienste en die voortbeweeg na die velde van

rehabilitasie, ondersteuning vir slagoffer en oortreder en

die saamheg van die konsepte van manlikheid en

vroulikheid. Die toesighouding, monitor en evaluasie van

bestaande aktiwiteite is ‘n lewensbelangrike onderdeel

van die proses. Die begroting vir die teenverkragtingstrategie

behoort verkry te word deur ‘n

ernstige hersiening van huidige projekte wat gefinansier

word – veral projekte in die departement van

maatskaplike dienste.

Die DA doen ‗n beroep op die provinsiale regering om die

proses ten opsigte van die teen-verkragtingstrategie te

bespoedig sodat die implementering hiervan kan begin.

Ons is moeg daarvan om op ‗n daaglikse basis ons

simpatie aan slagoffers te lewer. Ons benodig dringend

‗n kwaliteit program van aksie waarvoor daar begroot is

en wat teen bepaalde standaarde evalueer word.

KAREN DE KOCK, LPW DA NOORD-KAAP:

Utility is when you have one telephone,

luxury is when you have two, opulence

is when you have three - and paradise

is when you have none.

LEWENSLANK VIR VERKRAGTING

Die streekshof op Springok, het laasweek vyf verkragters, in drie afsonderlike

voorvalle, vir lank tjoekie toe gestuur omdat hulle nie hul drange 17 in toom kon

hou nie.

In een van die sake het drie pelle ‗n 28-jarige slagoffer, tussen 02 en 03 Mei 2006, in

Bonnstraat, te Bergsig naby Springbok, in ‗n woning aangehou en verkrag. Die

slagoffer was daardie nag tot nege keer om die beurt verkrag voordat sy kon vlug.

Volgens Zola Mbulo, die voorsittende beampte, kom verkragting toenemend in die

gebied voor en daarom het sy die mans, almal van Bergsig, Dinsdag, soos volg swaar

gevonnis:

Pieter Boois(44): lewenslange gevangenisstraf op 5 klagtes van verkragting;

vyf jaar gevangenisstraf op 1 klagte van ontvoering; 18 maande

gevangenisstraf op 1 klagte van diefstal. Alle vonnisse word saam uitgedien.

Henry Beukes(37): 15 jaar gevagenisstraf op 2 klagtes van verkragting; 5 jaar

gevangenisstraf op 1 klagte van ontvoering. Alle vonnisse word saam

uitgedien.

Bertrim Boois (22): 5 jaar gevangenisstraf op 2 klagtes van verkragting,1

klagte van ontvoering en 1 klagte van diefstal.

Die jeugdigheid van die Bertrim(toe 16 tydens die voorval) en die beinvloeding van sy

mede-beskuldigdes was in ag geneem tydens vonnisoplegging. Martin April was die

staatsaanklaer. Speur adjudant-offisier Johan Cloete en speur konstabel Bianca

Parring was die ondersoek-beamptes.

In ‗n ander saak het Zola vir Hermanus Witbooi (21) tot 7 jaar gevangenisstraf

gevonnis vir verkragting(2 keer) en 3 maande gevangenisstraf vir diefstal. Die

vonnisse sal saam uitgedien word.

Die saak spruit uit ‗n voorval op 6 Februarie, hierdie jaar, toe ‗n 34-jarige slagoffer

twee keer verkrag is.Die paartjie was in Tolweg, Springbok, deur Witbooi

voorgekeer.Nadat haar kerel met die dood gedreig was, het hy weggehardloop het.Die

beskuldigde het toe sy kans gevat en haar verkrag.

Speur konstabel Bianca Parring was die ondersoekbeampte in hierdie saak en Bazil

Kock die staatsaanklaer.

In die derde saak die week was Gerald Brandt(48) tot 18 jaar gevangenisstraf

gevonnis vir die verkragting op ‗n 6-jarige seuntjie van Concordia. Brandt het op 30

Januarie, 2010 die vieslike daad aan die seuntjie wat alleen tuis was gedoen. Hy was

bekend aan die seuntjie.

Speur sersant Whynoma Love van GKS (Springbok) was die ondersoekbeampte en

Bazil Kock was die staatsaanklaer. Isaac Cloete

Kamieskroon TOY-RUN

Maak „n kind se hart bly

Op Kamieskroon is ‗n kinderhuis met 60 weeskinders. Die motorfietsryers van

Namakwaland gaan op 19 November 2011 ‗n ―TOY-RUN‖ vir die kinders aanbied,

waartydens ons speelgoed, lekkers ens. vir die kinders gaan uitdeel.

Die kinders se ouderdomme wissel vanaf 7-18 jaar. Ons wil u vra om u hart oop te

maak en ons in hierdie hoedanigheid te ondersteun. ‗n ―Speelgoed-kas‖ gaan voor in

Namakwaland Apteek geplaas word, waarin u enige gepaste speelgoed of lekkers kan

kom skenk. Die speelgoed kan van jou kinders se ―herwinde‖ speelgoed wees. Enige

iets is welkom.

Ons wil graag elke een van die 60 weeskinders se hartjies hierdie jaar blymaak.

Alleen sal dit nie moontlik wees nie . Ons vra jou hulp in hierdie opsig. Kom ons wys

hierdie kinders dat Namakwalanders harte van goud het.

Graag nooi ek al die motorfietsryers om saam te ry. Kontak my asseblief by

Namakwaland Apteek vir meer inligting. Ons hoop om jou binnekort in die apteek te

sien. (Steyn Jacobsohn)

Voortrekker St.

Posbus / P.O. Box 242

SPRINGBOK 8240

Rams : 6006469

Tel.: 027 - 7122091/2/3

Fax No.: 027 - 718 1515

e-mail: namaapteek@telkomsa.net

Dignity does not consist in possessing

honors, but in deserving them. ~ Aristotle 17

17

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!