13.02.2013 Views

Geestelike voedsel

Geestelike voedsel

Geestelike voedsel

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Oordenking

Dr.Kobus Victor

Geestelike voedsel

Die bekende Amerikaanse prediker en skrywer, Max Lucado, het die volgende oor

die eietydse Christendom gesê: A church will never die from the immorality in

Hollywood or the corruption in Washington. But it will die from corrosion within -

from those who bear the name of Jesus but have never met Him and from those

who have religion but no relationship.

Wat hy eintlik sê, is dat baie mense nie integriteit het nie. Want hierdie woord

beteken (afgelei van integreer) dat ‗n mens se bedoelings en dade met mekaar

ooreen moet stem. Of die Engelse spreekwoord vat dit ook mooi saam: Practice

what you preach. Jesus sê in sy bekende bergpreek (Matt 7:24): Elkeen dan wat

hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel, kan vergelyk word met „n

verstandige man.

Maar wat gebeur in praktyk? Ons roem ons daarop dat meer as 70% van die

inwoners sê dat hulle Christene is. Maar hoe kan ‗n mens dit rym met die hoë

misdaadsyfer; die toename in bedrog; die korrupsie wat soos ‗n kanker besig is

om ons land te verwoes; wetteloosheid en disrespek vir die gesag en die reg; die

oplaaiende spanning as gevolg van rassisme en vooroordeel? Maar pasop om te

sê: Ja, dit is hulle! Wie is daardie hulle? Voordat jy dit doen, steek eers jou hand in

eie boesem. Is jou hande skoon? Hou jy by die verkeersreëls of steel jy ook maar

‗n paar kilometer oor die spoedgrens? Is jy eerlik met jou opgawe vir die

ontvanger? Sal jy na jou naaste wat vir jou kwaad is gaan om vrede te gaan maak

en versoening te bewerk?

Integriteit is wanneer ‗n Christen se belydenis en sy lewe met mekaar

ooreenstem. Jy het integriteit wanneer daar geen verskil is tussen jou geloof en

jou dade nie.

Ons het weer mense nodig wat nie maar net godsdienstig is nie, maar wat in ‗n

lewende verhouding met Jesus Christus leef. Mense wat elke dag – oral en altyd –

sal vra: Here, lei U my. Leer my om so te lewe dat ek ‗n mens van integriteit sal

wees.

WAAROOR VIER ONS FEES ?

Kerstyd is adventstyd. Wat op dees aarde, mag verál ons kinders vra, beteken dit?

Advent is ‗n Latynse woord wat aankoms beteken, en word in die kerk gebruik om

die vier weke voor Kersfees ons te herinner aan die koms van Jesus Christus na

die wêreld. Hierdie wêreld, wat die Here God mooi gemaak het, maar deur die

mensdom verwoes word. Sodat dit soms nogal regtig soos ‗n slagveld lyk. En jou

partykeer in die hart laat skreeu: Sal dit dan nooit ophou nie?

Maar het Advent en Kersfees dan nog betekenis vir ons wêreld? Ja sekerlik! Want

God het steeds Sy wêreld lief! Soos Hy dit só liefgehad het dat Hy Sy Seun gestuur

het… Hierdie stukkend-gebreekte skepping van Hom, het mos Sy hart aangeraak.

Daarom hét God iets daaraan gedoen; Sy heelmaak-werk laat kom; op ‗n skoon

nag, bietjie meer as tweeduisend jaar gelede, Sy Seun laat aankom; tuiskom -

waar? Binne-in hierdie verwarde wêreld. God se goedheid het ‗n Naam en Adres

gekry daardie nag toe Jesus gebore is in Betlehem in Judea. Hy het God se pad

van liefde kom bou aarde toe. God se aarde, wat Hý besluit het om heel te maak.

In Betlehem-Judea, in Namakwaland-NoordKaap. Want Jesus Christus is gister en

vandag en vir altyd dieselfde.

