13.02.2013 Views

Geestelike voedsel

Geestelike voedsel

Geestelike voedsel

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Soete liefde ken geen gebrokenheid

(‘n Uittreksel uit Solidariteit se tydskrif).

Dit is ‘n gewone Vrydagmiddag waarop ek ‘n gewone ma-ding moet

doen. ‘n Kind gaan oplaai wat van die veldskool af terugkom. Daar is die

gewone gemaal van mammas wat groet en bagasie wat afgelaai word.

Die enigste verskil is dat hier net soveel rolstoele as tasse van die

sleepwa afgelaai word. ‘n Mens kan skaars glo dat hierdie personeel

dapper genoeg is om ‘n klomp gestremde kinders op ‘n veldskool te

neem.

Terwyl ek my kind se bagasie in die bakkie laai, trek Marietjie van agter

aan my bloes. Ek kyk om en sien ‘n jong man by haar. Hy het ‘n

baardjie, ‘n effense boggelruggie en ‘n breë glimlag. En hy hou haar

hand vas. Ek vries. ―Berge val op my!‖ is my eerste gedagte. Hoe nou?

Al is my kind al agtien jaar oud, was ‘n kêrel nie eens naastenby in my

gedagtes nie.

Maar die twee stralende gesigte voor my dwing my om my skok te

verberg. Gelukkig staan die onderwyseres, wat seker my lyftaal

geïnterpreteer het, dadelik nader. Sy vertel namens Marietjie die

opwindende verhaal van die ontluikende kampliefde, en verseker my dat

ek nie bekommerd hoef te wees nie.

―When can I come to visit my girlfriend?‖ wil die jong ridder, Ryan, by my

weet.

En voor ek weet, is ‘n kuier kant en klaar afgespreek.

Met groot verwagting aan Marietjie se kant en groot huiwering aan my

kant wag ons die kuier af. Briefies en geskenkies word intussen

uitgeruil. Marietjie s‘n word vol spelfoutjies op die rekenaar getik en met

kinderlike krabbels bedek. Ryan s‘n bestaan soms net uit ‘n

tydskrifprentjie wat rondom gesnipper is. ‘n Verlepte blommetjie

wordsorgvuldig in haar Bybel gepars.

My begroting moet rek om duur sjokolade in te sluit. Toe die kuierdag

eindelik aanbreek en Ryan se ma hom met ‘n stroom vermanings by my

aflaai, sien ek gou dat die juffrou reg was.

Daar woon ‘n sesjarige seuntjie in sy twintigjarige lyf. ‘n Baie besige

sesjarige seuntjie.

Ons gaan neem DVD‘s uit, en ek moet benoud aan sy groot, harige

hand rem om te keer dat hy impulsief voor ‘n motor inhardloop. Hy en

Marietjie pyl op die kinder-DVD‘s af. ―Can I take out Liewe Heksie?‖ wil

hy weet.

Op sy versoek gaan ons later parkie toe, en Marietjie, wat moeilik loop,

sit langs my op die bankie terwyl Ryan die glyplank uitgelate stormloop.

Sy manslyf swaai so woes hoog dat ek wonder wanneer hy soos ‘n pyl

uit ‘n boog daar gaan afskiet. Ons gaan drink melkskommels by die

Spur, en Ryan en Marietjie gaan spring saam met die kinders op die

wipmatte. Marietjie lag haarself onkapabel omdat sy byna dadelik val en

nie weer kan opkom nie.

Daarna vra Ryan vir inkleurprente vir hom en sy ―girlfriend‖, wat hom

lank genoeg besig hou dat ek gou die rekening kan betaal.―Did I

behave?‖ wil Ryan weet toe sy ma hom kom oplaai.

Ek verseker hom dat hy soet was, en Marietjie kry ‘n piksoentjie op die

wang. Met deernis kyk ek hoe die motor om die hoek verdwyn terwyl hy

halfpad by die venster uithang om te waai.

Hoe het ek ooit kon dink my gestremde kind mag nie liefhê nie?

Onwillekeurig kom die Spreuke-digter se verwondering oor die

versteekte wonderwerke in alledaagse dinge by my op: ―Daar is drie

dinge, nee vier, wat bo my begrip is, wat ek nie kan verstaan nie: hoe ‘n

aasvoël in die lug bly, hoe ‘n slang teen ‘n rots op seil, hoe ‘n skip op die

diepsee vaar en hoe die liefde tussen ‘n man en ‘n meisie werk.

‖Dit is die God van liefde wat sorg dat die aasvoël se vlerke sy bonkige

lyf hoog bo die aarde kan laat sweef. Dit is Hy wat die slang se spiere

so laat saamtrek dat hy op ‘n unieke manier kan beweeg. Dit is Hy wat

die natuurwette gemaak het wat dinge laat dryf of sink.

En dit is Hy wat gesorg het dat my ou skewe potjie ook ‘n deksel kry.

Een wat haar by die trappies afhelp; wat haar kossakkie vir haar ooprits;

wat haar lomp help om haar mond af te vee as sy geëet het; wat dink sy

is verskriklik mooi. Here, dankie dat U liefde vir my ook Onvoorwaardelik

is. Dat U by my gebreke verbykyk . . . Dat U in die gewone en

alledaagse dinge rondom ons die wonder van U liefde laat blom.

Want U is liefde … Deur: Marietha

Malan

Springbok Superspar

Kwantiteit & Kwaliteit

What does the Bible say about

worry and money?

23

1. It‟s unreasonable. (Matthew 6:25) You're going to have fears in

life, but there are better things to be scared of than a lack of

finances. Life is more than just the accumulation of things. Even if

you go bankrupt, it could get worse. Worry about what‘s truly

important.

2. It‟s unnatural. (Matthew 6:26) Jesus reminds us that animals

and plants don‘t worry. Birds don‘t say, "I'd better build a bigger

nest for retirement." Only human beings don't trust God to provide

for them. Everything else in creation does.

3. It‟s unnecessary. (Matthew 6:30) Financial fears come from a

misunderstanding about God and what He's promised to do for

you. He's assumed responsibility for your needs. He says, "I'm your

Heavenly Father; I'm going to take care of your needs. You're my

child." We always get into trouble when we doubt the love of God.

Worry is playing God. It's assuming responsibility for something

that God has said He will take care of. Paul reminds us in

Philippians 4:19, ―And this same God who takes care of me will

supply all your needs from his glorious riches, which have been

given to us in Christ Jesus.‖

God knows what's going on in your life — and in your wallet. God

knows all your needs even before you ask. He wants to help you

out.

Enjoy prosperity while you can. But when hard times

strike, realize that both come from God. That way you will

realize that nothing is certain in this life. (Ecclesiastes 7:14

NLT)

Wys jy is `n omgee

mens….♥

23

23

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!