13.02.2013 Views

Geestelike voedsel

Geestelike voedsel

Geestelike voedsel

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

WENK:

Hoor ek gister op RSG die volgende: Indien jou

selfoon in die water val. Haal uit die water uit en

skakel dadelik af, haal die battery uit en plaas die

selfoon in 'n bak met rou rys. Die rys absorbeer die

water.

Superspar

Springbok

Kwaliteit & Diens gewaarborg!

Van alles wat jy dra, is jou

uitdrukking die belangrikste.

Breaking News - The Dalai Lama is coming...

Bestemmings met 'n soet geurtjie

Die meeste bestemmings het ten minste een soet gereg wat eie is aan die land en soms

so gewild is dat dit een van die hoof-trekpleisters vir besoekers word.

Hier is vier stede en hul gewilde soethappies wat jy eenvoudig moet probeer.

Turkish Delight in Istanboel

li Muhiddin Haci Bekir was die gewildste van al die lekkergoedmakers in die Ottoman-ryk.

Hy het in 1777 van die bergdorp Kastamonu na Istanboel verhuis. Daar het hy ‗n winkel in

die ou-stad oopgemaak waar hy heerlike gekookte lekkers en die gewilde jellierige

soetgoed – wat vir die Turke as lokum bekendstaan en vir die res van die wêreld as

Turkish Delight – gemaak het.

Plaaslike inwoners sal vandag nog hul lokum koop by een van die takke van die

onderneming wat hy twee eeue gelede begin het.

Kaaskoek in New York

Kaaskoek word al sedert die 1400‘s op verskeie maniere in Europa gebak en geëet.

Nietemin het New Yorkers dié gereg in eie hande geneem en die New York-styl kaaskoek

ontwerp.

Die resep is verewig deur Lindy‘s restaurant (wat in 1921 deur Leo Lindemann geopen is)

en word gemaak met roomkaas, dik room, ‗n titseltjie vanielje en ‗n koekie-kors.

Die resep het in die 1940‘s baie gewild geword.

Gelato in Florence

Tydens die Renaissance-periode en die 16de eeu het twee kokke roomys-geskiedenis in

Florence gemaak.

Ruggeri, ‗n hoenderboer, het dit tot in die kulinêre elite gemaak te danke aan ‗n sorbet wat

hy vir Catherine Medici, ‗n Italiaanse adelike vrou, gemaak het.

Die ander bydraer is Bernardo Buontalenti, ‗n bekende argitek wat ‗n gevriesde nagereg

bedien het gebaseer op zabaglione (‗n nagereg wat gemaak word van eiergele, suiker en

soetwyn) en vrugte.

Beide word gesien as die vaders van Italië se gelato-kultuur.

Brussel-wafels

‗n Maklike manier om die toeriste en Belge van mekaar te onderskei is die manier waarop

hulle hul wafels bestel.

Die Belge bestel dit nie sommer met room, sjokolade of ander versierings nie, behalwe

soms met vrugte.

Hierdie groot, reghoekige wafel met 20 blokkies word tradisioneel met botter gesmeer en

met versiersuiker besprinkel.

4

Die geluk in

jou lewe hang

af van 4 die

kwaliteit van

jou denke. 4

4 4 4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!