13.02.2013 Views

Geestelike voedsel

Geestelike voedsel

Geestelike voedsel

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Liefde is voorwaar blind, bewys studie

As die liefde blom is ons blind vir ons bemindes se persoonlikheidsfoute – en, het nuwe

navorsing bewys, sommer ook vir hul bleek velle en skewe tande.

Mense is geneig om hul bemindes veel hoër te ag op ‗n skaal van aantreklikheid as ander

mense op straat, berig iAfrica.

In 'n onlangse studie, gepubliseer in die Journal of Social and Personal Relationships, is 70

heteroseksuele paartjies tussen die ouderdom van 18 en 37 gevra om hulself en hul

bemindes volgens hul voorkoms en geskatte intelligensie 'n punt te gee.

Die meeste mense het hulself en hul beminde 'n hoër punt as vreemdelinge gegee.

Dié verskynsel is 'n aanpassing om verhoudings stabiel te hou, het die studie bevind.

Kerrie-krui laat mans kook in die bed

In die kombuis kan hierdie krui gebruik word om

kerrie ekstra geur te gee, maar navorsing het

bevind dié plantjie kan mans se seksdrang met

meer as ‗n kwart versterk.

Die Australiese studie het bevind mans tussen

die ouderdom van 25 en 52 jaar het ‗n

gemiddelde verhoging van 28% in hul seksdrang

ervaar ná hulle twee keer ‗n dag vir ses weke

fenegriek ingeneem het.

By die Centre for Integrative Clinical and

Molecular Medicine in Brisbane het die

navorsers bevind dié krui verhoog testosteroonvlakke

en help glo ook met koors en die

behandeling van diabetes.

Nothing shows a man's character more than

what he laughs at.~ Johann Wolfgang von Goethe

Peiling: Helfte van mans

sal hul oorgewig vroue

los

„n Waarskuwing aan vroue wat daaraan dink om

die oefenprogrammetjie eenkant toe te skuif:

Daar is 'n 50%-kans dat die man in jou lewe jou

kan los as jy te veel gewig aansit.

Omtrent die helfte (48%) van mans wat deur die

webwerf Askmen.com uitgevra is, het gesê hulle

sal hul verhoudings verbreek as hul bemindes te

veel gewig aansit.

Slegs 20% van vroue het só oor die mans in hul

lewens gevoel.

Meer as 70 000 mans van Amerika en talle ander

van Australië, Brittanje en Kanada het die 2011

Great Male Survey se vrae oor hul verhoudings

en sekslewens beantwoord.

Net sowat 15% van mans het gesê hulle is

doodtevrede met hul geliefdes, en dat hulle niks

sal verander nie.

Die ander 85% het buierigheid en hul bemindes

se min lus om giggelend in die bed in te spring

as hoofredes vir hul ontevredenheid gelys.

‗n Merkwaardige 61% het gesê iets kort in hul

sekslewe.

Omtrent 40% van die fiemies mans het ook gesê

vroue ouer as 40 is oor die muur.

9

Mans sê eerste „ek is lief

vir jou‟

Mans is geneig om eerste in „n verhouding

“ek is lief vir jou” te sê, het „n onlangse

studie bevind.

Sowat 65% uit die toetsgroep van 100

heteroseksuele studente en ander paartjies

het uitgewys mans sê eerste dié gesogte

vyfwoordjies.

Mans het gemiddeld boonop dié frase 42 dae

voor hulle meisies uitgeblaker.

Volgens LiveScience probeer mans „n

evolusionêre voordeel kry in die vorm van 'n

beter kans op intimiteit, deur aan vroue te sê

wat hulle wil hoor.

9

9

9 9

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!