Advent beteken ten diepste dat Christus met Sy verlossing in ons harte aankom en

intrek neem. Soos die groot kerk Hervormer Martin Luther gesê het: ―Al is Christus

‗n duisend maal in Betlehem gebore en nog nie in jou hart nie, het Kersfees vir jou

geen betekenis nie.‖ Dié mens wat Advent in die hart aanvaar, ervaar Kersfees as

‗n blywende fees wat altyd gevier word. ‗n Fees van liefde en vreugde, van vrede

en geduld, vriendelikheid en goedheid en getrouheid, nederigheid en

selfbeheersing (Gal 5:22). Want in só ‗n mens is die Gees van Christus lewend

teenwoordig.

Daarom is Kersfees eintlik ‗n hemelse fees, wat hiér op aarde gevier word. Iets van

die nuutgemaakte, wat hier in stukkende hartseer gevier word. Blydskap oor ‗n

helder Lig wat skyn in die duisternis, ―en die duisternis kon dit nie uitdoof nie‖ (Joh

1:5).

Kom ons bedoel dit wanneer Lied 353 gesing word:

Die Lig kom na die wêreld in Jesus Christus, Heer.

Uit liefde vir die mensdom daal Hy as dienskneg neer.

So lief het God die wêreld, Hy gee vir ons Sy Seun -

Só word Hy ons Verlosser, ons Middelaar en Steun.

(Ds Willie Badenhorst, NG Kerk Port Nolloth)

“Sê nou ... ek gaan nie hemel

toe nie ...”

“Ek‟s so bang ek gaan nie hemel toe nie”, skryf ‗n leser ‗n

tyd gelede. “Ek ken al die Skrifwaarhede, maar ek

weet ook hoeveel keer ek nié binne God se wil leef nie.

En dan is daar tye wat ek regtig ver van die Here af voel

... sulke tye is ek bang dat Hy my dalk al afgeskryf het ...”

As jy ook soms twyfel waar jy die ewigheid gaan

deurbring, kan jy gerus weer Romeine 3:19-31 lees.

Daar sê Paulus vir ons:

Ons álmal, die wat regtig naby aan die Here leef

sowel as ons wat soms ver van Hom af

wegdwaal, staan ewe skuldig voor ons God. Ja,

elkeen van ons is ‗n sondaar. (19, 23)

Juis omdat ons almal so feilbaar is en

hoegenaamd nie God se wet kan onderhou nie,

het die Vader sy Seun as Offerlam gestuur om

ons van ál ons sondes te verlos. Ook van

daardie dinge waarvan niemand weet nie! (24,

25)

As ons in Christus glo, tel ons verkeerde dade

glad nie meer nie, want dan skuif dit as‘t ware

oor na Hom toe. Dan neem Hy ons sondes op

Hom en betaal sy bloed daarvoor. (25, 26)

Ons — ek en jy — kán hoegenaamd nie op ons

eie in die hemel kom nie. Al probeer ons hóé

hard om die regte dinge te doen. Ons kan slegs

gered word omdat Hý vir ons doen wat Hy doen

... omdat Hy namens ons vir ons sondes betaal.

(27)

Hoor jy dit? En het jy al hierdie bekende

evangelieboodskap van jou ore na jou hart toe laat vloei?

Régtig verstaan dat, as jy Christus as jou Verlosser

aangeneem het, jy wél van ál jou sondes verlos word ...

dag na dag? En dat jy as sy kind daarom beslis eendag

by Hom sal wees? Dat jy nóú reeds die ewigheid in jou

hart het?

My antwoord aan jou, liewe leser is: As jy gekies het om

Christus se uitnodiging te aanvaar en vir Hom gesê het:

“Ja, U is mý Here en mý God”, dan sal jy eendag in die

hemel wees. Dan ís jy gered. Vir altyd.

Moenie toelaat dat Satan of enige iemand anders jou aan

jou kindskap laat twyfel nie. Hou vas aan die beloftes van

die Woord en luister na die gerusstellende fluistering van

die Heilige Gees in jou. Dis Hy wat saam met die Woord

vir jou sal sê: “Jy ís my kind. Want my genade is vir jou

genoeg.”

2

2

2

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!