13.02.2013 Views

Geestelike voedsel

Geestelike voedsel

Geestelike voedsel

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

ANISKA MAAK PORT

NOLLOTH TROTS

Aniska Nelson, 'n matriekleerder aan

die Hoërskool Namakwaland en 'n

geliefde kind en inwoner van Port

Nolloth, verwerf erekleure in verskeie

afdelings hierdie jaar. By haar skool

se sluitingsfunksie ontvang sy die

wisseltrofee vir die beste redenaar in

Afrikaans (senior Afdeling). Sy het

gekwalifiseer vir erekleure in Koor,

Toneel asook Eisteddfod en ontvang

dus haar skool se hoogste

toekenning nl. die Lorata Maxima. 'n

Groot eer en prestasie wat min

leerders te beurt val.

Aniska ,ons glo jy sal altyd terug kom

Port Nolloth toe en ook ons dorp se

naam hoog hou volgende jaar by

"MATIES"

(Net jammer dat Skipper en Juffrou

sulke stoere Stormers is - maar

toemaar met harde werk sal jy dit kan

oorkom!) Die spreekwoord lui nie

verniet "Dat jy jou vriende kan kies

maar nie jou familie nie".

Port Nolloth

Inwoners van Alexanderbaai en die

Richtersveld

Dit is met groot hartseer dat ek vandag deel

vorm van hierdie kranslegging ter

nagedagtenis aan Janice Domdrogh wat op

onmenslike wyse vermoor is.‗n Jong vrou wat

in die fleur van haar lewe wreedaardig van

haar menseregte ontneem is. Die reg op lewe

is vervat in die Grondwet van Suid Afrika en

niemand mag ‗n ander daarvan beroof nie.

Tog is Janice in ons midde van haar reg op

lewe ontneem. Ons as inwoners van

Alexander Bay en die Richtersveld mag nooit

weer toelaat dat so iets met ons kinders, ons

broers en susters, ons ouers asook ons

medemens gebeur nie!!

Daarom doen ek vandag ‗n beroep op almal

hier teenwoordig om hande te vat en saam te

staan teen die gruwels van die werêld waarin

ons leef. Kom ons begin weer vir mekaar

omgee, kom ons sien om na mekaar se

belange, kom ons maak my kinders joune en

jou kinders myne.

Ons kan slegs die stryd wen as ons as ‗n

verenigde Gemeenskap saamstaan en sy

aan sy werk vir ‗n beter, veiliger plek waar

ons die reg op lewe kan uitleef, ‗n plek waar

elke persoon vry is, waar ons kan woon en

werk sonder beperkings en vrese, want eers

dan is ons werklik vry!

My innige meegevoel aan die Domdrogh

familie, haar plek sal altyd leeg wees, maar

vertrou op die Here, Hy bring altyd

vertroosting en genesing.Kom ons gebruik

die nagedagtenis van Janice Domdrogh om

voort te bou, kom ons onthou die mooi en

goeie uit die verlede en haar lewe en ons

gebruik dit van vandag af as hoeksteen om ‗n

verenigde Gemeenskap te bou, ‗n

Gemeenskap en omgewing waarop die wat

na ons kom eendag kan trots wees.

Laastens wil ek weereens aan die

Gemeenskap van Alexander Bay en die

Richtersveld bevestig dat ek as Raadslid van

die Richtersveld Munisipaliteit ‗n eed afgelê

het, waarin ek belowe het om alle inwoners

van die Richtersveld te dien na die beste van

my vermoë. Wees verseker van my totale

toewyding teenoor elke mens in die Richtersveld.

Ek is altyd tot julle diens.

Dankie

Jolandé Pretorius

Raadslede, Jolandé Pretorius & Jannie Isaacs

Die Here het `n

droom vir jou

lewe!

Omgee Hoekie

Bankrekening : NG Kerk Grootmist

ENB / FNB Rek. Nr.58740015847

28

Takkode: 200906

Verwysing: Namakwa Kletz

As jy dalk `n behoefte het om aan hierdie klein

gemeente`n skenking te maak, moenie huiwer

nie.Fondse sal aangewend word, vir geestelike

bediening & instandhouding.

Of, lees jy die Kletz gratis en voel jy wil dalk betaal,

gebruik dan hierdie rekening no.

Baie dankie!

Baie dankie!

Raadslid Jolandé Pretorius

Die Gemeenskap van Beauvallon wil jou graag bedank

vir die toewyding en hulp wat jy aan ons verleen het

met die krag en waterkrisis op Beauvallon. As dit nie vir

jou harde werk was nie, sou die toevoer verseker nie

herstel gewees het nie.

Ons wil dankie sê vir die besoeke wat jy gedoen het,

asook die reëlings wat jy getref het dat ons tydelik

water vanaf Alexkor kon kry.

Met sulke raadslede in ons midde kan die Richtersveld

verseker vorentoe beweeg.

Weereens baie dankie.

Almal op Beauvallon

Die kennisgewing op Brandkaros se hek

28

25

Raadslid Pretorius saam met van die inwoners van

Beauvallon

27

21

28

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!