13.02.2013 Views

Geestelike voedsel

Geestelike voedsel

Geestelike voedsel

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

HSN : Baie dankie!

Net so paar foto‘s van ons funksie wat ongelooflik fantasties was.

Nie so baie mense soos ons gehoop het nie, maar nog steeds

baie ―nice‖ en formeel.

Almal het mooi aangetrek en die aand baie geniet.

Riaan het ons almal bekoor en sy stem het almal hoendervleis

gegee. Hy is uiters ―charming‖ en baie lank(Ja ek weet al ons

vroumense het so gesê, maar sjoe!)

Baie dankie vir almal wat gehelp het, gewerk het, eposse wat

aangestuur was en ondersteuning. Die wins gaan vir ons Europatoer

(Die bussie vanaf Springbok na Kaapstad en weer terug

asook 1 nag verblyf in Kaapstad) asook hempies vir almal.

Weereens baie dankie aan almal – vir die wat nie daar was nie,

wel miskien ‗n volgende keer, maar as u ooit die geleentheid kry

om Riaan te sien optree, doen moeite om daar uit te kom.

Ons borge vir die aand was: Simonsig Wynkelder

Stellenbosch, Oranjerivier Wynkelder Upington, Dr. Hentie

Burger, Namakwaland Apteek, Foto First, Kings Gastehuis,

Miemie Ferns, Flip Botes, Springbok Christian Academy,

De Kelder Drankwinkel (Suzette van Jaarsveld)

Riaan Hunter

besoek

Springbok

Hoërskool Garies: 50-jaar Reünie

Die 1961 Matrieks van Garies het op 8 Oktober 2011 reünie gehou, 50 jaar

nadat hulle die skool verlaat het!

29

Vir jare het hulle daarvan gedroom om dit te doen. Louw Nieuwoudt (Kulu) het

die groot taak om almal bymekaar te kry, op hom geneem.

Saterdagmiddag 14h00 het almal by Klub Oakdale in Bellville bymekaar

gekom. Willem kon darem ‗n hele klomp van sy ou klasmaats herken, maar

moes so hier en daar vra: ―Wie is jy nou?‖ Ek dink dit was maar met almal die

geval.

Van die 19 matrieks, was daar 15 bymekaar, slegs een is reeds oorlede. Daar

was ook ‗n onderwyseres, Willem se suster Ria, asook ‗n paar maats uit

vorige jare. Dit was ‗n plesierige klomp. Daar was baie ―onthou jy nog‟s‖ en

daar is behoorlik gelag oor die dinge van 50 jaar terug. Soos bv die keer toe

al die seuns gestaak het oor die kos, of die lekkerte (stoutgeit) van agterop

die Malherbes se lorrie na sportdae te ry!

Die vrouens en mans (ek noem ons sommer die ―aanhangsels‖) van die

matriekklas het net so lekker gekuier. Nuwe vriende is gemaak, asook

beloftes om kontak te behou. Die klomp is baie ernstig om weer so te maak,

maar dan sommer vir ‗n hele naweek te kuier! 50-jaar se gesels kan nie in

een namiddag gesels word nie!

Die matrieks van 1961

( Ina Engelbrecht)

▲Ina en haar niggie

◄Willem

Engelbrecht

Nou wie is jy nou?

29

An error doesn't become a mistake until you refuse to correct it.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!